GEESTESERVARINGS.
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45.

DEEL 13

19 Jan. 2008 02:40

EK sien ‘n pragtige veld vol spierwit blomme. Dit is die mense van ons volk. Ek sien ‘n man op ‘n perd wat tussen hulle deurry en mandjies vol van hulle pluk en vir Vader bring.

 

Jahshua dikteer:

EK gaan MY boodskapper tussen julle instuur en hy sal julle die weg wys. Hy sal julle na MY lei en julle sal weet wie hy is as hy by julle kom. Hy het homself nie uitgekies vir die werk nie en was tot op hede nog onbewus van sy groot taak wat EK hom opgelê het. Maar die tyd het aangebreek waartydens hy met julle elkeen sal kom praat en julle sal weet dat EK hom na julle gestuur het. MY kinders, wees hom te wagte, want hy kom in liefde en vrede na julle. Wees nie skepties hieroor nie, want dit is EK wat spreek. Amen.

 

19 Jan. 2008 02:55

Ek is by Jahshua en HY vra my wat ek sien. Ek sien ‘n pragtige huis wat nie van stene gemaak is soos ons huise nie. Hierdie is ‘n hemelse huis wat blink en baie vensters het. Deur die vensters straal die witste wit lig uit en die hele area om die huis is verlig daardeur en ook deur die huis se mure self. In die deur staan Jahshua en niemand kan inkom, behalwe deur Hom nie. HY is die deur. HY vat my in die huis in en ek sien ‘n groot saal wat ook in spierwit lig gehul is. Daar loop wesens haastig verby my en hulle is in wit geklee. Ek sien dat daar twaalf vensters is. Drie aan elke kant en Jahshua sê dat dit SY twaalf gebooie van liefde is. Jahshua wys my toe weer die buitekant en ek sien dat daar reënboogkleure vanuit die vensters straal en die wêreld verlig. HY sê dat dit die huis van Melgisédek is. Jahshua staan in die deur en die volgende oomblik word Hy ook ‘n groot stralende diamant wat so in lig gehul is, dat ek HOM nie kan sien nie. EK weet net dat dit HY is, maar die lig is te skerp en te wit

 

Jahshua dikteer:

MY huis van Melgisédek sal deur julle bewoon word en vandaar uit sal julle oor MY skepping regeer en julle sal net deur MY daar kan inkom. EK is die deur en julle moet na MY kom, omdat daar nie ‘n ander ingang te vinde is nie. Julle sal regeer deur MY twaalf gebooie van Liefde en julle sal geen onreinheid hê nie, omdat alle onreinheid oombliklik deur MY skerp lig verbrand word. Lewe in liefde en jy sal ook in MY huis inkom en saam met MY sal jy dan regeer. MY kinders, EK kies net die nederige van hart en daarom moet julle in nederigheid lewe, sodat jy ook daar kan kom. My Melgisédek huis sal deur julle bewoon word wat My werklik bo alles liefhet en EK sal tussen julle wees en julle elkeen by die naam noem. Kom na MY en EK sal jou alles leer wat jy moet weet. Amen.

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205