GEESTESERVARINGS.
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45.

DEEL 2

23 Des. 2007 19:30

Ek staan op die top van die berg Sion wat soos ‘n pêrel lyk saam met Jahshua. Daar vloei sprankelende, skitterende vloeistof oor die berg wat tot op die voet van die berg loop. Die berg verander in ‘n pragtige groot, skitterende diamant wat net soos die vloeistof lyk wat oor die berg gevloei het. Ek staan nog steeds op die top van die berg saam met Jahshua en HY sê aan my dat dit SY Gees is wat oor ons volkie uitgegiet gaan word en dat ons in ‘n pragtige rein, skitterende diamant sal verander. HY vra my wie op die top staan en ek antwoord dat dit HY is. HY vra my wie nog by HOM staan op die top en ek antwoord dat dit net ek is. HY sê dat HY en ek en almal wat vooruit gaan, die volk sal regeer en dat satan se regering gebreek sal wees. Ek gaan nie op die nuwe aarde wees nie, omdat ek voor die tyd by HOM opgeneem sal wees en al die ander, wat ook in die geloofstryd vir HOM sal sterf, sal ook saam met HOM oor die mense van die nuwe aarde regeer in liefde en hulle leer. Die diamant het baie vlakke en ek moet baie naby kyk. Ek sien mensgesigte in die diamant en almal is rein. Dit is die mense wat die nuwe aarde gaan beërwe. Hulle word meer en die diamant word groter. Die oues word baie oud en het spierwit lang baarde en ook spierwit hare. Vader sê dit beteken dat hulle baie wys sal wees en deur ons geleer sal word. (Vader en die wat vooruit gegaan het. ) Ons sal die hele tyd met hulle in verbinding wees en hulle heeltemal in Vader se wysheid inlei. Op die vlakke van die diamant skitter dit en daar is miljoene “liggies” wat elkeen al die kleure van die reënboog uitstraal en Vader sê ek moet na elke “liggie” kyk. Elke een het SY pragtige glimlaggende gesig daarin. Dit beteken dat HY alleen regeerder gaan wees en dat satan se mag heeltemal gebreek sal wees. Dit is ‘n pragtige diamantberg wat miljoene kleure uitstraal en skitter wat eintlik moeilik is om te beskryf, omdat ek nog nooit so iets gesien het nie.

 

23 Des. 2007 23:00

Ek praat met Vader voor die glasdeur in die sitkamer en HY sê dat ons moet weet dat die moeilikheid in die land nie meer vêr is nie. Dat ons nie meer lank so lekker in ons huise sal leef nie. HY sê dat HY ons altyd sal uitlei en red. Ook sê Jahshua vir my dat ons niks moet inpak of bymekaarmaak nie. HY sê dat ek moet kyk na wat HY in SY hande vashou. Ek sien eers nie wat dit is nie en moet baie konsentreer. Ek sien toe niks wat daar in SY Hande lê nie, maar ek sien die spykermerke en ek verstaan toe wat HY bedoel. HY het ons verlos van die dood deur SY kruisiging. HY sê toe vir my: ”Ja MY kind, verlossing”!

Dit is wat HY vir ons in SY hande het vir die komende tyd.

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205