GEESTESERVARINGS.
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 32

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45.

DEEL 32

19 Feb.2008 07:04

Ek het vanoggend verslaap en het baie vinnig opgestaan toe ek besef dit is al verby die tyd dat ek gewoonlik met Jahshua praat en in die Gees by HOM is. Ek het al besef dat die bose my baie aanval deur my eie ongehoorsaamheid en was bang dat dit weer die geval sou wees vandag. Ek het Jahshua gevra wat ek eerste moes doen vir HOM vanoggend en Jahshua het gesê dat ek weer in die Gees na HOM moes kom. HY was baie vriendelik ten spyte van my oortreding en het my opgetel. Ek het om vergifnis gevra en HY het gesê dat ek agter my moes kyk. Ek het verwag om weereens die draak te sien wat my altyd so graag wil aanval, maar al wat ek gesien het was ‘n oop veld met dou op die gras, soos vroeg in die môre en in die verte engele wat met hulle rûe na Ons toe soos wat hulle wag hou. Toe sê Jahshua vir my dat HY my sal beskerm en ek het gevoel en gesê dat ek dit nie verdien nie. HY sê vir my: ”Die liefde bedek alles, MY kind. Jou liefde vir MY bedek al jou sondes!” Ek is toe aangesê om dit wat ek beleef het, te kom tik.

Jahshua dikteer:

EK het MY kind laat verslaap vanoggend om haar die volgende te leer: Dat sy nie altyd bang moet wees om deur die bose aangeval te word omdat sy oortree het nie. Julle almal is dikwels so bang dat EK julle sal verlaat omdat julle ‘n klein oortreding begaan het, maar julle vergeet van MY liefde vir julle en julle liefde vir MY. EK sal nie ‘n berouvolle sondaar in die hande van die bose oorgee nie en nog minder iemand wat MY uit die diepte van sy hart liefhet. EK sal julle almal wat MY eerste stel, getrou bewaar en solank julle nie aspris sondig nie, sal julle nie gestraf word nie. EK sal egter die sonde wat teen MY of jou broer wat aspris gedoen word en teen jou beterwete in, van jou kom eis, maar wees gerus, dat die wat MY liefhet dit in elke geval nie sal doen nie, want julle is rein deur MY bloed en EK weet dat julle dan ook julle broers liefhet en nie teen hulle sal sondig nie. MY kinders, wees rein soos EK en vergewensgesind soos EK en julle sal altyd vrede onder mekaar hê. Amen

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205