BOODSKAPPE VAN VADER AAN LUKAAS VAN HOUT
LUKAAS VAN HOUT

Hoofstuk 64

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 64 aan Lukaas van Hout op 24 Oktober 2013

Openbaring van die Goddelike Liefde

Dogter van Sion, Berg Sion, My hele volk, al My kinders, op die fondament van JaHshua, bou My woning van My Goddelike Liefde en woon daarin, saam met My, EK IS wat EK IS. Hierdie is My koninkryk, die koninkryk wat Ek julle altyd getoon het deur My woorde en geskrifte. Dit is Ek, EK IS wat EK IS en hierin woon Ek en Ek, EK IS wat EK IS nooi julle in hierdie woning in, deur die sleutel van My Heilige Gees wat slegs hierdie deur kan oopmaak na My Goddelike liefde. Dit is hierdie Goddelike Liefde wat Ek, EK IS wat EK IS bereid is om te deel en aan almal wat deur JaHshua vra, te gee en aan almal wat vra, hierdie geskenk van My Heilige Gees aan hulle geeste, harte en siele. Soos wat Ek hierdie kneg en baie, baie ander hierdie Goddelike Liefde gewys het, so sal Ek, EK IS wat EK IS julle nou wys! Dit is deur hierdie Goddelike Liefde wat selfs groter geestelike waarheid vir julle wag en selfs groter kennis op julle wag! Dit is hierdie selfde Goddelike Liefde wat Henog, Melgisédek, Moses, Elia, Jesaja, Jeremia, Daniël en ander in gewoon het, wat hulle gelei het na die groot waarhede wat Ek, EK IS wat EK IS aan hulle gegee het en dit is hierdie selfde Goddelike Liefde wat Ek, EK IS wat EK IS bereid is om te gee en te deel met almal wie se geloof sterk genoeg is, wie berouvol genoeg is en nederig genoeg is om te soek, te aanvaar en te glo dat Ek, EK IS wat EK IS, hierdie groot geestelike waarhede en kennis sal deel. Wat? Sommige van julle dink nog steeds dat Ek, EK IS wat EK IS alles gesê het wat nodig was om te sê en dat Ek, EK IS wat EK IS niks meer het om te sê of te openbaar nie? Kom weg van hierdie valse vooroordele! Dit is die leuens wat die teenstander in julle gedagtes en harte ingefluister het, om julle weg te hou van hierdie Goddelike Liefde en al hierdie waarhede wat Ek, EK IS wat EK IS vir julle voorberei het vir hierdie tye, daardie tye en die tye sal kom en tye wat nog nie eers gesien is nie. Dit is MY WIL, MY WIL, MY WIL dat My skepping van lewende wesens, en nie net die mens nie, maar van My leërskare regdeur die hemele, sal voortgaan om groter en groter geestelike waarhede en kennis te leer en regdeur die hele ewigheid sal hierdie waarhede voortgaan om uit te brei, na selfs nog groter hoogtes van kennis en geestelikheid, en vir ewig sal dit uitbrei! Dit sal uitbrei tot sulke hoogtes van kennis en waarheid dat daar nie eers begin kan word om daaraan te dink of dat dit aan julle oorgedra kan word nie, so groot is hierdie waarhede en kennis wat Ek, EK IS wat EK IS beplan en voorberei het vir al My skeppings. Hierdie selfde waarhede, hierdie selfde geestelike kennis, waartoe die teenstander eens toegang gehad het, hierdie selfde waarhede, geestelike kennis en vele kennis van die heelal en My koninkryk, het die teenstander eens geken en is dit geweier, nadat hy uitgewerp is uit die hemele. Dit is hierdie groot waarhede en kennis wat die teenstander teen die mensdom gebruik het, om die mensdom in duisternis en slawerny te hou, wat hy en sy demoniese leër weerhou het van die mensdom, sodat die mensdom nie die waarheid van die Goddelike Liefde sou ontdek en in hierdie Goddelike Liefde sou leer om al die werke van sy demoniese leërskare te herken nie. Dan sal die teenstander en sy demoniese leërskare verslaan word van die mensdom, deur hierdie kennis van Goddelike Liefde op al die maniere wat hy en sy leërskare dit leer ken het, deur middel van die kennis wat hulle gehad het, toe hulle uitgewerp is uit die hemele, hierdie selfde kennis wat die teenstander en sy demoniese leërskare teen die mensdom gebruik het sedert die val. Hierdie is deel van die stryd wat teen die mensdom gevoer is sedert die val in Eden en hierdie is die duisternis waarmee die teenstander die mensdom gevange gehou het, hierdie duisternis, - dis `n eenvoudige waarheid wat die lig en die sleutel is tot alles wat Ek, EK IS wat EK IS, - MY GODDELIKE LIEFDE wat alles openbaar!

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205