BOODSKAPPE VAN VADER AAN LUKAAS VAN HOUT
LUKAAS VAN HOUT

Hoofstuk 39

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 39 aan Lukaas van Hout op 2 Oktober 2013

Waarskuwings aan die Dogter van Sion

Dogter van Sion, onthou jy nog altyd die doring wat Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS diep in jou geplaas het om jou te herinner van My liefde vir jou en jou liefde vir My. Onthou Dogter van Sion, is daar geen ding in die skepping wat sy eie wil doen nie. Geen ding gebeur sonder My toestemming of voorkennis nie, alhoewel sommige nog steeds dink dat boosheid sy eie wil het. Alles is myne en dien My wil. Weet dit nou en vertel die kinders van Sion om voor te berei, want Ek gaan 'n sluis oopmaak na julle woning. Hierdie sluis sal mense wees uit baie nasies en tale, sommige om by julle te woon en sommige om julle te seën deur middel van hul vaardighede en kennis en sommige om My woord aan julle te bring. Berei voor vir diegene wat kom om saam met julle te woon deur gebed, lofprysing, sang en smekinge aan My. Ek het 'n deur oopgemaak tussen My en julle vir hierdie voortdurende gebede, lofprysing, liedere en smekinge en deur die Naam van JaHshua moet julle dit aanbied. Weet dat baie sal kom om saam met julle te woon en weet dat Ek, EK IS wat EK IS, sal omsien na julle behoeftes, en al julle behoeftes wat julle sal benodig in die land, sal Ek vir julle vind en julle wys en hulle na julle stuur om julle te seën met hierdie behoeftes. Gaan voort om hierdie behoeftes in My Naam te soek, deur die naam van JaHshua, en julle sal alles vind wat julle nodig het, afgesien van dit wat Ek vir julle stuur. Dogter van Sion, julle is gewaarsku oor die geeste van duisternis wat aan julle valse woorde sal bring, soek diegene onder julle uit wie se geestelike onderskeiding bekend is en dit is van My om hierdie woorde te onderskei en onthou, soek My waarheid, selfs van die bose woorde, want Ek, EK IS wat EK IS sal hulle bose woorde verwar en terwyl hulle nog dink dat hulle julle listig mislei, sal julle My woorde sien en My woorde sal waarheid bring en hierdie valse en bose boodskappers van Satan ontbloot. Vrees hulle nie en ook moet julle geen gedagte hê oor waar en wanneer nie. Ek het vir julle die skild van geloof gegee en in hierdie skild, My woord en in hierdie skild, My verweer.

Wees vol vreugde Dogter van Sion, want Ek begin net My werk in julle! Sê ook aan die volk Sion, MY KINDERS, kinders van Elohim, hierdie huis van Israel. Dink nie daaraan om julleself te verbeter deur julle eie wil nie, want deur dit te doen, sal julle misluk en dit sal net ontsteltenis vir julle bring. Wees eerder wie julle is, want Ek is lief vir julle net soos wat julle is. Onthou kinders, Ek het julle geken nog voor julle gebore is en dit is My wil dat julle bly soos wat julle is! Daardie sondes wat woon in julle harte en daardie aksies wat is sondig is en julle grief, GEE DIT VIR MY, en Ek sal julle harte genees, Ek sal die sonde genees binne en buite julle liggame. Kom na My toe, net soos wat julle is en weet hoe baie lief Ek julle het! Ek, EK IS wat EK IS ken die diep geheime van julle harte en baie wat julle nog privaat koester. Nooi My in die donker plekke van julle harte in wat Ek alreeds kan sien, nooi My in soos wat Ek julle wys met ieder en elke een van hulle. Moenie bang wees om My te nooi nie. Ek vra dat julle My innooi om julle te wys dat selfs in die donkerste dele van julle harte, Ek julle nog steeds liefhet! Wanneer julle My hierdie donker plekke sal wys en My innooi, dan weet Ek dat julle begeerte waar is om weg te draai vanuit hierdie donker plekke en My werk in julle lewens om julle te transformeer, kan begin. Begin nou om My binne te nooi en Ek sal begin om hierdie donker plekke in julle harte te genees. As julle val, soek My weer en weer, 77 x7 het Ek gesê dat Ek julle sal vergewe en julle elke keer sal terug ontvang, wanneer julle berou het. Onthou, ja onthou, EK IS!

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205