GEESTESERVARINGS.
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 30

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45.

DEEL 30

17 Feb.2008 01:00

Ek het in die nag wakker geword nadat my baba my vir die hoeveelste keer wakker gemaak het. Dit gaan die afgelope week al so en ek was baie moeg. Vader sê toe dat ek en my man moet opstaan. Ek onthou toe dat ek van swartes en hekse en aaklige swart gedaantes gedroom het. Vader sê toe vir my dat ek en my man om die huis moet loop en HY sal vir my iets wys. Toe ons uitgaan, sien ek met my geestesoog gedaantes om die huis en Vader sê dit is hulle wat my baba so pla. Eerstens het ek klein gedrogte soos “gargoyles” gesien en Jahshua sê vir my dat ek die hele tyd SY Naam moet aanroep en hulle bestraf. Die gargoyles maak ‘n pad soos wat hulle net probeer om weg te kom van Jahshua en my af. Toe Ons verder stap, sien ek baie groot bobbejane in die mielieland sit. Elkeen is omtrent 4 meter hoog en hulle hardloop weg, behalwe die grootste een. Hy bly my aanstaar en Jahshua sê ek moet aanhou om vir hom te kyk. Terwyl ek vir hom kyk, voel ek dat krag uit my uitgaan en die bobbejaan krimp en krimp tot hy so groot soos ‘n normale bobbejaan is, en die volgende oomblik is dit of hy ontplof. Ons stap verder en ek sien weer bobbejane, maar hierdie keer is dit ‘n hele trop van normale grootte. Hulle hardloop ook weg. Aan die voorkant van die huis, sien ek gedaantes in die lug en weet dit is hekse. Ek beveel hulle in die Naam van Jahshua om weg te gaan en sê dat hulle nie die reg het om hier te wees nie en hulle vlieg weg, almal deurmekaar en sommer teen mekaar vas. Daarna sien ek omtrent twee oerang-oetangs van enorme grootte en beveel hulle ook om weg te gaan. Laastens was daar net ‘n swart “mat’ wat oorbly en nadat ek dit in Jahshua se naam beveel het om weg te gaan, was die hele omtrek, in die Gees, skoon. Ek sien toe dat daar ‘n baie groot sirkel reg rondom ons plek is en dat die sirkel spierwit is. Dit lyk soos ‘n witwarm hoepel, en in die middel waar ons huis is, is dit spierwit en helderskoon. Jahshua wys my toe dat die sirkel se krag so hoog gaan dat geen bose gees eers oor die sirkel kan vlieg en binnekom nie. Die wit lig strek tot in ewigheid. My baba het toe baie rustiger geslaap.

 

Jahshua dikteer:

Julle weet nie wat in die gees om julle gebeur nie en is dikwels onbewus van al die boosheid om julle. EK het MY kind wakker gemaak en aan haar gesê om die bose te bestraf. Die bose manifesteer ook in die vorm van aanvallers wat agter die donker kolle in julle tuine wegkruip, maar waar MY lig skyn kan geen boosheid standhou nie. Julle almal kan om julle huise stap wanneer julle die bose se aanslag teen julle voel en in MY Naam mag julle die bose bestraf wat julle so pla. Veral klein kindertjies word deur die bose gepla omdat hulle nie kan sê wat hulle pla nie, en die bose julle ongelukkig wil maak, sodat julle julle geduld moet verloor en hulle dan ‘n vatkans kan kry om op julle toe te sak. MY kind het egter haar geduld behou en EK het haar die droom gegee, sodat sy kon weet wat aangaan. EK sal elke een van julle so lei sodat julle kan weet wat om julle aangaan. Dit is die tyd waarin julle leef wat julle so groot teiken maak. EK kan elke mens wat MY liefhet so help, omdat EK nie wil hê dat julle deur die bose gepla moet word nie. Baie keer word julle ook so deur die bose gepla en EK laat dit toe, omdat EK julle iets wil leer, maar troos julle daaraan dat EK julle nooit sal verlaat en in die hande van die bose oorgee nie. Julle word net sterk en leer vinnig wat om te doen. Sou EK dit nie toegelaat het nie, sou julle nooit geweet het hoe om te werk te gaan nie en julle sou weerloos gewees het as dit die dag sou gebeur het. MY kinders moet egter van alles leer en daarom laat EK dit toe en nie omdat EK julle nie wil of kan beskerm nie. Laat alles aan MY oor en EK sal julle lei. Amen.

 

17 Feb.2008

Ek het vir Vader gevra om saam met my te eet, aangesien ek heeltemal alleen gesit het en na SY geselskap verlang het. Ek was in die gees by HOM en het my geestesoog die hele tyd oopgehou sodat ek HOM kon sien. Ek het gesien dat HY ook eet en HY sê toe vir my dat ek die uitsig saam met HOM moet geniet terwyl Ons eet. HY het dieselfde kos as ek geëet en presies dieselfde bord asook sout- en peperpotjies as wat ek in my huis gehad het. Ek het gesien dat Ons op ‘n berg sit en ondertoe kyk terwyl Ons by ‘n tafel sit en eet. Dit is so mooi om HOM so te sien in alle nederigheid en HY sê toe dat ek mooi moet kyk wat daar in die lug hier reg voor ons is. Dit was twee arende en die een kom land op die tafel by Jahshua. Ek weet dat Jahshua met hom gekommunikeer het, maar weet nie hoe nie. Die tweede arend het ook op die tafel geland en ook met Jahshua gekommunikeer. Die eerste een vlieg toe weg na ‘n plek daar onder en daarna volg die ander arend hom. Hulle gaan tussen mense in. Die eerste arend gaan eerste na die mense en die tweede arend daarna na dieselfde mense. Ek weet wie die arende is en weet ook dat die eerste een die boodskapper is wat na die mense gaan kom. Die tweede een sal die boodskapper volg en ook na dieselfde mense toe gaan, nadat die eerste een daar was. Die eerste boodskapper kom na Jahshua en gee vir HOM ‘n mango en HY eet die mango. Ek word toe na my skoonouers se huis gestuur om vir my twee mango’s te gaan haal. Dit klink dalk vir julle snaaks, maar terwyl ek geloop het, het ek die hele tyd so in die gees by HOM gebly. HY sny toe vir my ‘n stuk van SY vrug af, maar ek sien dit is die lekkerste stuk en sê vir HOM dat HY die lekker stuk moet eet. HY sê vir my ”MY kind, as EK wil, kan hier ‘n hele bord met sulke stukke hier voor MY staan. Eet dit wat EK jou gee.” Daar staan toe so ‘n bord met gesnyde stukke voor HOM. Nadat ek by die huis gekom het, het ek die mango geskil en geëet en terwyl ek dit eet, sien ek dat Jashsua die pit van die eerste mango vat en hom baie vêr en hard gooi. Daar waar die pit te lande gekom het, het daar dadelik ‘n mangoboom opgekom. Jahshua gooi toe die tweede een ook en daar kom ook ‘n boom op. HY sê vir my dat die mango wat die boodskapper vir HOM gebring het, sy vrug was wat hy vir Vader gedra het. HY sê toe ook vir my dat HY die vrugte wat ons vir HOM dra, elke keer plant, nadat HY dit geëet het, sodat ons later ‘n boord het van die vrugte wat ons dra. HY sê dat daar nie een vrug of pit verlore gaan of vrot word nie. Alles word deur HOM geplant. Ek wou nie hierdie stuk tik nie, omdat dit vir my baie persoonlik is en dit die manier is hoe ek met Jahshua besig is in my hart, maar HY het my opdrag gegee om dit te doen. Deur die hele tyd so by HOM in die Gees te wees, leer ek ontsettend baie, maar ek kan nie altyd so besig bly met HOM soos wat ek graag wil nie. Dit is baie moeilik, omdat mense met jou praat en jou aandag afgelei word deur aardse dinge en daarom kan ek verstaan dat HY sê ons moet ons afsonder.

 

Jahshua dikteer:

MY kinders, dit is hoe EK wil hê julle met MY moet besig wees en bly, omdat EK dan vir julle alle lesse eerstehands kan leer. MY kneg leef nie in ‘n fantasiewêreld nie, sy lewe in die realiteit, al lyk dit nie vir julle so nie. Sy sukkel egter om gedurig by MY te bly soos vanoggend, omdat sy as mens nie lank kan konsentreer om by MY te bly nie. Wat EK vir julle almal wil vra, is om MY so te soek en MY te vra om dinge saam met jou te doen, al lyk dit vir julle belaglik. EK is dan die hele tyd met julle en as EK in jou hart is, doen EK mos alles saam met jou,of hoe? Soek na MY, sodat EK ook jou lewe kan deel en met elke ding sal EK jou ‘n nuwe les leer. Wat sy vanoggend geleer het, is dat die vrugte wat jy dra, wel vermeerder tot die boom wat uit die vrug groei en as jy slegte vrugte dra, sal jy later ‘n hele boord vol slegte vrugte hê. Dra die vrugte wat vir MY eetbaar en lekker is en jy sal geseënd wees in jou doen en late. Dit is al wat EK vir julle wil sê in verband hiermee. Amen.

 

 

17 Feb.2008 14:30

EK is aangesê deur Jahshua om langs die land af te stap en daar het HY my weer iets gewys. Ek sien daar onder in ‘n vlakte is ons volkie almal bymekaar, maar ons is ‘n baie klein groepie gemeet teen die bose wat voor ons staan. Voor ons staan die lelikste gedrogte. Drake met sterte en tonge wat hulle swaai en afgryslike oë. Hulle almal is baie groter as ons. Tussen ons en die bose, staan Jahshua, maar HY is nie baie groot nie. HY is groter as ons, maar kleiner as die bose. Ek vra HOM hoekom dit so is en HY sê dat hulle HOM onderskat, maar dat hulle hulle fout gaan agterkom. Skielik word Jahshua baie groot en troon bo hulle uit in ‘n baie groot reuse Vader. Die bose skrik verskriklik en vlug, maar soos wat hulle vlug, trap hulle op mekaar se sterte en byt mekaar. Ek sien daar lê baie dood soos wat hulle mekaar vertrap het en skielik is hulle weg, asof hulle in ‘n gat geval het. Toe sê Jahshua dat ek dit moet kom tik.

 

Jahshua dikteer:

MY kinders staan teen die bose en die bose is baie dreigend. Julle weet nie wat hulle teen julle beplan nie en in hulle ywer dink hulle dat EK nie sterk is nie. Hulle dink dat die witmense se god ‘n nietige versinsel is en omdat hulle baie meer is as ons, hulle ons sommer so maklik gaan oorrompel. Maar tussen hulle en MY kinders, staan EK en met ‘n baie groot skok gaan hulle agterkom dat daar niemand Magtiger as EK is nie. Julle sal sien hoedat hulle gevlug het, omdat hulle mekaar dan sal vermorsel in die vlug en in die ywer om weg te kom. Daar sal baie lyke op die straat lê en hulle sal vlug om nooit weer terug te kom nie. MY kinders, EK sal julle help om van die lyke van die bose ontslae te raak, aangesien julle vir ewig besig sal bly met die opruiming daarvan, as EK julle nie sal help nie. Julle sal juig as julle van MY geheime planne te hore kom en daarom stuur EK MY boodskapper met die goeie nuus. Hy sal aan julle presies kom vertel wat EK vir julle gaan doen en na hom sal EK ‘n ander boodskapper stuur om te bevestig wat die eerste een vir julle gesê het. Julle sal sien dat hulle altwee baie nederig is en MY GEES sal sommer uit hulle uitstraal. Julle sal niks hoef te vrees nie, al is dit die lelikste monsters wat op julle jag gaan maak. EK alleen sal julle beskerm en daarom moet julle nie op julle wapens staatmaak nie, omdat wapens nikswerd is nie. EK alleen sal julle bystaan en julle sal bly wees in MY glorie. Dit belowe EK vir julle almal wat in MY glo. MY kinders, wee die ongelowige en die een wat MY boodskapper met ‘n slegte hart ontvang. Wee die een wat hom nie glo nie, omdat EK hom dan nie te hulp sal snel nie. Maar ag jouself gelukkig as jy hom in liefde en gasvryheid ontvang het. Amen.

 




 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205