GEESTESERVARINGS.
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 31

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45.

Deel 31

18 Feb.2008 08:00

Ek moes in die Gees na Jahshua gaan en HY het my op ‘n hoë berg gevat. Daar het HY vir my SY twee hande uitgesteek en in elke handpalm was iets. In die een hand was ’n diamant en in die ander hand ‘n robyn. Jahshua sê toe vir my dat die diamant staan vir wysheid en die robyn vir liefde en ek moet kies wat ek wil hê. Ek staan toe en dink of ek verkeerd gaan maak as nie een kies nie en dalk gaan Jahshua vir my sê dat ek sondig as ek nie een kies nie. Maar ek weet dat HY weet wat ek dink en sê toe maar vir HOM wat ek wil hê. Ek het HOM vasgegryp en gesê dat ek net vir Hom wil hê en of HY sal omgee as ek nie ‘n hand kies nie. HY sê toe vir my dat ek die regte keuse gemaak het, omdat SY liefde onbeperk is en SY wysheid ook. HY sê as ek die robyn gekies het, ek net ‘n sekere hoeveelheid liefde sou kies, omdat al SY liefde nie in so klein robyn kan wees nie en dat HY baie meer liefde het as dit. As ek HOM kies, het ek alles en nie net ‘n beperkte hoeveelheid nie en dan het ek sommer die wysheid ook. Vader wys my toe dat daar onder die berg miljoene engele staan en juig, omdat ek die regte keuse gemaak het en dat hulle vir my baie lief is en my in die Gees bystaan. Ek vra toe vir Jahshua of ek vir hulle ook iets kan sê en HY sê ja. Ek sit my hande bak voor my mond en skree dat ek vir hulle ook lief is en dat ek dankbaar is dat hulle my so bemoedig. Jahshua sê toe vir my dat dit nie nodig is om te skree nie en dat ek dit net kan dink, omdat dit in die Gees is en hulle alles dadelik weet en alles kan hoor. Jahshua dra my toe op SY nek en my kop is in die wolke. Dit is die wit wolke waarop ek saam met HOM gespeel het wat SY GEES voorstel. Terwyl my kop in die wolke is, sien ek robyne en edelgesteentes en ek gryp dit en sluk dit in, sover as wat Jahshua met my loop. Jahshua laat my toe bo-op die wolke speel en HY is saam met my daar en gesels met my. HY sê dat hy vir my die edelgesteentes laat eet het en dat dit beteken dat ek my naaste moet liefhê en met liefde behandel. HY lê op SY maag saam met my en toe dikteer HY vir my hoofstuk 18 en 19 van Die opstanding. So het HY gelê en vir MY gesê hoe en wat om te skryf en terwyl mense in die agtergrond praat en die kinders besig is, het ek partykeer gesukkel om te konsentreer oor die geraas, maar wanneer dit gebeur sê HY net vir my, ”Kyk vir MY”, en dan tik ek weer verder en so het ek ‘n moeilike hoofstuk klaar gemaak met SY hulp en bystand en woorde alleen.

 

Jahshua dikteer:

EK gaan aan elke een van julle keuses stel en julle sal mooi moet dink voor julle kies. My kneg wou nie kies nie, omdat sy MY wou hê en EK sê vir julle dat EK altyd die regte keuse sal wees. Die diamant is ‘n slim keuse omdat wysheid baie belangrik is, maar die robyn is beter omdat dit liefde is. Liefde het wysheid, maar wysheid het nie noodwendig liefde nie. Maar die beste keuse is en bly EK, omdat EK alles is en het. Alle liefde van MY kan nie in ‘n robyn vasgevang word nie, omdat MY liefde oneindig is en waar kry jy so ‘n groot oneindige robyn? Daar is dan net ‘n sekere hoeveelheid liefde in die robyn en dit kan nie groter word nie, maar by MY kan die liefde altyd vergroot en verbeter. Dink daaraan as julle in die toekoms ook voor keuses gestel word wat EK vir julle gee. Maak MY jou eerste en enigste keuse en jy sal altyd reg kies. Amen.

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205