GEESTESERVARINGS.
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 20

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45.

DEEL 20

31 Jan. 2008 17:20

Ek is by Jahshua en HY wys my in die buitenste ruimte ‘n planeet wat baie vinnig deur die lug beweeg. Hy is op pad na die aarde. Hy gaan verby die aarde en soos ‘n magneetveld trek hy die aarde aan. Die aarde word tydelik deur hom aangetrek en soos wat die planeet verder beweeg, word die aarde weer van die veld bevry. Die aarde “skiet” terug in posisie en tril van die skok. Na ‘n tyd word die trilling swakker en die aarde staan stil. Daar kom nog skokke na die eerste trilling, maar baie swakker. Jahshua vat my na die aarde en wys my hoe dit daar lyk. Ek sien net grondhope en geen geboue nie. Vader sê dat dit die stad Chicago is. Daar is nie ‘n teken dat daar ‘n stad was nie. Nie eers ‘n albastergrootte bewys van ‘n stad nie. Alles is onder die grond en dit lyk soos ‘n stuk brak aarde. Jahshua wys my die woeste see wat oor Engeland en Europa gaan. Dit is verskriklik en die water het alles toegespoel. Daar is nog land in Europa, maar die water is baie woes naby die nuutgevormde kus. Italië en Japan is alles toe onder die water. Op party plekke waai die wind droewig oor verlate vlaktes waar eens baie mense en geboue was. Waar daar ‘n paar uur tevore nog ‘n groot stad was, is nou net grond wat bo-op alles lê en die wind waai soos in ‘n woestyn daaroor. Jahshua sê ek moet na HOM kyk en HY vra my of ek nog leef of iets oorgekom het. Ek antwoord nee en HY sê vir my: ”Net so het almal wat MY liefhet, niks oorgekom nie”. Ek sien ons mense wat uit skuilings en agter rotse versigtig uitkom en rondkyk. Jahshua vra of iets verander het en ek kyk rond en sien bome en gras, asook rotse soos in ‘n normale veld. Die mense is effens geskok, maar is gou weer reg en praat oor die gebeurtenis. Toe sê Jahshua vir my dat ons net geskok sal wees weens alles, maar niks sal oorkom nie. “MY kindjie, almal wat by MY bly, sal niks oorkom nie. Julle sal almal veilig wees. Dit beloof Ek julle!”

 

Jahshua dikteer:

Net soos wat EK al in die verlede gesê het, sal daar ‘n baie groot aardbewing kom en baie mense sal daardeur omkom. EK waarsku egter in elke land en daar is niemand regoor die wêreld wat nie bewus is van die groot kataklisme wat aan die kom is nie. Almal het dit wel al gehoor, maar daar is egter baie min mense wat gehoor daaraan gee en hulle daaraan steur. MY kinders, julle wat MY woord glo, sal deur MY gedra word tydens die groot aardbewing en EK sal julle veilig bewaar, sodat niks julle sal oorkom nie. Maar die groot toets sal ook vir julle wees om absoluut in My te vertrou en nie bang te wees nie. Kom na MY, sodat EK jou nou al kan optel en jou dra, aangesien niemand weet wanneer die groot dag van die aarde aanbreek nie. EK gee nie vir julle ‘n spesifieke tyd nie, omdat EK nie wil hê dat julle bang moet wees en die dae aftel nie, maar Ek waarsku julle voor die tyd al, sodat julle julle skuiling by MY kan kom soek. EK sal elkeen wat MY liefhet beskerm en niemand sal eers ‘n merkie daarvan oorhou nie. Die aarde sal deur MY beskerm word, sodat die gedeelte waarop MY kinders is, niks sal oorkom nie en feitlik normaal sal wees na die tyd. Waar is daar nog ‘n Vader wat dít vir sy kinders kan doen? Kan iemand behalwe EK die aarde laat skud, maar die gedeelte waarop SY geliefdes rondloop en leef, behoue laat bly? Dit sit net in MY Hande om so iets te doen en daarom wil EK julle voor die tyd al daarvan sê en julle aanspoor om na MY te kom, want EK alleen is wat julle nodig het om te oorleef in so ‘n situasie. EK is die enigste weg vir julle en die enigste manier waarop daar vir julle beskerming sal wees. Gee jouself in MY hande oor en EK sal jou ook bewaar as jy MY daarom vra. Dit beloof EK julle en EK sal nooit MY beloftes aan julle verbreek nie. Amen.

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205