GEESTESERVARINGS.
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 43

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45.

Deel 43

16 Maart 2008 08:00

Ek het vanoggend ‘n ent gaan stap en Vader het my die volgende gewys; Ek het Jahshua voor my sien staan en die volgende oomblik het ek perdepote agter my gehoor ‘n ruiter wat baie vinnig aan gegalop kom. Die ruiter gaan by my verby en stop toe reg by Jahshua. Ek weet dit is die boodskapper en vra vir Jahshua wanneer hy gaan kom aangesien ons hom nog nie gesien het nie. Jahshua gryp die perd se teuels vas en die ruiter spring af en buig voor Jahshua. Toe hoor ek ewe skielik die gedruis van baie voete op die aarde en dog dit is die vyand wat aankom, maar die volgende oomblik kom hier baie mense tot voor Jahshua en staan by HOM. Toe word ek aangesê om dit te kom tik.

 

Jahshua dikteer:

MY kinders in die tyd wat kom gaan daar baie snaakse en onbekende dinge met julle begin gebeur en EK wil hê dat julle net moet glo en vertrou op MY en MY woorde wat EK al in die verlede aan julle gegee het. EK het van die boodskapper gepraat wat sou kom en in der waarheid is hy al besig onder julle, maar julle besef dit nie. Dit is maklik om MY daarvan te beskuldig dat EK nie MY woorde nakom nie net omdat julle dit nie sien gebeur nie, maar Ek sal nooit vir julle lieg nie, en as EK sê dat die boodskapper al uit is, dan is hy uit. Wat weet julle van die lewe in die gees? Julle is almal babas in die gees en net daarom verstaan julle nie MY woorde nie en neem julle alles letterlik op. Maar EK hét gesê dat die boodskapper in die vlees na julle sal kom en EK bly daarby want dit sal so ook gebeur, wanneer julle dit nie verwag nie. MY kinders, glo net wat EK vir julle sê en weet dat EK alles vir julle sê deur MY wysheid en dat EK verwag dat julle MY onvoorwaardelik sal glo omdat dit EK IS wat spreek.

Amen.

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205