GEESTESERVARINGS.
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 33

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45.

DEEL 33

19 Feb.2008 Die aand

My baba slaap die laaste tyd baie sleg en hy weier om in sy eie bedjie te slaap, maar slaap baie rustig in my bed. Vader sê toe vir my dat ek onder sy bedjie moet kyk en kasterolie daar moet spat terwyl ek in die Gees by HOM is. HY sal my iets wys. Nadat ek die bose hier buite ons huis bestraf het, het dit beter gegaan, maar hy wou nog steeds nie in sy eie bed slaap nie. Vader wys my toe ‘n vieslike klein mannetjie. ‘n Maer klein gedroggie wat inmekaar onder sy bedjie sit. Hy is bruinerig, die kleur van ‘n mummy, met lelike vratte op sy gesig. Toe ek met Vader praat en die ding bestraf en met die olie daar spat, spring hy op en hardloop weg tot in ‘n gat in die grond waar hy weer uitloer. Sy voorkoms en area waarin hy bly laat my dink aan hierdie snaakse tipe flieks wat daar deesdae gemaak word. My baba het net eenkeer wakker geword en het lekker in sy eie bedjie gelê. Vader sê toe vir my dat as ‘n mens kwaad word, jy die bose na jou toe aantrek en net so met ‘n klein baba wat kwaad word, maar dit net wys deur te skree. Ek kry nie meer baie tyd vir alles nie en sukkel om alles gedoen te kry, dan sal ek my groter kinders vra om die baba te gaan swaai en dan skree hy, want hy wil hê ék moet hom vat. Vader sê as hy so huil, word hy ook maar ‘n bietjie kwaad en dit is daarom dat die vieslike ding onder sy bedjie kom inkruip het.

 

Jahshua dikteer:

Baie keer weet julle nie hoekom julle kinders so lastig is nie en dan ontstaan daar baie misverstande. Die kinders is baie meer vatbaar vir die duiwel en sy speletjies omdat hy weet dat hulle nie kan sê wat fout is nie. Die duiwel geniet dit om die huis in chaos te dompel en watter beter manier is daar as om die ou kleintjies aan te val, omdat die geskreeu van babas almal deurmekaar maak. MY kinders, gaan kyk na julle kinders se speelgoed en gooi uit wat nie pas nie. Dit is ook baie keer ‘n bron van ontsteltenis, omdat die demone in die speelgoed wegkruip en dan die kinders in die nag pla. Vra elke aand vir MY beskerming en vra dat MY engele oor jou kind sal wag hou. Dit is nie altyd die ouers se skuld nie, EK weet, maar dit is tog ‘n probleem. EK sal dit nooit teen julle hou nie, omdat julle geestesoë nog baie toe is, en as EK dit nie vir MY skryfkneg gewys het nie, sou sy dit nooit geweet het nie. Haar tyd is egter baie beperk vandat sy vir MY werk en daardeur skeep sy haar kinders bietjie af, maar daarvoor sal EK ook nog sorg. Die mens wat egter vir MY wil werk, sal deur moeilike tye moet gaan om hom,/haar te toets en te kyk of hy/sy nog steeds vir MY wil werk, al gaan dit rof en daarom het EK ook MY skryfkneg so beproef, maar EK sal haar van nou af nie meer so beproef nie, omdat sy nog deur alles vir MY wou werk. Dit geld vir julle almal. Amen.

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205