BOODSKAPPE VAN VADER AAN LUKAAS VAN HOUT
LUKAAS VAN HOUT

Hoofstuk 47

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 47 aan Lukaas Van Hout op 7 Oktober 2013

Goddelike minute is nou Goddelike sekondes

Die tyd het aangebreek, My kinders van die Huis van Israel in Suid-Afrika; Goddelike minute is nou Goddelike sekondes, tot by die tyd van vlug. Onthou die woorde, My woorde, EK IS wat EK IS wat julle sal lei en die paaie sal wys wat julle moet volg! Berei julle leiers en voogde van My volk voor en diegene wat op My woord bly wag, vanaf hierdie oomblik aan moet julle altyd in voortdurende gebed wees met My. Praat met My waar julle ookal is, Ek is langs julle om julle te lei en om julle die wysheid en die moed te gee om besluite te neem waarmee Ek julle nou sal lei om in My Naam te maak, Ek, EK IS wat EK IS en soos Ek, EK IS wat EK IS julle belowe het sedert die mensdom in hierdie wêreld begin het, sal Ek julle in alle dinge lei. Berei voor vir My bevel, berei voor om My bevel om te vlug te ontvang. Die Ramshoring het geblaas! Onthou, onthou, onthou, kyk nie regs of links nie, nie boontoe, ondertoe of agtertoe nie, kyk reguit vorentoe vir My Engele wat voorberei is om julle te lei deur die hordes wat probeer om julle pad te belemmer. Plaas julle hand op My, soos wat Jakob gedoen het, en laat julle hand wat julle in geloof op My geplaas het, nie los nie! As My Engele julle op 'n ander manier lei as wat julle gedink het, volg hulle! Wanneer julle hierdie reis begin, wy julle huis aan My met hierdie teken, salf hulle met olie, met olie sal julle, julle huis salf sowel as almal wat saam met julle sal wees, want dit sal 'n teken tussen My en julle wees. Bid voor hierdie salwing en na hierdie salwing en almal wat saam met julle is, moet nie ophou om te bid wanneer julle sal vlug na hierdie salwing nie! Ek sal My Heilige Gees in julle harte en gedagtes gee om julle vuriglik in gebed met My te bind. As julle gelei word om deur My Gees te sing, sing; as julle gelei word om My woorde te spreek, om die demoniese leër te beveel, spreek My woorde in daardie tye met groot gesag, wat Ek aan julle sal gee deur My Heilige Gees, spreek My woord teen hierdie demoniese geeste! En in My Naam, Ek, EK IS wat EK IS ken hierdie woorde aan julle toe wanneer hierdie hordes teen julle staan. Sê aan hulle: "In die Naam van ELOHIM, ELOHIM, ELOHIM, EK IS WAT EK IS, skepper van alle dinge, die Vader van die Vaders en die Voorvader van Voorvaders, beveel Ek julle om eenkant te staan en ons te laat deurgaan in die Naam van Sy eniggebore JaHshua, staan julle opsy! Julle wat beheer oor die swaard sal hê, het opdrag om My Dogters van Sion te beskerm, waar hulle ookal mag wees. Sommige sal in groot kampe staan, ander in klein kampe. Beskerm My dogters waarheen Ek julle ookal sal stuur en daarheen moet julle gaan! Julle sal soos wilde manne word in hierdie tye wat kom, wilde manne, troppe wolwe wanneer julle van kamp tot kamp sal gaan soos wat Ek julle sal lei. Vertoef vlugtig in hierdie plekke en wag op My woorde om julle te wys waarheen en wanneer Ek julle sal stuur na die volgende plek. Met baie slinkse planne sal julle vyande planne in werking stel om julle te vind, om julle bloot te stel en om julle te vang om julle dood te maak en sommige te dwing om die volk te verraai. Julle moet nooit lank vertoef in hierdie kampe waarheen Ek julle sal lei vir die verdediging daarvan of om julle te verfris nie. As julle langer sal vertoef as die tyd wat Ek aan julle gee, sal julle gevind word en in die hande van julle vyande oorgegee word en vele kampe sal weggedra word en in duister kettings sal hulle weggedra word, baie tot die dood en gevangenisstraf met misdade teen hulle in sulke barbaarsheid, dat dit nie beskryf kan word nie, so barbaars sal hierdie misdade teen hierdie volk wees. Onthou, Ek, EK IS wat EK IS is met julle en sal met julle wees deur middel van die vele wat Ek gestuur en voorberei het om te spreek en My woorde aan julle skryf, EK IS wat EK IS, hoor My O, My geliefde bruid, My geliefde Israel!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205