GEESTESERVARINGS.
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45.

DEEL 11

15 Jan. 2008 06:46

Jahshua staan op ‘n pragtige grasvlakte waar die son so mooi skyn soos wat dit vroeg oggende lyk. HY hou my vas en sê dat ek daar onder moet kyk. Daar is huise en ‘n groot dam en alles blink asof daar vroeë môredou op is. Daar is kano’s op die dam en die hele atmosfeer van die plek is net vrede. Ek sien daar kom mense uit hulle huise en kom by die dam bymekaar. Hulle is bly om mekaar te sien en daar heers totale vrede tussen hulle ook. Hulle staan in ‘n bondel en kyk in die rigting waar ek en Jahshua staan en begin lofliedere vir HOM sing. HY lig SY regterhand op en daar vorm ‘n wolk bo-oor die mense. Die wolk sak tussen hulle in en hulle almal lê op die gras in ‘n staat van verrukking. Daarna vlieg hulle almal op en gaan soos miere teen ‘n verskriklike tempo die dam in. Party hardloop reg rondom die dam. Ander hardloop bo-oor die dam op die water en die ander duik daarin en geniet hulleself. Hulle haal alles uit en is vreeslik vol lewe en geniet wat hulle doen gate uit. Later kom hulle weer bymekaar en sing weer vir Jahshua ‘n lied. Ek het geen verduideliking gekry nie en moes alles kom tik.

 

Jahshua dikteer:

Dit is die blydskap wat EK van MY engele ontvang om MY te dien. Hulle gee letterlik alles wat in hulle is vir die diens aan MY en daarmee aan julle. MY kinders, julle is die dam en tussen julle is miljoene engele wat julle oppas en beskerm. Daar word laers getrek rondom die wat MY liefhet. Hulle gaan tussen julle in en doen goeie influisteringe sodat julle die hele tyd in alles aan MY herinner word. Hulle doen letterlik enige ding net om julle siele na MY te bring. Maar wat hulle werk so bemoeilik, is die feit dat hulle julle nie mag dwing nie en julle net in ‘n sekere mate mag beïnvloed. MY kinders, die engele wag net vir MY seën, sodat hulle kan aangaan om MY te dien en hulle word ryklik beloon vir al hulle werk. Julle sal dit nie nou kan verdra of verstaan nie en EK sal dit so kort as moontlik hou deur net te sê dat MY engele niks bo die diens aan MY verkies nie. Hulle sal dit vir ewig en ewig doen uit oorgrote liefde vir MY en daardeur dan vir julle ook. Wees bly daaroor, omdat julle die hele tyd opgepas word en ook gedien word, sonder dat julle eers daarvan bewus is. MY engele sal alles vir MY doen, omdat hulle MY liefhet en nie omdat hulle gedwing word nie. EK dwing niemand nie, nie eers MY engele nie. Julle sal eendag alles verstaan wanneer julle in MY hemele opgeneem word en Een met MY is. Die wat Een met MY sal word op aarde, sal dit ook verstaan. Amen.

 

(Ek het gister ‘n kwaai kopseer gehad en het probeer om dit teen te werk deur na Jahshua in die Gees te gaan en dit het gewerk. Die oomblik toe ek voel dat ek in die Gees was, het die kopseer verdwyn, maar die oomblik dat ek “in my kop” was, het dit teruggekom. Ek het so aangehou en die kopseer het later weggegaan. Maar in daardie toestand wys Vader my toe hoedat die bose my probeer aanval en ek sien in ‘n wye kring staan baie engele met hulle rûe na my en hulle kyk buitentoe. Op daardie oomblik toe Vader dit vir my wys, draai hulle almal om en kyk vir my en glimlag. Ek besef toe hoe hulle ons oppas sonder dat ons dit eers besef (al weet ons dit) en nie eers ‘n gedagte daaraan wy nie. Ek het toe vir Jahshua dankie gesê en ook gevra dat HY vir elke engel ook sal sê. (Ek weet nie of dit reg is om so te vra nie. ) Ek vra dikwels vir Vader vir beskerming en dink dan nie eers weer verder daaraan nie, maar daar word baie “moeite” gedoen met ons beskerming, veral as ons verkeerde dinge doen. Louise)

 

Jahshua het my ook gister ‘n mooi groen denneboom gewys. Jahshua staan onder die boom en die boom se kleur verander na geel en later na bruin en die boom val om. Agter my is ‘n dam en die water blink baie helder. Hy sê toe aan MY dat die afgodsgelowe (denneboom) sal vergaan, maar SY lewende water sal vir ewig bestaan

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205