GEESTESERVARINGS.
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 29

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45.

DEEL 29

Die Boere en die slagtandleiers

12 Feb.2008 07:02

Ek staan saam met Jahshua op ‘n berg en orals is net mis. HY sê dat ek dit in SY Naam moet bestraf en wegjaag. Die mis klaar op en ek sien ons Boervolk kyk almal in dieselfde rigting. Uit die rigting waarin ons kyk, kom daar mense aangestap en ek sien dat hulle almal slagtande het, maar verder soos normale mense lyk om ons te mislei. Ek sien dit is oudministers en presidente. Ek sien onder andere vir Hendrik Verwoerd en is verwonderd dat hy ook deel van hulle, met die slagtande, was. Vader sê vir MY dat as hy HOM gedien het, hy nie in die politieke bedryf sou gewees het nie. Ek sien ook Constant Viljoen onder hulle. Van die Boere loop hulle tegemoet en groet hulle met die hand. Die “slagtandleiers” reik hulle ook die hand, maar byt die persoon in die arm en as hy sy kop oplig, sien ek bloed op die tande. Die Boer se oë word dof en hy word soos ‘n “zombie” of robot. Daarna sien ek skepe en groot houers wat afgelaai word wat vol is van swart drek wat van oorsee ingevoer word. Dit word met die Boere se drinkwater vermeng sodat die Boere dit stelselmatig inkry. Daar is baie wat net daarvan drink, maar daar is ook ‘n paar wat ekstra botteltjies water het, wat van BO af vir hulle gegee word, en dan ook van die suiwer water saam met die vuilerige water drink. Die vuil water is nie so vuil dat jy dit mooi kan sien nie, maar sal jou mettertyd vergiftig, wat dan ook met die mense gebeur wat dit drink. Hulle word ook soos robotte en hulle oë word dof. Al die robotboere draai dan om en kyk na die Boere agter hulle en saam met die slagtandleiers loop hulle dan op die Boere met die helder oë af om hulle te oorrompel. Maar voor die Boere is ‘n deur en niemand kan deur die deur kom om by hulle te kom nie. Ek sien die deur is Jahshua. Later is dit ‘n menigte wat na die Boere kom om teen hulle op te staan. Maar hulle loop hulle elke keer teen die deur vas en later lê hulle in ‘n ontsettende groot hoop voor Jahshua. Dit is ‘n pikswart hoop en hulle lê almal dood. Ek word aangesê om te kom tik wat Jahshua my gewys het.

 

Jahshua dikteer:

EK het aan MY uitverkorenes ‘n land van melk en heuning gegee. EK het hulle geseën met alles wat hulle nodig gehad het en hulle het niemand anders as net EK nodig gehad nie. Maar later het die verkeerde dinge ook ingesluip en hulle het die verkeerdes tegemoet geloop en in plaas daarvan dat hulle liefde net na MY gekeer is, het hulle hulle aangesigte na hulle leiers, wat verleiers geword het, gedraai. Hulle het MY tweede gestel en hulle leiers tegemoet geloop soos wat hulle MY moes tegemoet loop. In die vlees is hulle dan gebyt wat hulle kragte dan uitgesuig het en die Gees het laaste ‘n plek in hulle binneste gekry. Die wat die fout hierin raakgesien het, is met vyandigheid bejeën en hulle is mettertyd deur die invloed van die buiteland ook verlei en met vuil gemors besoedel totdat niemand meer rein voor MY was nie. Daar is dinge van ander lande af ingevoer, sodat MY volk hulle moes verontreinig met die drekgode van ander lande. Kyk maar hoeveel huise het televisies en radio’s en hoeveel mense luister na die gemors wat deur ander lande aan hulle as die waarheid verkondig word. EK sê julle dat die wat MY helder water bly drink het, die is wat hulle vandag by My skaar en EK sal hulle beskerm. Weliswaar het hulle ook van die besoedeling ingekry, maar het MY nog steeds bo alles gestel en het geweet dat EK die Enigste Verlosser vir hulle is en nie politieke leiers nie. Dit is net My helder water wat hulle oë helder gehou het en hulle aangesigte op MY gevestig gehou het. EK sal hulle wat by MY bly en by MY skuil, beskerm teen die groot oormag wat vanuit die hele wêreld op hulle sal probeer toesak en hulle sal hulle teen MY vasloop, want niemand kom teen MY in opstand en oorwin MY nie. Dit is hoe alles sal afloop vir die Boere en almal wat gewonder het, sal nie teleurgestel word nie, omdat EK die verlos wat MY liefhet en met sy hele hart soek. Dit word aan die gesê wat My hiervoor gevra het. Amen.

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205