BOODSKAPPE VAN VADER AAN LUKAAS VAN HOUT
LUKAAS VAN HOUT

Hoofstuk 46

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 46 aan Lukaas Van Hout op 5 Oktober 2013

Die vals leer -  Stad van die Filistyne

Skryf hierdie woorde aan die stad van die Filistyne. EK IS wat EK IS. Ek ken julle werke, Ek weet dat julle wandel met 'n valse voorkoms as 'n huis van Israel, tog dien julle Dagon en Baäl. Alhoewel julle trotse woorde spreek, wonderlik in hulle voorkoms, gevul met simboliek en obskure betekenisse om My volk te verlei, om hulle met hierdie woorde te betower en daardeur voor te gee dat julle My aanbid, tog ken Ek, EK IS wat EK IS julle werke en weet Ek wie julle dien. Julle het julleself verryk deur hierdie vele jare, - rykdomme van die volk, rykdomme van posisie, status en bekendheid en rykdomme van valse aanbidding, tog ken Ek julle werke. Ek het baie gestuur om julle te waarsku. Ek het keer op keer met julle harte gepleit en slegs as gevolg van die vurige gebede van julle broers en susters van My ware huis van Israel, het Ek My hand teruggehou. Tog weier julle My en My waar­skuwings en nou bedink julle 'n slim, bose plan om My bood­skappers aan te val. Is julle nog steeds so blind en doof dat julle in My, EK IS wat EK IS, se krag twyfel om julle dade deur My Heilige Gees te openbaar aan My dienaars? Julle slinkse en onderduimse gewaad wat julle dra in julle vergeefse poging om My boodskappers te mislei, is aan hulle bekend en was al lankal aan hulle bekend, nog voordat julle sulke boosheid teen hulle, My uitverkorenes, bedink het. Ek, EK IS wat EK IS het hulle hart en gees voorberei om julle aanvalle te weerstaan die dag wanneer julle hulle openlik voor die volk sal aanval. Met groot woorde beplan julle om hulle, My uitverkorenes, aan te val. Ken julle nie My woord nie? Kan julle nie sien hoeveel keer Ek My volk, My profete en My boodskappers te hulp gekom het nie? Almal wat uitroep na My en My wil doen, die beskerm Ek. Onthou julle nie My woord nie? Weet julle nie dat in die tye wat My uitverkorenes aangeval word, Ek aan hulle die woorde sal gee wat hulle nodig sal hê in daardie tyd en in daardie tyd sal al die woorde waarmee julle hulle aanval, julle ware aard openbaar aan almal wat in die tyd sal kyk, sodat hulle in tye daarna sal weet wat julle gedoen het. In julle blindheid en misleiding van julle eie verbeelding vir eie gewin en krag, gee julle lering en bied My woord in geslepe valsheid aan sodat alles wat julle gespreek het, bedrieglik was. Wat julle gedoen het, het julle net vir julleself gedoen, sodat julle in hoogagting bevoordeel kon word by die volk, aanbid kon word deur hulle, want in 'n valse aanbidding in My Naam het julle hierdie dinge gedoen om deur die volk gesien te word, sodat hulle kon sien dat julle hierdie werke gedoen het. Die woorde wat julle opgeneem het, in julle denke om My volk te mislei om te glo dat julle, met julle valse leerstellings, deur My gestuur was, hierdie einste woorde sal kom om julle te verdoem en te veroordeel in hul valsheid. Ek, EK IS wat EK IS maak nou die deur oop vir My Heilige Gees om onder die volk uit te gaan en dit sal veroorsaak dat hulle julle geskrewe woorde sal opsoek, sodat hulle, deur My Heilige Gees gelei, die valsheid van julle aangetekende woorde sal openbaar. Ek sal die gees en hart van Dawid en Simson in hulle harte in spreek. Met 'n slingervel sal hierdie Dawids julle valse leerstellings platvee met die klippe van My woord. My baie Simsons sal met die krag van My woord in julle valse stad inkom en met die krag van My woord sal hulle die valse pilare van lering omgooi wat hierdie valse huis van Israel regop hou, hierdie stad van Filistyne, en julle stad sal val en almal van julle sal daarmee saam val, en hulle wat julle omgegooi het, sal vir julle lag en julle ondergang spot, so gruwelik sal hulle ontdek wie julle, julle werke en julle vals lering was. EK IS wat EK IS.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205