GEESTESERVARINGS.
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 26

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45.

DEEL 26

Die verraaiers

18 Jan.2008 02:30

(Ons is jammer hiervoor, maar hierdie gedeelte is al 18 Januarie gegee, maar ons het dit nou ontvang en plaas dit ook nou)

Jahshua praat met my oor die komende tyd en HY wys my hoe ons gaan veg. Ek sien ons Boere sit op perde bewapen met gewere. Hulle staan in een lang ry soos hulle in die ou-ou tyd oorlog gevoer het. Oral tussen die Boere is mans wat Vader se GEES oor hulle het. Daar is ‘n wit wasigheid wat oor hulle hang. Vader sê vir my dat díe is wat alreeds Een met HOM is. Daar is niemand agter hulle nie, dis net die een lang ry Boere en voor hulle is die vyand. Daar is ‘n hele skare van hulle en ek sien tussen hulle baie blankes. Onder andere is daar vier wat ek ken. Jahshua vat my tussen hulle in en ek hoor hoe praat die verraaiers en stel hulle saak aan my. Die een sit op klippe saam met hulle en eet en kyk my toe reguit aan en sê ;”Jy weet, ek is ook aan die boere se kant, maar ek het nou gedink, as ek nou tussen hulle ingaan kan ek mos ‘n paar “maboyans” doodmaak wat my nie verdink nie.” Hy was altyd ‘n groot AWB. Ek weet hy lieg. Vader wys my die volgende een en hy sê; ”Ek is ook aan die boere se kant, MAAR die vyand is so baie en die boere gaan in elke geval verloor en wie het ek dan wat my op die plaas gaan help en my dekgras afsny elke jaar?” (Ten minste lieg hy nie soos die eerste ou nie) Die derde ou sê :”Wat gaan van my geld in die bank word as die Boere wen? Ek weet hulle gaan alles verander as hulle die oorhand het en dan is ek al my geld kwyt. Dan veg ek eerder aan die vyand se kant, sodat die Boere nie moet wen nie.” Die vierde ou se gesig sien ek net en Vader sê self vir my dat hy HOM bespot en dat hy sy vrou en kinders sal verraai om sy eie bas te red.

 

Jahshua dikteer:

Tussen julle sit baie mense wat op die oog af soos julle broers lyk, maar dit nie is nie. EK weet wie daardie mense is en sal hulle tussen julle uithaal. Net die opregte wat MY dien, sal daar wees en sal deur MY gebruik word. Julle sal deur MY beskerm word, maar die veragtelike verraaiers sal vinnig uitgewys word en julle sal hulle baie gou herken. Vrees nie die oormag van die vyand nie, omdat getalle niks in MY oë is nie en EK die hele wêreld kan vernietig en een persoon red. Dit is MY woorde aan die opregte Afrikaner Boer wat MY dien en liefhet. Julle sal net deur MY Hand van die vyand verlos word, sodat die wêreld kan sien dat julle dit nie uit julle eie kon doen nie en MY daardeur sal verheerlik. Onthou MY kinders, alles wat op hierdie aardbodem gebeur, is net om MY siele van die satan te ontruk en deur julle lyding en strewe in julle land, sal daar baie mense van ander lande ‘n onwrikbare geloof in MY vestig en hulle hierheen haas om uit die wêreld te kom en MY hier te kom dien. Dit gaan nie om te wys hoe goed die Boerenasie is nie, dit is vir die sieleheil van baie, dat hierdie dinge in julle land ook gaan gebeur. Dink altyd aan ander siele en weet dat jy deur jou lyding en oorwinning, die aandag op MY vestig en dan so ander siele uit die hande van die bose red.

Amen.

 

18 JAN, 2008 06:40

Ek sit in Jahshua se arms en ek sien aan my linkerkant ‘n klomp swartes met assegaaie wat op iemand afstorm. Daar kom ‘n Boer aan op ‘n perd en so op die perd se rug, begin hy hulle sommer met die vuiste bydam. Hy gee net een hou en die een wat hy geslaan het, trek deur die lug en is morsdood. So hou hy aan totdat hulle almal daar besaai lê. Nie een kon hom iets aandoen nie en hy lyk nie eers moeg nie. Hy stof sy hande af en kyk rond of hy nie nog iemand sien nie. Dit lyk asof hy maar net gou ‘n paar bossies uit die tuin getrek het. Vader wys my toe ook ‘n klomp tente en vrouens wat daar sit en oor Hom gesels. Die kinders hardloop daar buite rond en speel en daar is niks gevaar nie. Daar trek rook van braaivleisvuurtjies op en dit lyk of die vrouens maar net gaan uitkamp het. Daar is geen gevaar nie. Vader sê dat HY die vrouens en kinders gaan beskerm en bewaar. Ek sien ook ‘n hospitaaltent en daar is vrouens wat gewondes in die land gaan haal en na die tent bring. Vader sê vir my dat van ons vrouens, wat al Een met HOM is, gewondes sal gaan haal. Dit is mense wat nie heeltemal in Vader geglo het nie, maar net ‘n klein bietjie geloof gehad het en nie saam met die vyand wou gaan nie. Die wat onwrikbaar in HOM geglo het, sal vir HOM veg en nie gewond word nie. Die gewondes sal in hulle huise aangeval word, maar sal nie doodgaan nie en die vrouens wat Een met Vader is, sal hulle gaan haal en bring na die hospitaaltent.

 

Jahshua dikteer:

MY seuns sal vir MY veg en hulle sal die hordes barbare aanvat en nie een van MY seuns sal in hulle hande val nie. Terwyl daar ‘n horde op een man sal afstorm, sal hy hulle almal oorwin deur MY krag wat hom in staat stel om die sterkste vyand onder te kry. Daarom sê EK aan julle dat julle die eenheid met MY moet nastreef, sodat julle met MY krag kan gaan veg en almal kan sien wat MY krag kan doen. Moenie dink dat jy met jou eie krag sal kan oorwin nie, omdat die oormag te groot is en ‘n eie ego niks werd is nie. Gee julle harte aan MY en EK sal julle vuiste vol krag maak. Dit sê die Ewige, Magtige, maar ook Liefdevolle Koning, aan SY kinders wat HOM liefhet. Amen.

 

(Liewe lesers, hierdie groot geveg in ons land is baie naby, want Vader wys my baie daarvan in die laaste tyd. Dit is nou uiters belangrik dat ons by HOM moet bly en HY ons so versterk deur hierdie aan ons te wys! Dit is baie nader as wat ons dink.

Vader het in die nag vir my gesê toe ek HOM gevra het om my baie vroeg wakker te maak vir die hoofstukke van Golgota, dat ek nie moet bekommerd wees daaroor nie en dat SY wil altyd geskied. Niks gebeur sonder SY wil nie en as ek nie vanoggend kry nie, is daar ‘n doel daarmee. Dit het toe ook so gebeur en Vader sê dat HY dit vir my deur die dag gaan gee. Ek sukkel baie om dit deur dag te skryf, maar Vader weet waarom HY dit doen en wil my ook seker daardeur beproef soos gister. Vader wys my baie ander dinge in die nag wat ek nie moet tik nie en satan val my baie aan van daar af. Dit is seker maar net ‘n tyd wat ek moet deurgaan. In die verlede het Vader vir my gesê dat ek bietjie gaan sukkel om te skryf en dat ek baie verhoed gaan word en dit lyk my daardie tyd het nou aangebreek. Louise)


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205