GEESTESERVARINGS.
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 16

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45.

DEEL 16

22 Jan. 2008 06:15

Ek is by Jahshua en HY dra my na die punt van die groen gras waarop Ons was. Daar begin die woestyn en ek is bang daarvoor. Ek klou aan Jahshua vas en kyk agtertoe na die groen gras net soos ‘n kleintjie wat bang is. Jahshua sê dat ek moet kyk en ek sien ‘n stad in die woestyn. My stem bewe van vrees as ek met Jahshua praat en HY sê dat ek in daardie stad moet ingaan en ander mense na HOM bring. HY wys my dat ek in die strate rondloop met ‘n kalbassie vol water en dit aan die mense bied. Ek sê vir Jahshua ek weet nie of ek genoeg krag daarvoor het nie. HY sê “Nee, jy het nie, maar EK gaan jou sterk maak. ” HY wys my dat aan die anderkant van die stad my man ook so rondloop met water en later sien ek dat die hele stad so vol van Vader se mense is wat met kalbassies rondloop en in die grootste duisternis vir die mense water aanbied. Baie mense gooi ons met klippe as ons dit vir hulle aanbied, maar ons voel nie die klippe nie. Dit is asof ons met wind gegooi word. Ek sien dat die mense op die grond in die vuilis lê en vir water vra en party sê met ‘n hees stem: “Help!” Ek bied iemand water aan en hy sit regop en ek sien dat dit net die lig van Vader is wat my omgeef wat vir die persoon lig bring, aangesien dit pik-pikdonker om almal is.

 

Jahshua dikteer:

Julle wat MY lig ontvang het, sal na die nasies wat nog verstrooid is, moet gaan, sodat hulle van MY lig kan ontvang in die duister wêreld van vandag. EK gaan sekeres na ander lande stuur, sodat hulle daar MY Woord kan verkondig en hulle sal mense van heinde en verre lok om MY Stem aan te hoor wat deur elke een van hulle sal weerklink. MY kinders, julle sal almal ‘n beurt kry om deur ‘n stad te gaan en MY Naam daar te verkondig. EK SELF sal julle lei en julle bystaan, sonder dat julle krag van julle eie het. EK maak julle sterk en gee julle die water wat julle aan hulle moet bied. Maar voor julle ander kan gaan help, sal julle eers julleself moet help en Een met MY word, sodat jy heeltemal in MY wysheid en Liefde ingewy kan word. Jy sal nie die lig aan ander kan bring, voordat jy nie met MY Een geword het nie, omdat die kanse goed sal wees dat die duisternis jóu eerder sal oorval. Julle is almal nog swak kindertjies in die gees en het julle vrese en daar is nie iemand wat ‘n geloof in MY moet hê soos wat dit ‘n gelowige mens betaam nie. Julle almal se geloof in MY laat nog veel te wense oor. Kom na MY sodat EK julle Een met MY kan maak en julle krag kan ontvang en so julle naaste kan gaan uitred uit die gevaar waarin hulle verkeer. MY kinders, sorg dat julle die wapenrusting aan het, sodat julle staande kan bly wanneer die bose met sy klippe kom en julle gooi. Julle sal net staande kan bly as julle MY om julle het as lig en skild en geen beskuldigings of vervloekings sal naby julle kan kom nie. Gee geen ag op mense wat julle uittrap of valslik beskuldig nie. Hulle is self vol van die bose en wil die lig in julle uitdoof, maar MY Lig is sterker as hulle en sal julle daarom nooit verlaat nie. Julle sal duisende mense tot bekering bring en na MY voete bring waar EK hulle sal genees van hulle oortredings en hulle sal tot lewe gewek word. MY kinders, julle moet net moed hou en weet dat EK julle nooit sal verlaat nie, want julle is MY uitverkorenes en Ek het julle lief. Julle is almal hier op die aarde geplaas om MY werk aan die einde van tye te verrig en dit is nie maar net toevallig dat julle hier op aarde is nie. Julle almal het julle vrese, maar kom na MY en EK sal dit vir julle wegvat en julle krag gee wat selfs satan self nie van julle kan wegvat nie. Dit is ‘n belofte aan elke een van julle wat MY Woord graag aan ander wil bring en MY so wil dien. Amen.

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205