BOODSKAPPE VAN VADER AAN LUKAAS VAN HOUT
LUKAAS VAN HOUT

Hoofstuk 148

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 148 aan Lukaas van Hout op 25 Januarie 2014

Die bitter oes van druiwe in die Huis van Israel

"Hierdie woorde sal jy slegs hier skryf vir diegene wat na My gekom het in hul geloof en in hul vertroue in My, hulle liefdevolle Vader, EK IS wat EK IS."

"Jy moet nie nou of ooit vrees oor die getalle van hulle wat My wil navolg nie."

"Dit was nog altyd so dat wanneer die mens op sy swakste is, My krag vervolmaak word onder julle!"

"Alles moet gebeur en alles sal wees vir My planne en vir My doeleindes in My tyd vir My Huis van Israel"

"In die voleinding van tyd, gedurende hierdie tye, die tye wat kom en die tye daarna, sal Ek, ja Ek, jou liefdevolle Vader, EK IS wat EK IS, jou ten volle deur My Heilige Gees laat verstaan waarom hierdie dinge so moes gewees het."

"Soos wat Ek baie keer vir jou gesê het en nooit sal ophou om jou te vertel nie, sal My woorde lewend, geskrewe en gesproke altyd met julle wees!"

"Het Ek julle nie alreeds gesê van die bitter en salpeter oes van die Boland nie?"

"Het Ek nie vir julle gesê om die waarheid van My woorde met julle harte te soek en om te soek vir hierdie geestelike waarhede wat Ek in My woorde vir julle weggesteek het nie?"

"Ek het beide van die wyn van die oes van druiwe en die oes van die wyn van die siele van die Huis van Israel binne My Suid-Afrika gespreek."

"Hierdie versameling van die Huis van Israel voor Farao is vir My planne en vir My doelwitte om hierdie Huis van Israel te laat ontwaak van hul sluimering van die vettigheid van hul slawerny wat hulle bind om slawe te bly in hierdie Egipte."

"Ja, dit is 'n bitter en salpeter oes van hulle wat slegs met hulle monde voorgee dat hul begeerte is om vry van Egipte te wees, maar hulle harte begeer om slawe te bly en hul harte gaan voort om die valse gode van Egipte te begeer. Maar neem kennis en verstaan dat dit slegs blyk om 'n bitter en salpeter oes te wees."

"Selfs wanneer die druiwe in asyn verander, dien die asyn nog sy doel en so sal die asyn van hierdie bitter en onsmaaklike oes sy doel vir My dien."

"Ek is die meester van hierdie wingerd en hierdie druiwe in My wingerd, wie julle is, bevat meer wyn van My waarhede as wanneer julle miljoene was."

"Nou ontwaak My Huis van Israel 'n bietjie meer en nou verstaan My Huis van Israel selfs nog meer van My woorde vir hierdie tye, die tye wat kom en die tye daarna, as gevolg van hierdie versameling voor My en in My tyd sal hierdie getalle selfs meer en meer en meer word, soos wat Ek wil in My tyd vir My Huis van Israel."

"Moenie vrees nie, kleine kinders, vrees nie, EK IS met julle in al hierdie aangeleenthede en sal voortgaan om altyd met julle te wees."

"Vrees nie nou nie, My liewe kinders, vrees nie nou of wees nie ontsteld nie, nooit nie!"

"Hierdie dinge moet so wees vir My planne en vir My doel; en neem eerder groot vreugde in die wete dat dit nog een stap is wat nodig is vir My wil om bekend te word in My Huis van Israel."

"Neem kennis en verstaan dat al hierdie stappe besig is om te werk in die harte van My Huis van Israel, binne en buite My Suid-Afrika."

"Neem kennis en verstaan dat hierdie vertroue in My woorde aan julle moet op die waarheid gebou word, wat Ek aan julle gee deur My Heilige Gees, soos wat julle in staat is om hierdie waarhede en My woorde te dra."

"Neem kennis en verstaan dat al hierdie stappe om My wil te bereik vir My Huis van Israel nooit tevergeefs is nie!

"Neem kennis en verstaan dat elke dag self nog meer van My Huis van Israel binne en buite My Suid-Afrika, wie nog onbekend is vir julle, ontwaak tot My woorde, ja My woorde, Ek, Ek, EK IS wat EK IS!"

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205