BOODSKAPPE VAN VADER AAN LUKAAS VAN HOUT
LUKAAS VAN HOUT

Hoofstuk 92

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 92 aan Lukaas van Hout op 28 November 2013

Die wandelende dooies

Dit was baie dae sedert Ek, EK IS wat EK IS deur My Heilige Gees begin spreek het in jou hart om hierdie woorde aan My hele volk te skryf, elkeen van hulle. Tog, selfs toe jy begin het om hierdie woorde te skryf, so dikwels as wat dit in die verlede was met ander woorde, het jy na My stem geluister en opgehou skryf, wetende en in vertroue in My soos wat jy altyd doen, dat Ek die woorde sal gee wanneer die tyd, My tyd, ja My tyd, EK IS wat EK IS se tyd aangebreek hert om jou instruksie te gee om te skryf. Jy het getrou na My Heilige Gees geluister en het aandag gegee aan die dinge wat Ek deur My Heilige Gees in jou hart geplaas het om diens te verrig, eerstens vir My en dan aan My volk, My kinders, My huise van Israel en My Dogters van Sion. Die tyd het aangebreek om hierdie woorde te skryf en skryf nou die woorde op wat Ek deur My Heilige Gees aan jou openbaar om te skryf, skryf hierdie woorde aan My hele volk. Vertel hulle van My wandelende dooies. Ja, vertel hulle van My wandelende dooies. Sommige weet reeds. Sommige is nog in die duisternis waarom hulle My wandelende dooies genoem word. Verras dit julle? Het Ek nie vele kere vir julle gesê dat Ek regdeur alle tye bestaan vanaf die verlede tot by die ewigheid der ewighede nie en tot hede toe weet en leef Ek, EK IS wat EK IS al die dinge van die mens, selfs deur die gebruik van hierdie woorde, My Wandelende Dooies. Lyk dit of hierdie woorde van julle wêreld, van My af, EK IS wat EK IS, dalk spreek van die herrese dooies? Nee, dit is nie die herrese dooies nie. Die dooies rus volgens My geskrewe woorde. Hierdie, die wandelende dooies onder julle, is hulle wat weet dat hulle fisiese liggame getref is deur siekte wat op tyd, My tyd, ja, My tyd, Myne, Ek, EK IS wat EK IS, op My tyd sal Ek hulle huis toe neem. Hulle weet dat hulle lewens op hierdie wêreld geëindig het, die dag toe hulle siekte aan hulle getoon is. Hulle weet dat hulle nou slegs deur My genade lewe en elke oomblik wat hulle leef, reken hulle hulleself geseënd, net vir hierdie ekstra oomblikke van lewe reken hulle hulleself geseënd en elke oomblik daarvan is hulle dankbaar vir al hierdie enkele oomblikke van lewe op hierdie wêreld. Hulle, My wandelende dooies, is gekies om My wandelende dooies te wees, want in hierdie kennis van hul naderende dood, deur hierdie siektes, word baie van hulle in nederige geloof aan My gebonde, wetende dat dit Ek, EK IS wat EK IS, is wat hulle dae verleng soos wat Ek kies om hul dae te verleng vir My planne en My doeleindes, nie net vir hulle nie, maar omdat Ek sommige van hulle gekies het om My lig te wees op enige wyse wat Ek aan hulle sal gee om hierdie lig te wees. Hulle sal hierdie lig wees aan My volk, My kinders, My huise van Israel en My Dogters van Sion. My wandelende dooies, hierdie woorde is vir julle en ja, vir almal wat hierdie woorde lees, sodat hulle die groot geloof kan verstaan wat Ek aan julle gegee het, My wandelende dooies. Hierdie woorde is ook vir diegene onder julle wat My nog nie ken nie, terwyl Ek, EK IS wat EK IS julle genadige en liefdevolle Vader is. Diegene wat My nog nie ken nie, Ek spreek met julle en diegene wat hierdie woorde ken, nogtans sal Ek herhaal sodat almal kan verstaan. Ek het hierdie tyd aan julle gegee om julle lewens te heroorweeg en julle lewens te verander soos wat Ek aan julle deur My Heilige Gees geopenbaar het. Ek het hierdie tyd aan julle gegee, want Ek, EK IS wat EK IS het julle harte deursoek en bevind dat hulle My ywerig gesoek het, nie net as gevolg van die siekte nie, maar in julle diens aan julle broers en susters het Ek julle werke gesien. Ander wat My nog nie ken nie en wonder waarom Ek julle lewens verleng het, dit is om dieselfde redes, want Ek, EK IS wat EK IS het 'n magtige roeping vir julle, ja julle, My beminde en gekoes-terde wandelende dooies. Ek spreek tot julle as julle liefde­volle Vader om julle te help om te verstaan waarom julle lewens nou so is en waarom dit verleng is. Nou ken julle die dood en julle het die dood ontmoet deur julle vele beproewinge en verdrukking as gevolg van julle siekte. Julle het dood begin sien, nie as 'n vyand nie, maar as 'n vriend, hy, die dood wat in My Naam kom met die sagste genade en die grootste liefde om julle eendag huis toe te bring na My in My koninkryk, Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS en na My koninkryk sal julle kom. Julle het die dood leer ken en in hierdie wete het baie van julle julle absolute geloof in My geplaas om die uur te bepaal waarin Ek julle huis toe moet bring. Dit is meer as net geloof alleen. Hierdie geloof omvat julle nederige aanvaarding en vertroue in My in alle aspekte van julle lewens. Dit is ook 'n tyd wanneer julle die kwesbaarste, eerlikste en opregste is. Dit is hierdie selfde soort geloof, wanneer julle die kwesbaarste, eerlik­ste en opregste is in julle aanvaarding van My in hierdie nederige vertroue, wat die geskenke is wat Ek aan julle gegee het as gevolg van julle siekte. Baie van julle het tot My gebid en gevra vir die genesing van julle fisiese liggame en dit is hoe Ek julle genees het, deur hierdie geloof, soos wat Ek aan julle getoon het, deur hierdie woorde. In die tye wat kom, daardie tye wat voorspel is, sal baie van julle spreek van hierdie geloof wat geleer is deur julle naderende dood, sal julle alles spreek wat julle geleer het om julle broeders, wat nog nie die dood ken nie, van die vriend wat die dood is vir die mensdom in die uur wanneer die dood na hulle toe kom. In hierdie dood, is My liefdevolle leërskare daar om julle en almal van julle te ontvang wie Ek deur die dood huis toe roep en dan op die vasgestelde tyd in My koninkryk waar Ek, ja Ek, julle liefdevolle Vader, Skepper van alles wat is, was en sal wees, ja Ek! EK IS wat EK IS, Ek sal julle persoonlik verwelkom in My koninkryk, in My ewige omhelsing van liefde! Ek sal die trane van julle oë afvee en die pyn van julle aardse lewens en gewonde harte genees soos wat julle leer om met My in My koninkryk en in My woning van ewige liefde en ewig onthullende liefde te woon. Onthou My soos wat Ek, EK IS wat EK IS julle altyd onthou, elke oomblik van elke uur van elke dag en nag onthou Ek, EK IS wat EK IS julle met liefde. EK IS wat EK IS, DINK AAN MY, Ek het julle so lief!

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205