GEESTESERVARINGS.
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 39

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45.

DEEL 39

21 Feb.2008 06:28

EK was saam met Jahshua in die Gees en ek sien dat my man ook by HOM is en HY dra ons altwee na ‘n plek waar ons die son mooi kan sien. Dit is ‘n opkomende son en baie groter as wat die son nou is. Die son kom agter die berg uit en ek sien daar kom baie mense oor die horison aangestap na Jahshua. Hulle sing weer ‘n lied, maar hierdie keer sing hulle: “En hoor jy die magtige dreuning” wanneer hulle die tweede vers begin, sing hulle, hulle eie woorde waarin hulle Jahshua loof en dank vir die oorwinning wat net HY gegee het.

Jahshua dikteer:

Julle sal sing van MY verlossing wat EK oor julle laat skyn en julle sal in blydskap aan julle ou volksliedere dink en dan sal julle weet dat dit eintlik nou eers op julle van toepassing is en nie regtig op daardie tyd nie. Nou ontwaak julle eers regtig omdat julle geestelik ontwaak het, terwyl die ou mense geestelik nog geslaap het in vergelyking met julle vandag. Hulle het MY geken en het geweet dat hulle heil by MY lê, maar júlle ontwaak uit julle doodslaap en sal daarvan sing. Julle is die eerste geslag op aarde sedert die mense wat saam met MY geleef het, wat so geestelik ontwaak het en julle is ook die enigste, oorblywende geslag wat MY weer in die vlees sal sien. Die wat MY graag so wil sien kan verseker wees dat EK nie sy hoop en sy begeerte net so sal laat nie. Julle sal so aangestap kom na Migdol net soos wat MY skryfkneg gesien het, maar wat sy nagelaat het om te sê is dat julle in die grootste geluk gestap het en ook het julle rustig en op julle tyd geloop. Niemand wat julle verjaag nie. Nee, rustig en op julle tyd sal julle julle na Migdol haas. Die teenstelling in die vorige sin, sal julle laat sien hoedat julle sonder om verjaag te word soontoe gaan, maar julle sal so gou as moontlik daarheen wil kom, sodat julle MY daar kan sien. EK sal elkeen daar teen MY Bors vashou soos wat MY skryfkneg en haar man in MY arms gestaan het. Amen.

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205