GEESTESERVARINGS.
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45.

DEEL 6

6 Jan. 2008 06. 04

Ek en Jahshua sit op die grond en HY praat met MY en sê dat ek na SY hande moet kyk. HY wys my SY deurboorde hande en sê dat ek na myne moet kyk. Dit is pikswart verbrand tot voor die elmboë. Ek sien my voete en bene tot in die helfte van my maermerries ook. Ook is my kop verbrand. HY sê dat ek my hande teen SYNE moet sit. Ek doen dit en my hande word verheerlik en blink en is vol sterretjies. HY sê dat ek besig is om myself te verloën en my eie ek is besig om tot niet te gaan, maar ek het nog baie om te “verbrand” voor ek reg is. HY sê dat alles eers verbrand moet word, voor mens een met HOM kan word.

 

Vader dikteer:

Kruisig julleself om een met MY te kan word, EK herhaal, kruisig julle eie ek. “Maak dood” die verstand en liggaam wat behaag wil word en word een met MY. Amen

5 Jan. 2008 15. 20

Ek het op die bed gelê en lees en gevoel dat ek nou lekker lui word en wou net die boek neersit om te slaap, toe ek hier in my binneste voel dat Jahshua my roep. Ek het nie SY stem gehoor soos altyd nie, dit was net ‘n gevoel dat ek myself nou dadelik moes gaan afsonder. Ek het gedink dat ek net ‘n klein bietjie sou slaap en dan sou gaan, aangesien die wind daarbuite gewaai het en dit ‘n lekker leesdag was. Maar die drang het al groter binne my geword en ek het vir Jahshua gevra of HY my roep en wat ek vir HOM moes doen. HY het my die volgende antwoord gegee wat my dadelik en baie haastig van die bed af opgejaag het. HY het gesê” MY kind, jy weet wat EK wil hê. Die mens wat eers sy liggaam wil behaag en MY tweede stel, is MY nie werd nie.” Ek het oombliklik opgestaan en onder die boom gaan sit waar ek gewoond is om myself af te sonder en Jahshua het my die volgende gewys. HY het my gedra na ‘n plek waar HY sê al die mense heengaan wat net hulle liggame wil behaag. Daar was ‘n vrou en ‘n dooie man op ‘n stoel voor haar. Sy het die lyk gepamperlang op allerhande wyses. Eers het sy sy hare gekam en sy bene met room gesmeer. Daarna het sy vir hom koeldrank gebring en dit in die dooie se keel afgegooi. Sy het heen en weer gehardloop om alles te doen vir die dooie man. Daarna gaan haal sy ‘n lae stoeltjie en sit sy dooie voete daarop en gooi ‘n kombersie oor sy voete. Hy begin later heeltemal ontbind. Daar val toe ‘n stuk vleis uit sy wang uit. Sy kop hang skeef en sy hele kopvel val op die grond. Die vrou gryp die stuk vleis en probeer dit terugsit op sy wang, maar dit wil nie daar bly nie en sy gaan in ‘n toestand in daaroor. Sy probeer ook die kopvel terugsit, maar ook dit wil nie werk nie. Sy hande hang slap langs sy liggaam en sy vingers begin afval en die vrou is tot trane geroer en al wat sy sê is ”die liggaam, die liggaam”!

Sy val toe in ‘n hopie op die grond en huil onbedaarlik tot daar ‘n engel aankom en haar vra of sy nie na ‘n beter plek wil gaan nie. Sy spring op en sê; “nee, die liggaam!” Hy raak toe die liggaam aan en die vleis, kopvel en vingers sit weer aan die lyk vas. Die vrou vergeet skoon van die engel langs haar en hardloop weer heen en weer om die liggaam so gemaklik as moontlik te maak. Jahshua sê vir my, ”Sien MY kind, dit is hoe dit met die mense gaan wat die liggaam teveel wil behaag. Die liggaam is die dood en as jy jou eie liggaam so behaag, is dit presies dieselfde, want jou liggaam is ook die dood, al lewe jy nog. ” Dit is net soos die vrou, omdat sy ook die dood dien.

 

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205