GEESTESERVARINGS.
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45.

DEEL 10

13 Jan. 2008 22:32

Ek is weer by Jahshua en Hy vra MY wat anders is aan SY kleredrag. Ek sien dat SY kleed om die moue en onder om die soom vol tossels is. Ek sien ook dat HY ‘n kroon op SY kop het, maar die kroon het nie die skerp punte soos die krone van gewone konings nie. Die kroon het sagte rondings. Ek vra HOM wat dit beteken en HY sê HY gaan regeer in ons land en dat HY in liefde kom regeer en nie in die skerpte van geregtigheid nie. HY sê die tossels is die versiersels en dit is SY gebooie van liefde. HY het ‘n koerant in SY hande en ek sien ‘n groot foto van Mbeki en daar staan geskryf, “Mbeki sterf weens hartaanval”. Jahshua blaai om en ek sien ‘n foto van Mandela en daar staan in groot letters geskryf,”Mandela sterf weens ouderdom”. HY sê dat ek moet kom tik wat ek gesien het.

 

Jahshua dikteer:

MY kinders, vir julle wat trou op MY wag het EK nou die aap uit die mou gelaat soos wat julle sê wanneer julle iets bekend maak. EK het aan MY profeet van lank gelde gesê dat daar twee leiers oneervol sal sterf en julle weet nou wie dit sal wees. MY kinders, die plan is om Nelson Mandela in ‘n glaskis te laat lê sodat die hele wêreld hom kan aanskou en oor hom kan treur, maar EK sê vir julle dat net die goddeloses oor hom sal treur. MY kinders wat MY liefhet, sal nie ‘n oog verroer nie en sal net aanhou om op MY te wag. Wees gewaarsku dat die swart hordes dan ook op julle sal toesak en julle sal probeer uitwis, maar EK sal met julle wees en julle lei sodat julle na veiligheid gebring kan word. Wees nie bang vir hulle nie omdat hulle julle niks kan aandoen nie. EK is getrou en julle sal in die aangesig van gevaar heeltemal veilig wees en selfs die kinders sal buite kan speel terwyl die barbare om julle rond hardloop met hulle plundering. Vir die wat MY liefhet is daar verlossing en EK het dit vir julle al lankal bewerk op Golgota. Gee net alles aan MY Hande oor en vertrou net heeltemal op MY sodat jy nie sal wankel nie. Daar sal duisternis heers, maar in elke een wat MY liefhet sal daar vrede heers en dit sal vir julle die lig gee om MY te volg en sonder om te huiwer, sal elkeen MY volg. Maar julle moet MY nou al aanroep en om hulp vra omdat die duisternis buitengewoon groot sal wees en elke een wat MY nie as sy lig het nie, sal omkom aan die hand van die vyand. MY kinders, EK het julle nou al herhaaldelike kere gewaarsku en sê dit nou ook weer aan julle dat julle dit weet; die tyd is baie min. Raak nou aan MY geheg sodat EK jou kan uitred en na veiligheid bring. Elke een wat MY aanroep in die dag van nood sal gered word, maar jy moet MY voor die tyd al ken. Maar ook nie elke een wat MY aanroep sal gered word nie omdat baie MY net sal ken as hulle nood het. Dit is nie hoe dit werk nie, MY kinders en EK is nie Iemand waarmee die spot gedryf word nie. Dryf daarom nie die spot met MY deur MY net aan te roep in jou groot benoudheid nie. Roep MY ook aan in jou vreugde en blydskap en Ek sal met jou wees in jou nood ook. Kom speel by MY voete en jy sal gewis en verseker bly leef as die groot dag van die barbare aanbreek. Dit sê EK weereens in alle liefde aan julle wat MY liefhet. Amen.

13 Jan. 2008 23:00

Ek sien ‘n begrafnis en sien Mandela in sy glaskis. Die optog verloop redelik ordelik maar naby aan die graf breek daar chaos los. ‘n Klomp swartes begin op mekaar skiet en daar is ‘n gedrang terwyl die skote klap en polisiesirenes loei. Hulle begin om sy kis te maal en iets gebeur sodat hy uit die kis val in die gat in. Iets het met die kis gebeur, ek is nie seker wat nie en hy val net so in die graf in, sommer met sy gesig na onder. Daar gooi hulle hom vinnig toe, onder groot chaos wat losgebars het.

 

Jahshua dikteer:

Om oneervol begrawe te word, beteken ook dat daar chaos rondom ‘n begrafnis uitbreek en niemand dan die dooie ‘n laaste bietjie eer kan betoon nie. Dit is wat met hom sal gebeur, omdat hy MY volk so verdruk het. Hy verdien nie ‘n laaste bietjie eerbetoon nie en sal dit ook nie kry nie. MY kinders, julle almal ken die swart volk van Afrika en weet hoedat hulle hulle nie soos opgevoede mense kan gedra nie. Hulle sal hulle nie eers op die begrafnis van die mees geliefde leier van Afrika kan gedra nie en dit sal dan die rede wees waarom daar weer chaos uitbreek. Hulle sal dan so tekere gaan dat hulle die lyk uit die kis stamp en die kis laat breek en hy dan in die gat val sonder kis. Met die groot konsternasie wat dan gaan volg, sal hulle hom net sommer gou toegooi, omdat daar dan nie tyd sal wees om hom weer in ‘n kis te sit nie. Dit is dan waarom hy oneervol begrawe sal word. MY kinders, verlekker julle nie daarin nie, want op daardie selfde dag sal daar ook chaos in die res van die land uitbreek. Daar sal dan baie bloed vloei en daarom moet julle liewer tot MY bid as wat julle hieroor lag. MY kinders, EK vergeld die bose na hulle dade en daarom sal hy nie die eer kry wat hulle aan hom wil gee nie, omdat ‘n godslasteraar geen eer verdien nie. Hulle het MY bespot en tot in detail bespreek wat hulle met MY sal doen wanneer hulle die “wittes se God” in die hande sal kry. Nou sal die “wittes se God” op hulle neerkom en hulle na hulle dade vergeld en hulle sal net kry waarvoor hulle gevra het. MY kindertjies, wees nie bang nie en vrees hulle nie, want hulle is pionne wat deur satan gebruik word en hy kon niks aan MY doen nie. Terwyl EK op aarde gewandel het, kon hy nie sy vuil pote naby MY of MY dissipels en elke een wat MY gevolg het, bring nie en EK sal julle nou ook so beskerm. Gee julle net oor in MY Hande en EK sal julle almal veilig in MY ark berg en bewaar, sodat die satan en sy pionne niks met julle kan doen nie. Bid, My kinders, sonder ophou vir julle naaste, wat nog met toe oë deur die lewe gaan en nie weet wat hulle te wagte is nie. Daar is baie wat dit nie wil glo nie, maar EK sê vir julle, die tyd is baie, baie naby. Daarom moet julle julle aardse sorge vergeet en dadelik en die hele dag en nag op julle knieë deurbring. Dit beteken nie dat julle letterlik op julle knieë moet wees nie, maar dat julle in julle harte moet bid. Daar gaan baie bloed vloei aan albei kante (wit en swart), maar EK sal die reines van hart bewaar en nie een sal eers gewond raak nie. Dit belowe Ek aan julle en julle moet MY glo, want niks is by MY onmoontlik nie. Dink hieraan in die tyd terwyl daar nog ‘n mate van “vrede” heers en weet - daardie tyd sal spoedig kom en nie op hom laat wag nie. En elke een wat op MY alleen vertrou, sal gered word. Vertrou nie op politieke partye nie, omdat dit iets is wat niks met MY te doen het nie en net EK die een is wat kan red. Amen.

 

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205