GEESTESERVARINGS.
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 17

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45.

DEEL 17

23 Jan. 2008 22:03

Jahshua praat met my en toe wys HY my ‘n grasveld met die groenste gras. Daar begin mense na Jahshua toe loop en hulle loop eers vêr uitmekaar en later is daar so baie mense dat hulle teen mekaar tot by HOM loop. Hulle is later so styf teen mekaar dat mens nie meer die gras tussen hulle kan sien nie. Hulle almal kom tot voor HOM en staan in ‘n hartjievorm. Die hart is rooierig en word later die kleur van die stof wat vir my soos vloeibare diamant lyk. Dan begin die hartvorm te klop. Vader sê vir my dat dit ons is by Migdol.

 

Jahshua dikteer:

Ja, julle sal almal na MY kom waar EK julle bymekaar sal roep en daar sal julle vergader in MY Naam en EK SELF sal teenwoordig wees om julle te reinig en te seën, sodat elke een wat daar is, met MY Een sal wees. Julle wat dit glo en bely, sal heel eerste daar wees en sal MY ook eerste te siene kry, maar die wat eers skepties was, sal later die geleentheid kry om MY te sien en teen MY te staan. Julle almal sal wel daar bymekaarkom en EK het almal ewe lief, maar die wat sonder skroom MY woorde opgeëet het en nie daaroor getwyfel het nie, sal ook heel eerste deur MY opgetel en gedra word. Dan sal almal rein wees en EK sal julle almal dan ook genees van die vrees vir die dood en julle sal versterk na julle huise toe terugkeer, met harte wat brand in liefde vir MY, julle Skepper en julle Maker, wat julle telkemale uit alle gevare gered het. Julle sal nie mekaar hoef te leer en mekaar hoef aan te spreek om MY lief te hê nie, omdat elkeen MY bo alles sal liefhê en niemand meer in sonde sal leef nie. Dan sal julle harte vir MY klop en julle sal in die grootste vreugde na julle huise terugkeer en EK sal aan julle alles weer teruggee wat julle verloor het tydens MY groot reiniging. Julle sal nie kan glo hoe EK julle sal seën nie en dankbaar en vol liefde, sal julle dan vir ‘n ruk in die grootste vrede en vreugde denkbaar leef. MY kinders, streef daarna om ook deel van MY kinders wat by Migdol gaan vergader, te wees, omdat net die reines en opregtes van hart daar sal kom. Julle almal moet julle oorgee aan MY reiniging, sodat julle nie daarin beland sonder dat julle die krag daarvoor ook ontvang het nie. Die wat hulleself vrywillig aan MY oorgegee het, sal dan ook so sagkens as moontlik deur MY gereinig word en sal nie die reiniging so swaar hoef te verduur nie. Maar as julle terughou en julleself nie heeltemal aan MY wil gee vir die reiniging nie, sal julle harder behandel word, omdat EK julle liefhet en julle móet reinig en julle dan seer sal kry, sodat jou siel gered kan word. EK sal julle nooit so reinig dat julle onherroeplik seer sal kry nie, maar EK sal sagkens te werk gaan met die vrywilligers. Die ander sal ook in die bad beland, maar dit sal nie so lekker vir hulle wees nie. Kom gee jouself oor, sodat EK jou kan reinig en al jou oorbodige takke kan afsny en jy ‘n lieflike boom met lieflike vrugte kan wees. Amen

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205