BOODSKAPPE VAN VADER AAN LUKAAS VAN HOUT
LUKAAS VAN HOUT

Hoofstuk 61

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 61 aan Lukaas van Hout op 22 Oktober 2013

Waarskuwing teen die valse leraars

Herders, wagters op die mure, hulle wat hulleself verklaar as geestelike leiers, julle wat vals is en vir My volk lieg met My woorde, geslepe het julle My volk, My kinders aan die slaap gemaak en hulle in 'n diepe slaap gedwing teen My ware woorde! Julle het My op elke moontlike manier en op elke moontlike wyse verraai en weer bevestig Ek, EK IS wat EK IS My oordele en veroordelings teen julle! My kinders, My volk, My bruide sterf! My kinders, My volk, My bruide word verkrag! My kinders, My volk, My bruide word vermoor! My kinders, My volk, My bruide word beroof en op so 'n wyse dat Ek, EK IS wat EK IS en My hele hemelse leërskare moet wegdraai van hierdie brutaliteit en wreedheid, want ons kan nie sulke dinge aanskou nie. Tog kyk julle openlik en vroom na sulke dinge en openlik en vroom weier julle om hierdie dinge te sien en My volk te waarsku soos wat Ek, EK IS wat EK IS, julle beveel het om te doen! Tog verkondig julle nog My woord verwaand, vroom, hooghartig en in alle valsheid onder die volk. Julle weier My in My aangesig deur julle minagting vir die woorde wat Ek deur My, ja, My vele hande en monde gespreek het om julle wakker te maak om te bekeer en My volk te waarsku, tog wil julle nie, julle weier My en julle weier My Heilige Gees wat tevergeefs gepleit het met julle bedrieglike en korrupte harte gedurende hierdie vele jare! JULLE wat Ek, EK IS wat EK IS geroep het tot My diens, Ek, EK IS wat EK IS het julle geroep om My kinders te lei en langs die pad het julle My ware woord verlaat vir julle eie selfsugtige begeertes en luste van julle harte, sosiale posisie en bekendheid het julle My, My Heilige Gees en My kinders verraai! Ek sien julle, eng sien Ek julle en eng oorweeg Ek julle voor My troon en Ek sien julle in julle vals huise van aanbidding, hierdie huise van Satan! Ek sien julle in julle binnekamers en julle vergadersale en in elke vorm van julle kommunikasie sien Ek julle en Ek sien julle in al die bose leuens van skynheiligheid en verdoemenis van My woorde waar julle My volk aan die slaap maak teen hierdie waansin en die waansin wat moet kom. Ek, EK IS wat EK IS en EK SIEN JULLE! Lees hierdie woorde en sien nie My woede nie, sien My siedende haat teen al julle valse werke wat tot die vernietiging van My volk en My land gelei het! Julle dink Ek is magteloos! Julle dink Satan is magte­loos! Julle dink dat hierdie teenstander `n mite en `n versinne­beelding is! Julle het My volk verraai om hierdie leuens te glo wat in julle ore gefluister is deur die einste mond van Satan! Selfs teen My woorde wat julle waarsku teen die teenstander, die Satan, hy wat die eerste leuen, die eerste sonde, die eerste dood, laat ontstaan het, hy wat My verraai het en 'n derde van My hemelse leër mislei en baie verwoesting aangerig het in My koninkryk, het Ek, EK IS wat EK IS julle gewaarsku deur My woorde! Tog het julle My woorde geïgnoreer en hom met 'n gewillige hart toegelaat om sy leuens in julle ore te fluister! Toe word julle die mond van die teenstander en spreek en skryf hierdie veragtelike misleiding aan My volk, My kinders en in MY NAAM het julle hierdie gruwelike boosheid gedoen! As gevolg daarvan en die diepe slaap wat julle die Satan toegelaat het om My volk mee te betower, met al hierdie valse woorde en demoniese leuens van ongekende misleiding, sal Ek die Satan en sy demoniese leër nou ten volle toelaat in julle vergaderings, onder julle gemeentes, in al julle vorme van kommunikasie, waar julle ookal en hoe julle ookal ontmoet en kommunikeer sal Ek, EK IS wat EK IS vir Satan en sy leërskare onder julle toelaat! Met al hul barbaarsheid en vuil versinsels binne hul vermoë en kennis, sal Ek, EK IS wat EK IS hulle nou loslaat onder julle. EK IS wat EK IS, EK SAL NIE MEE GESPOT WORD NIE! Hierdie dienaar wie se hande nou soos My eie is om My woorde aan julle te skrywe, hierdie selfde hande wat julle bespot en verag, hierdie hande, het Ek, EK IS wat EK IS doelbewus gekies. En uit 'n ver land, uit die land van Efraim, het Ek het hierdie hande gekies. Hierdie selfde hande wat Ek in My krag gegee het aan My volk, My land, MY KINDERS, het Ek, EK IS wat EK IS doelbewus gekies om My woord te gee aan My volk en My kinders en het Ek, EK IS wat EK IS doelbewus gekies en Ek sal dit weer sê, EK HET HIERDIE HANDE GEKIES, want hierdie hande doen wat Ek beveel, wanneer Ek beveel en hoe Ek ookal beveel, staan hierdie hande van hierdie dienaar My by, EK IS wat EK IS, terwyl julle My nie bygestaan het in hierdie uur wat Ek julle geroep het nie, want in hierdie uur van groot nood onder My volk, het julle julle harte vir My gesluit vir julle eie selfsugtige begeertes van julle vuil en verdorwe harte. Hierdie hande staan My by, ongeag die koste, lyding, pyn en selfs die lewe van hierdie hande, staan hierdie hande My by! Hierdie selfde hande wat nooit die voordeel van die groot leerskole van julle wêreld gehad het nie, dieselfde hande wat die ervaring van 'n klawerbord kort, dieselfde hande wat die geringste onder My volk is, hierdie hande, hierdie hande, hierdie hande van 'n verbryselde en nederige sondaar, het Ek gekies om My woord oor te dra aan My volk, in weerwil van julle, vir al die boosheid wat julle aan My gedoen het in My Naam. Ek, EK IS wat EK IS het dit gedoen deur middel van hierdie hande om julle My krag en My heerlikheid te wys, dat selfs die swakste en die geringste in die koninkryk My wil sal doen, bloot omdat hierdie hande My glo en My stem gehoor het en met 'n verbryselde en nederige hart My slegs wil dien in liefde vir My en My volk, My kinders, eerder as wat julle gekies het vir julle eie selfverheer­liking. Ek het julle voorheen gesê en Ek sal julle weer vertel dat Ek My woorde sal vermeerder deur hierdie gewillige hande en vermeerder sal Ek en Ek sal hulle buite die grense van hierdie volk vermeerder in die oordeel teen julle! EK IS wat EK IS, nou kom julle oordele soos wat dit geskryf is, en so sal dit gedoen word. EK IS wat EK IS.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205