BOODSKAPPE VAN VADER AAN LUKAAS VAN HOUT
LUKAAS VAN HOUT

Hoofstuk 95

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 95 aan Lukaas van Hout op 30 November 2013

Aanval word teen die Dogter van Sion beplan

Nog sal jy nie slaap nie, wagter vir hierdie huis van Israel, hierdie Israeliete, hierdie Dogter van Sion, lui die alarm, verhef die banier van My woord, lewend, geskrewe en gesproke! Lui die alarm, omdat die Satan en sy leërskare nog 'n aanval beplan het teen hierdie huis! Berei voor en roep 'n vergadering van gebed uit, maak hierdie alarm bekend op hierdie Sabbatdag, want My woorde van waarheid moet opgerig word onder My volk. My woorde, deur hierdie hande wat Ek, EK IS wat EK IS gekies het om My woorde vir My te skryf, EK IS wat EK IS, moet onder My volk bekend word as My ware woorde! Lui hierdie alarm vir hierdie huis van Israel, hierdie Dogter van Sion, berei voor vir dit en vir hierdie aanvalle deur mense gedryf deur die leërskare van Satan teen julle! Groot sal die ontsteltenis wees wat hierdie boos­doeners, wat hulle harte oorgegee het aan Satan, sal veroorsaak in hierdie huis! Tog hul aksies op niks uitloop nie. Dieselfde oomblik wanneer hierdie aan­valle bekend word, moet julle My onmiddellik en in aller yl opsoek in hierdie dinge. Die oomblik wanneer julle My in hierdie dinge soek, moet julle My hand vertrou om hierdie dinge tot niet te maak. In volle geloof moet julle My in hierdie dinge vertrou, EK IS wat EK IS en soek geen optrede waar mense kan sê dat dit deur hulle eie toedoen en hulle eie hand gekom het nie, sonder om My en die antwoorde wat Ek aan julle sal gee, eers op te soek nie. Ek sal julle die antwoorde gee wat julle soek om hierdie dinge te hanteer en julle sal hierdie dinge hanteer soos wat Ek julle sal wys om hierdie dinge te hanteer. Almal moet sien en weet dat EK IS wat EK IS julle geantwoord het en met My eie hand het Ek, EK IS wat EK IS hierdie dinge tot niet gemaak! Onthou, julle vertroue en geloof in My rakende hierdie dinge moet absoluut wees! Die oomblik wat julle julle na My toe wend en hierdie dinge aan My gee, ja vanaf daardie selfde oomblik moet julle geen aksies meer uit julleself loods nie, buiten die antwoorde wat Ek vir julle sal gee teen hierdie bose en slegte kinders van Satan. Wag, ja wag vir My antwoorde! Dit moet so wees om My woorde te vestig van hierdie hande wat vir My skryf, sodat hulle in My volk hierdie woorde kan begin glo en in hulle harte weet dat hierdie woorde Myne is en dat Ek met die hart van hierdie dienskneg spreek om vir My, EK IS wat EK IS, te skryf. Selfs meer haglike tye sal kom, waarvan Ek reeds gespreek het, en hierdie woorde moet tot op die kleinste jota vertrou word! EK IS wat EK IS, luister na My deur hierdie hande wat Ek gekies het!

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205