GEESTESERVARINGS.
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 44

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45.

Deel 44

19 Maart 2008 01:10

Ek het wakker geword en Jahshua het gesê dat HY my iets wil wys. Ek het gesien dat HY so entjie voor my staan, maar langs my is twee mure. Die mure is donkerbruin en swart. Dit laat my dink aan swart gekookte kondensmelk of ghries en ek wil nie daaraan raak nie. Vader sê toe vir my die mure stel die liggaam voor en wanneer jy aan jou liggaam verkleef is, sit jy aan die mure vas.

Jahshua dikteer:

Ja, MY kinders, dit is hoe die liggaam in die gees lyk. Dit is klewerig en jy sal maklik weer daaraan kan vasgroei as jy nie versigtig is nie. Dit help nie jy het jou liggaam afgelê en jy begin weer aardse dinge te doen nie. Dan het jou vorige oorwinning oor jou liggaam jou niks gebaat nie. Lê jou liggaam permanent af en jy sal vry bly van die aardse smet en alles wat aan die liggaam kleef. Dit sê EK vir julle en nou weet julle hoe gevaarlik dit is om weer na jou ou gewoontes en plesiere van jou liggaam terug te keer. Bly by MY en jy sal nie aan jou liggaam vasgeheg bly nie. Dis MY woorde van waarskuwing aan julle om nie julle liggame teveel te behaag nie. Amen.

 

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205