BOODSKAPPE VAN VADER AAN LUKAAS VAN HOUT
LUKAAS VAN HOUT

Hoofstuk 88

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 88 aan Lukaas van Hout op 13 November 2013

Die geweldige oorlog in die hemele

Hoe en wat moet Ek doen om aan julle te wys dat My woorde waar is? Met die een hand verhef julle 'n paar van My woorde wat lank gelede aangeteken en op Skrif gestel is en arrogant verklaar julle dit as die enigste woorde wat Ek, EK IS wat EK IS tot die mensdom gespreek het! Hoe durf julle, o mens, sterflik gebore uit die dood, dit waag om selfs te dink om so te laster? Hoe durf julle, o mens, dit waag om te aanvaar dat Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, Skepper van alles wat was, is en sal wees, Skepper van die sienlike en onsienlike, Skepper van elke wesenlike partikel wat is, was en sal wees en ja, selfs die Skepper van algehele niks, hoe durf julle sulke dinge leer en dink en sulke dinge in My Naam as die waarheid leer? Gee hierdie arrogante en lasterlike denke vir My, sodat Ek, EK IS wat EK IS julle harte kan oopmaak om My woorde te ontvang, elkeen daarvan en van enige ander bron waarvan Ek dit gee, sal julle hulle ken as My woorde as julle julle harte sal oopmaak vir My! Want die tye is op julle, My volk, My kinders, My huise van Israel en My Dogters van Sion! Julle, ja julle, almal van julle moet My soek soos nog nooit tevore nie, en julle moet julle harte oopmaak om My woorde te ontvang wat Ek, EK IS wat EK IS vir julle voorberei het, voordat die wêreld geskep is, om julle deur hierdie tye te lei, hierdie haglike, haglike tye! Hou nou dadelik op om My woorde te ontken! Die tye wat oor julle gaan kom, het net begin in die gruwels wat nou begin val op julle, My volk, My kinders, My huise van Israel en My Dogters van Sion. Gruwels der gruwels wat vir julle nog onvoorstelbaar is, so onbeskryflik skrikwekkend sal dit vir julle wees! Kom, laat ons die saak uitmaak, sodat Ek julle oë kan oopmaak, sodat Ek julle kan help om te sien en te verstaan watter verskriklike swaar tye hierdie gruwels oor julle sal bring, My volk, My kinders, My huise van Israel en My Dogters van Sion. Het julle nie dikwels gewonder waarom, toe Ek van die oorlog in die hemel gespreek het, Ek net 'n paar woorde deur My profete van die oorlog gegee het nie? Het julle, ja julle, My volk, My kinders, My huise van Israel en My Dogters van Sion nie My woorde onthou wat gespreek het van hierdie dinge nie? Ek het julle vertel dat 'n derde van My hemelse leërskare uitgewerp is en dat hulle met groot krag uitgewerp is. 'n Tyd wat selfs meer verskriklik was as al die gekombineerde gebeure in die geskiedenis van julle wêreld, so vreeslik was hierdie oorlog in die hemel! Dieselfde oomblik toe hulle My verraai, het dood tot stand gekom en op daardie oomblik het die groot plan van verlossing reeds begin. So is My krag om boosheid in al sy vorme te omseil. Alle gebeure, of dit van julle wêreld is, of van dit wat julle wêreld voorafgegaan het in My koninkryk, dien My planne en My doeleindes! Dit is om hierdie rede dat Ek, EK IS wat EK IS julle smeek om te na te dink oor hoe verskriklik hierdie oorlog in My koninkryk was. 'n Oorlog so verskriklik, dat dit My selfs nou bedroef om net daarvan te spreek, so vreeslik was dit. Dink aan hierdie oorlog, dink aan My koninkryk soos wat julle dit ken. Dink aan die verwoestende uitwerking wat hierdie oorlog op My skepping gehad het! Dit is teen hulle wat julle nou ten stryde trek! Dit is hulle wat Ek, EK IS wat EK IS neergewerp het, ja, hulle, die leërskare van Satan wat nou ongeremd rond hardloop oor die aarde en met 'n bose, wraaksugtige raserny hardloop hierdie leërskare ongeremd oor die aarde, om hulle wraak uit te oefen op die mensdom! Oorweeg dit, o mens en beskou nou julle arrogansie, kyk nou en sien, kyk en aanskou die groot boosheid, die kragte en kennis van hierdie boosheid wat 'n derde van My hemelse leërskare verlei het! JA, MY LEËRSKARE, MY LEËRSKARE, wesens wat Ek geskep het, wesens wat My van aangesig tot aangesig geken het! My leërskare wat saam met My in My koninkryk vir ontelbare eeue gewoon het, het hierdie leërskare by My gewoon in My koninkryk en het My geken soos wat enigeen van julle hul eie pa en hul eie ma sal ken, het hulle My geken en het hulle My verraai, hulle wat Ek geskep het, hulle wat Ek liefgehad het, die wat deel was van My ewige wese, tog het Ek, EK IS wat EK IS hulle weggestoot van My af! Weet enigeen van julle wat kinders het, van die pyn en lyding en die diep droefheid wat die dood van 'n kind bring? Tog het min van julle al ooit die onpeilbare diep hartseer oordink wat die verlies van miljoene van My geskape leërskare My veroor­saak het en dat dit My vir ewig sal bedroef en veral in die oordeel wanneer hulle van My af weggewerp sal word na die ewige dood vanwaar daar geen terugkeer is nie. Oorweeg hierdie dinge ernstig en oordink julle arrogansie om te dink dat julle, blote sterflike mense, mens gebore vanuit die mens, My nog nooit gesien het nie en nog nooit ten volle binne My liefde, My wysheid en My kennis gewoon het nie. Oorweeg hierdie vrae ernstig, want so verskriklik soos wat die oorlog in die hemel was, so staan julle nou voor die afgrond van die gruwels bo alle gruwels van wat julle volk gaan oorkom, van hulle, die leërskare van Satan. Ek het deur hierdie hande in hierdie nag gespreek om julle weer te probeer wakker maak vir My woorde en vir diegene wat Ek in My Naam, Ek, EK IS wat EK IS gestuur het. Dit is Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS wat deur hierdie hande spreek, sodat julle kan hoor en sodat julle kan weet en sodat julle My woorde kan vertrou, om julle voor te berei teen die aanslag van hierdie demoniese weermagte, demoniese weermagte van krag en kennis wat alles sal oortref wat deur die duur van die eeue plaasgevind het, so boos en besoedel het hulle in hul sameswering geword! Wat? Selfs soos wat sommige van julle wat hierdie woorde vanaf My lippe lees, deur hierdie hande, vra en twyfel julle nog! Julle moet net kyk, sê Ek, kyk verby julle arrogansie na die oorloë en die oorlogsmasjienerie wat julle wêreld regdeur julle hele geskiedenis besit het! Julle moet kyk na die moordende hordes wat vir eeue in julle wêreld oorlog gevoer het, in algehele barbaarsheid en bloedlustigheid, tot op hierdie dag! Van waar dink julle kom hierdie kennis van oorlog en van hierdie oorlogsmasjienerie vandaan? Hierdie oorloë en hierdie oorlogsmasjinerie is kru en barbaarse speelgoed van babas, vergeleke met dit wat die hemelse wesens geskep het toe daar oorlog in die hemel was! Maar julle, in die arrogansie van julle hoogmoed en in die arrogansie van wat julle geloof noem, dink julle om nou op te staan teen hulle, DIE DEMONIESE WEERMAGTE VAN WOED­ENDE WRAAK, GELEI DEUR DIE MEESTER VAN ALLE BOOSHEID, SATAN! Het Ek nie gesê dat My woord vir altyd by die mensdom sal wees nie? Het Ek, EK IS wat EK IS nie vir julle gesê dat My woord selfs tot aan die einde van die wêreld met die mensdom gaan wees nie? Tog, wanneer Ek My woord na julle stuur, glo julle dit nie en daardeur spreek julle `n oordeel uit oor My woord, sodat diegene wat julle oordeel hoor, nie meer My woorde soek van hulle wat Ek stuur nie. Daardeur het julle My stilgemaak voor My volk, My kinders, My huise van Israel, en My Dogters van Sion! Kom! Laat ons die saak met mekaar uitmaak en al hierdie dinge in ag neem. Ek, EK IS wat EK IS is JULLE LIEFDEVOLLE VADER! Ek verstaan AL die woede, Ek verstaan AL die bitterheid, Ek verstaan al die wrewel wat aanleiding gegee het tot julle hoogmoed en arrogansie! Al wat Ek van julle vra, is om My te vertrou en My al hierdie dinge en enigiets anders te gee wat julle in julle hart koester teen My woord en My wil, gee hierdie dinge aan My en Ek sal julle ore, julle harte en julle gees open vir My Woord en My woorde en julle sal My Woord en My woorde ken. Ek, EK IS wat EK IS, klein kinders en daar is so min tyd oor voordat hierdie weermagte van duisternis ten volle losgelaat word, EK IS wat EK IS, Ek is so lief vir julle!

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205