BOODSKAPPE VAN VADER AAN LUKAAS VAN HOUT
LUKAAS VAN HOUT

Hoofstuk 179

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 179 van Elohim aan Lukaas van Hout op 16 Mei 2014

“Wat sê julle, Huis van Israel, My Huis van Israel wat binne en buite My Suid-Afrika lê?”

“Wat sê julle vir My op hierdie oomblik, hierdie dag, hierdie selfde uur?”

“Het julle al begin om die geestelike en goddelike waarhede in My geskrifte en die woorde wat Ek vryelik aan die mensdom gee, soos wat Ek wil, te oorweeg, My Huis van Israel en My Dogter van Sion?”

"Het julle?"

"Het julle die tyd afgestaan om My woorde aan julle te deurdink, rakende die historiese Huis van Israel?"

"In daardie woorde is maar net 'n klein gedeelte van die menigte geestelike en goddelike waarhede, wysheid en kennis wat Ek so verlang om aan julle te gee en wat weggesteek is binne al My woorde."

"Julle moet weet en julle moet verstaan dat die krag van My geestelike en goddelike kennis van hierdie waarhede binne daardie woorde lê wat vir die vleeslike oë en die vleeslike geloof weggesteek is."

"Verstaan julle nog nie dat daardie eenvoudige geestelike en goddelike waarhede wat aan julle geopenbaar is in daardie Skrifte, rakende My historiese Huis van Israel, is maar slegs die begin van die werk wat in julle harte voltooi moet word, sodat julle vertroue in julle geloof en julle vertroue in julle oortuigings van My volkome sal word in alles wat Ek vir julle beplan het, en moet beplan vir julle, om julle in hierdie tye te verlos tot aan die tye van My duisendjarige Koninkryk, wanneer die werk in die herstel van julle volke gaan begin?

“Dit is My wil vir julle!”

"Dit moet so wees, want soos wat Ek julle reeds vertel het, die tye wat nou vinnig nader kom, die tye wat moet kom, is nou die dagbreek voor die oggend van die grootste ure van julle beproewings en versoekings wat oor julle en hierdie wêreld gaan kom, die Aarde, wanneer die hele mensdom, gered of verlore, sal weet dat EK IS."

“Is dit 'n maatstaf van julle geloof dat julle daarna streef om julle eie harte te oordeel in die begin van hierdie voorbereidings?”

“Dan sal Ek vanuit die Skrif vir julle een van die vele maatstawwe gee waarmee julle die vlak en graad van julle geloof en julle geloof in My en My woorde kan oordeel, want as julle geloof nie voor hierdie woorde vanuit My Skrifte kan staan nie, hoe kan julle geloof en julle oortuigings staan in die tye wat moet kom, wanneer die mensdom die demoniese leërskare moet konfronteer in hierdie finale ure van die wêreld, soos wat julle haar ken.”

“Is dit 'n maatstaf van julle karakter dat julle sal streef om julle eie harte te oordeel in die begin van hierdie voorbereidings?”

“Dan sal Ek vanuit die Skrifte een van die vele maatstawwe aan julle gee, waarmee julle julleself en julle eie harte kan oordeel, om te sien of julle waarlik My woord bewaar het en My wil gedoen het vir My volk, My Huis van Israel en My Dogter van Sion.”

Esegiël 18:1-19 (Boek van Herinnering)

Vereistes vir 'n regverdige.

1 VERDER het die Woord van JaHWeH na my gekom en gesê:

2 Wat is dit met julle dat julle hierdie spreekwoord gebruik aangaande die Adamah [die adamiet se Aarde] van JisraEl, naamlik: Die vaders het groen druiwe geëet, en die tande van die kinders het stomp geword?

3 So waar as Ek leef, spreek My Meester JaHWeH, dit sal julle nie meer in die gedagte kom om hierdie spreekwoord in JisraEl te gebruik nie.

4 Kyk, al die siele is Myne; soos die siel van die vader, so die siel van die seun - hulle is Myne; die siel wat oortree, sy moet sterwe.

5 Maar as 'n man regverdig is en Reg en Geregtigheid doen;

6 nie eet op die berge en sy oë nie opslaan na die drek-idole van die huis van JisraEl en die vrou van sy naaste nie besoedel en 'n vrou nie nader as sy menstrueer nie,

7 en niemand verdruk nie; wat hy vir skuld as pand geneem het, teruggee; geen roof pleeg nie; aan die wat honger het, sy Brood gee en die wat naak is, met 'n kleed toedek;

8 nie leen op rente en geen woeker neem nie; sy hand terughou van onreg, eerlike Regspraak oefen tussen man en man;

9 in My Insettinge wandel en My Regsprake onderhou om eerlik te handel - hy is regverdig, hy sal sekerlik lewe, spreek My Meester JaHWeH.

10 En het hy 'n geweldenaar van 'n seun verwek wat bloed vergiet en net maar een van hierdie dinge doen -

11 terwyl hy self dit alles nie gedoen het nie - as hy ook eet op die berge en die vrou van sy naaste besoedel,

12 die ellendige en behoeftige verdruk, roof pleeg, die pand nie teruggee nie en sy oë opslaan na die drek-idole, gruwelike dinge doen,

13 op rente leen en woeker neem - sal hy lewe? Hy sal nie lewe nie; al hierdie gruwels het hy gedoen; hy moet sekerlik gedood word; sy bloedskuld is op hom.

14 Maar kyk, as hy 'n seun verwek wat al die oortredinge van sy vader sien wat hy begaan het - dit sien en sulke dinge nie doen nie:

15 nie eet op die berge en sy oë nie opslaan na die drek-idole van die huis van JisraEl nie, die vrou van sy naaste nie besoedel

16 en niemand verdruk nie, geen pand neem en geen roof pleeg nie, sy brood gee aan die wat honger het, en met 'n kleed toedek die wat naak is,

17 sy hand van die ellendige afhou, geen rente of woeker neem nie, My Regsprake volbring en in My Insettinge wandel - hy sal nie sterwe weens die ongeregtigheid van sy vader nie, hy sal sekerlik lewe.

18 Sy vader sal, omdat hy aan verdrukking skuldig is, sy broer iets deur roof ontneem het en onder sy stamgenote gedoen het wat nie suiwer is nie - kyk, hy sal deur sy ongeregtigheid sterwe.

19 Maar julle sê: Waarom dra die seun nie saam die straf vir ongeregtigheid van die vader nie? Maar die seun het Reg en Geregtigheid gedoen [en] al My Insettinge onderhou en haar volbring - hy sal sekerlik lewe!

"Huis van Israel, My Huis van Israel, wanneer julle geloof in My, julle liefdevolle Vader, sal wees soos die voëls wat in die lug spring, wetend dat hulle sal vlieg, dan sal julle weet dat julle geloof die ware geloof is wat Ek aan julle gegee het, slegs deur die krag van My Heilige Gees, wat julle hierdie geloof tot, binne en buite julle harte kan gee."

"Julle moet kennis neem, julle moet verstaan en dit in diepte deurdink dat die geloof wat baie in My Huis van Israel nou het, is die geloof deur hul eie toedoen, 'n geloof in hulle eie werke en 'n geloof in hul eie hande."

“Hierdie geloof is 'n gevaarlike en verraderlike geloof, wat die bose een subtiel en met bedrog aan die mens gegee het.”

“Hierdie geloof is vleeslike geloof, dieselfde leuenagtige, selfsugtige en eiegeloof, wat hy wat My teenstaan besit en waarmee hy wat My teenstaan gedink het groter as My goddelike geloof te wees, in sy poging om My troon vir hom aan te matig.”

"Hierdie vleeslike geloof in julle eie werke is maar 'n blote sandkasteel wat wag op die golf wat dit sal wegspoel, asof dit nooit bestaan het nie en hierdie vleeslike geloof sal julle faal wanneer geloof al is wat julle sal besit en al wat julle die meeste nodig sal hê vir die tye wat kom, ja, hierdie vleeslike geloof sal julle faal.”

“Moenie dink, My seergeliefde Huis van Israel, julle moenie nou dink of ooit dink dat hierdie woorde die harde of streng woorde van veroordeling of oordeel is van 'n wrede of hartelose Vader nie, nee, hierdie woorde kom van die lippe van 'n liefdevolle Vader wat weet van die verskrikkinge wat oor sy kinders gaan kom.”

“Hierdie is die woorde van 'n liefdevolle Vader wat baie bekommerd is oor die welsyn van sy kinders wat alreeds so ly.”

“Meer woorde sal nog gegee word en meer woorde sal deur al My boodskappers en al My profete gegee word in hierdie voorbereidings van My goddelike geloof, soos wat Ek, EK IS wat EK IS julle vleeslike geloof vir ewig verwyder.”

"Julle moet weet, julle moet verstaan en in diepte deurdink, My Huis van Israel, dat hierdie geloof wat Ek julle sal gee, goddelik is en deel is van My wese wat My Heilige Gees alreeds in julle harte begin het."

“Hierdie geloof wat Ek aan julle sal gee, is daardie mosterdsaad waarvan Ek julle alreeds vertel het.”

"Julle moet weet, julle moet verstaan en in diepte deurdink, My Huis van Israel, dat in die tye wanneer julle harte My goddelike geloof ten volle ontvang het, tot, binne, en buite julle harte, dan sal julle hierdie gelykenis van die mosterdsaad verstaan."

“Wat, het julle gedink dat Ek opgehou het met My inventaris van die Aarde en alles wat binne sy grense en fondamente lê?”

"Kan julle nie onthou nie, of het julle al vergeet dat Ek gesê het dat My liefde vir julle selfs die aantal hare op julle kop tel?"

“So is dit met hierdie wêreld, die aarde waarvan Ek die inventaris is.”

"Julle moet weet, julle moet verstaan en in diepte deurdink, My Huis van Israel, dat soos wat Ek My wêreld besigtig wat Ek aan julle gegee het om te bewerk, bly dit soos wat dit gebly het, met maar net 'n paar wat die geloof gevind het waarvan Ek spreek."

"Soos wat Ek hierdie wêreld besigtig en soos wat Ek wandel tussen die berge, die seë en die lande, sien Ek slegs die dade van JULLE geloof!"

"My volk gaan ten gronde weens 'n gebrek aan kennis en 'n gebrek aan My goddelike geloof, goddelike geloof wat baie van die herders en geestelike leiers, sedert die val, gefaal het om aan My volk en My Huis van Israel te leer."

"In stede daarvan is aan hulle die vleeslike geloof van die mensdom geleer, wat slegs die behoeftes en verwagtinge van die fisiese wêreld sien en faal hulle om te sien en faal hulle om te verstaan dat daar alreeds in hierdie fisiese behoeftes voorsien is."

“Verstaan julle nie daardie gebed wat Ek aan julle gegee het as JaHshua nie, ‘Onse Vader...’?”

"In daardie een gebed is daar meer geestelike en goddelike waarheid en kennis wat julle nagelaat het om te sien, omdat julle met 'n vleeslike geloof sien en verstaan."

“Daardie gebed is 'n gebed van danksegging in die geestelike en die goddelike begrip dat al wat nodig is, is danksegging vir die dinge van hierdie fisiese wêreld wat Ek reeds vir julle gedoen het en reeds vir julle voorberei het in die band wat Ek dit aan julle gee.”

“Wat, het julle gedink dat gebed slegs woorde is om oor en oor te resiteer, soos wat baie van julle doen, en julle faal om die geestelike en goddelike begrip van daardie gebed te verstaan?”

“Tog is daardie gebed nog 'n voorbeeld van die vlak en die graad van julle vleeslike geloof, want as julle geloof geestelik en goddelik sou gewees het, deur My Heilige Gees, dan sou julle verstaan het en dan sou julle gebede altyd danksegging gewees het!”

"Ek ken julle fisiese behoeftes, en wanneer julle My in hierdie aangeleenthede soek, begin met gebede van danksegging, wetend dat My antwoord aan julle, vir My planne en vir My doeleindes, reeds voorberei en voltooi is vir julle!"

"Huis van Israel, weer Ek sê aan julle, staak julle vergeefse herhalings, wat slegs mense beïndruk en soek My en My geestelike en goddelike kennis en waarhede binne die privaatheid van julle harte, deur My Heilige Gees."

“Goddelike geloof verstaan dit.”

“Goddelike geloof weet om buite die fisiese te soek, tot in die geestelike en die goddelike behoeftes vir die verstand, die liggaam, die gees, die hart en die siel.”

“Hierdie goddelike geloof is daardie geloof wat oor die krag beskik, deur My Heilige Gees, om die verstand, die liggaam, die gees, die hart en die siel te genees.”

“Dink julle julle het hierdie geloof?”

"Julle moet weet, julle moet verstaan en dit in diepte deurdink, My Huis van Israel, dat soos wat Ek My wêreld besigtig wat Ek aan julle gegee het om te bewerk, sien Ek dat hierdie wêreld bly soos wat dit nog altyd was, met dade van JULLE geloof."

“Wie van julle kan met die hand uitreik, 'n gebed, of selfs woorde en die fisiese siekes genees?”

“Wie van julle kan met die hand uitreik, 'n gebed of selfs woorde en aan die lamme sê, staan op en loop?”

“Wie van julle kan uitreik met die hand, 'n gebed, of selfs woorde en vir die blinde sê, maak oop jou oë en sien?”

“Onthou, My Huis van Israel, verstaan en deurdink dit in diepte dat Ek dit doen en voort sal gaan om My wêreld te besigtig wat Ek aan julle gegee het om te bewerk, die wêreld wat bly soos wat dit nog altyd was, met dade van JULLE geloof.”

"Soos wat Ek hierdie wêreld besigtig en soos wat Ek tussen die berge, die seë en die lande wandel, wat Ek dikwels doen, sien Ek steeds hierdie dade van JULLE geloof!"

"Julle moet weet, julle moet verstaan en dit in diepte deurdink, My Huis van Israel, dat soos wat Ek My wêreld besigtig wat Ek aan julle gegee het om te bewerk, bly hierdie wêreld nog altyd soos wat dit was, met dade van JULLE geloof, julle geloof wat maar min vermag het, buiten die groot verwoesting wat JULLE geloof oor hierdie wêreld gebring het regdeur die geskiedenis, MY WÊRELD."

"Soos wat Ek hierdie wêreld besigtig en soos wat Ek tussen die berge, die seë en die lande wandel, is dit My geloof wat Ek so verlang om aan julle te gee, vir julle vrede en vir julle veiligheid, wat Ek grootliks verlang om in julle harte te sien in julle wêreld, wanneer Ek

wandel tussen die berge, die seë en die lande.”

"Dit is My wil, My wil dat julle in die lug sal spring in volkome geloof, oortuiging en vertroue, soos wat die voëls dit doen, wetend dat julle alles deur My kan doen en met die wete dat Ek julle sal antwoord, as julle maar net My werke deur My Heilige Gees sal toelaat in julle harte, om daardie korrel van 'n mosterdsaad van My geloof aan julle te gee."

EK IS wat EK IS.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205