BOODSKAPPE VAN VADER AAN LUKAAS VAN HOUT
LUKAAS VAN HOUT

Hoofstuk 183

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 183 van Elohim aan Lukaas van Hout op 24 Mei 2014

“Skryf My woorde, die tyd is min.”

"Huis van Israel, My Huis van Israel, Dogter van Sion, My Dogter van Sion, waarom is so baie van julle nog skugter vir My liefde wat Ek in oorvloed vir julle aanbied, meer as wat die mensdom selfs kan begin om te begryp in hierdie lewe?"

“Ek is egter net in staat om glimpe van hierdie liefde met julle te deel, wil graag met julle deel en sal nog meer met julle wil deel, soos wat julle in staat is om te dra en te soek.”

"My liefde is ook My woorde aan julle."

“Het ons nie gepraat oor My geestelike en Goddelike waarhede en dat Ek hierdie deure tot, binne en buite julle harte geopen het, sodat julle hierdie waarhede kan vind nie?”

"Glo, vertrou en weet dat hierdie deure binne, buite en in julle harte deur My geopen is, julle liefdevolle Vader."

"Huis van Israel, My Huis van Israel, Dogter van Sion, My Dogter van Sion, My Seun en My Dogter, is My tuin nie ook aan julle getoon deur die woorde wat Ek deur ander gegee het en wat Ek nou herhaal en bevestig in hierdie woorde wat Ek op hierdie oomblik aan julle gee nie?"

"Ek het hierdie dag van dae gekies, MY HEILIGE EN AFGESONDERDE SABBAT om hierdie woorde tot die hart van hierdie dienskneg te spreek om My woorde aan julle te skrywe."

“Hierdie woorde word vandag in dieselfde gees aan julle gegee, as toe Ek, EK IS wat EK IS JaHshua daarop gerus het van My skeppingswerk, verheug en na alles gekyk het wat geskep is!”

“Hierdie woorde word aan julle gegee in daardie selfde gees van My geestelike en goddelike liefde van die skepping, sodat julle kan leer om in My liefde te vertrou en om uit te reik na My liefde en om die dieper geestelike en Goddelike waarhede te verstaan op hierdie dag wat aan julle gegee is, deur hierdie dienskneg.”

"Huis van Israel, My Huis van Israel, Dogter van Sion, My Dogter van Sion, My Seun en My Dogter, kom nou saam met My en Ek, Ek IS wat EK IS, Devar HaChayim, die Woord van die Lewe, Ek sal julle met My eie hand lei deur hierdie deure na My Geestelike en Goddelike ryke toe."

“Kom hierdie oomblik in geloof en vertroue saam met My en Ek sal julle deur daardie deure lei, innerlik, buite en op julle harte na My tuin, My geestelike Getsemané, waarin julle My, My vrede en My liefde altyd sal vind, deur hierdie deure wat in julle harte geopen is.”

“Volg My op hierdie pad van My liefde wat groter is as enige mag, volg My, EK IS wat EK IS, JaHshua, want dit is in hierdie tuin waar Ek met julle sal wandel en met julle sal spreek en die wonders van My geestelike en Goddelike waarhede sal deel, wat julle nie ken nie en wat julle nie weet julle soek nie.”

“Kom saam met My, My Seun en My Dogter, wandel saam met My, terwyl ons praat oor hierdie aangeleenthede, sit saam met My langs die koel waters van die lewe wat van onder My boom van die lewe uitvloei en drink saam met My hierdie geestelike en Goddelike water van die lewe, wysheid en kennis wat Ek so graag vir julle wil gee en altyd met julle sal deel!”

"Kan julle nie onthou nie, of het julle al die woorde vergeet wat Ek tot die hart van My kneg Dawid gespreek het, dat Ek julle sal lei deur groen weivelde en stille waters om julle siele te herstel?"

"Kan julle nie onthou nie, of het julle al hierdie woorde vergeet?"

"My dienskneg Dawid het van My tuin geweet en van My tuin geskryf!"

“Is dit nie in die boek van die Psalms geskryf nie?"

“Hoe is dit, kleine kinders, dat daardie woorde wat van My tuin getuig, julle so ontwyk het?”

"Kan julle nou begin sien en kan julle nou begin verstaan, deur die geestelike en deur die Goddelike, dat daardie woorde wat tot die hart van Dawid gespreek was, meer was as die groen weivelde en stil waters van hierdie wêreld?"

"Kan julle nou begin sien en nou begin verstaan, deur die geestelike en die goddelike, dat daardie woorde meer was as 'n letterlike, sekulêre metafoor of allegorie?"

“Daardie woorde het gespreek van My tuin, My geestelike en Goddelike Getsemané, wat 'n tuin is wat die oog nie kan ophou om in verrukking na te kyk of aan te staar nie, as gevolg van die voortgesette skoonheid wat voor daardie einste oog ontvou.”

“Hierdie aangeleenthede waaroor ons nou oor moet praat, moet deur julle verstaan word en dit is My wil dat hierdie aangeleenthede deur julle verstaan word in My geestelike en selfs in My Goddelike Getsemané.”

"My Huis van Israel en My Dogter van Sion, het die profete en selfs My boodskappers nie tot op die huidige dag vir julle gesê en aan julle bevestig dat julle volke herstel moet word, en hierdie volke 'n Heilige Volk vir My sal wees nie?"

“Het die profete en selfs My boodskappers tot op hierdie huidige dag, julle nie hierdie dinge vertel en aan julle bevestig nie?”

"Kom, My Seun en kom, My Dogter, wandel saam met My in hierdie tuin en kyk met die oë van julle harte na wat Ek in daardie tye vir julle berei het rakende die herstel van julle volke as My Heilige Volk."

“Het Ek nie vir julle gesê dat gedurende daardie tye, My aarde haarself aan julle sal gee, soos wat `n moeder haar pasgebore kind voed nie?”

“Het Ek julle nie gesê van die wingerde waarin julle sal plant, oes en saai nie?”

“Is al hierdie dinge nie reeds bespreek en bevestig deur My geskrifte en deur My profete en deur My boodskappers, selfs tot vandag toe nie?”

“Open die oë van julle harte en sien die wingerde wat Ek so liefdevol vir julle voorberei het vir julle vreugde, julle arbeid, julle rus, julle vrede en julle feesviering saam met My op die Sabbatte wat kom, en van die wonders van My skepping wat Ek vir julle in My liefdevolle hande hou vir daardie tye en wat Ek gehou het, voordat die fondamente van hierdie wêreld gelê is!”

“Het julle dit nog nooit oorweeg of ooit verstaan dat gedurende die tye van die herstel van julle volke, dat Ek die werke van hierdie herstel vir julle gereserveer het, sodat julle jul sal verlustig in die herbouing van julle volke, My Heilige Volk wanneer Ek hierdie wêreld as Jahshua regeer?”

"Kom, My Seun en kom, My Dogter, sit saam met My en drink van die water van die lewe en verstaan hierdie dinge."

"Julle moet weet en julle moet verstaan dat dit met groot hartseer en geween sal wees dat julle jul volke uit My hand sal ontvang, want hierdie volke sal vir julle teen 'n groot koste kom gedurende hierdie tye voor My duisendjarige vrederyk."

In hierdie tye van smart en die tye wat nog moet kom van selfs nog groter smarte en ellende, sal My Huis van Israel en My Dogter van Sion `n klaaglied hef oor haar kinders, so groot sal hul lewensverliese wees.

Hierdie dinge moet so wees, My Seun en My Dogter, hierdie volke moet met daardie prys gekoop word, sodat julle harte met My nederigheid voorberei kan word, wanneer julle gaan begin om julle volke te herbou.”

“Hierdie dinge moet so wees, My Seun en My Dogter; hierdie dinge moet so wees om die oë van julle harte nog dieper vir die geloof te open, sodat julle My deure herken en nie aarsel om hierdie deure te soek wat tot My geestelike en My Goddelike waarhede lei nie."

"Dit was nog nooit My wil dat julle nou of ooit sou ly nie, tog moet hierdie dinge so wees, as gevolg van daardie tye toe julle jul harte van My afgewend het."

"Julle moet kennis neem en verstaan dat die oes van daardie sade wat julle met julle eie hand geplant het, nou op julle is!"

“Dit was nooit My wil nie en dit sou nooit gebeur het nie, as julle maar net binne My woord gebly het.”

“Julle moet My woorde onthou wat aan julle gegee is, julle moet dit bedink en julle moet daaroor mediteer, sodat julle met die oë van julle harte kan sien deur die boosheid en kwaad van hierdie tye en die tye wat nog moet kom.”

“Julle moet onthou, oorweeg, en mediteer oor hierdie woorde wat aan julle gegee word, sodat julle met die oë van julle hart hierdie beloftes kan sien van die duisendjarige vrederyk wat nog moet kom.”

“Julle moet onthou, oorweeg, en mediteer oor hierdie woorde wat aan julle gegee word, sodat julle met die oë van julle harte My koninkryk in julle harte kan sien, sowel as die koninkryk wat moet kom, wat die Seun op die horison is.”

“Julle moet onthou, oorweeg, en mediteer oor hierdie geestelike en Goddelike deure, julle moet onthou, julle moet oorweeg en in diepte verstaan dat elke baksteen wat julle in hierdie heropbou lê, elke plan wat julle bedink, en selfs die messelklei wat julle meng vir hierdie herbou, al hierdie dinge sal bitter soet herinnering bring van daardie tye waar julle so gely om julle volke te ontvang.”

"My Huis van Israel en My Dogter van Sion, julle sal ween soos wat julle jul volke herbou in hierdie herinneringe, maar dit sal 'n geween van liefde wees en soos wat Ek julle vertel het: EK IS met julle en Ek sal die trane met My eie hand van julle oë afvee."

“Stel julle gedagtes, julle harte, julle geeste en julle siele in op dit wat in My duisendjarige vrederyk gaan kom.”

"Kleine kinders, wees nie bevrees of ontsteld oor hierdie woorde nie, hierdie woorde is maar net 'n tydperk aan die einde van 'n nimmereindigende volume van boeke van die vreugdes wat Ek vir julle voorberei het in die tye wat moet kom van My Duisendjarige Koninkryk. Ek het julle so lief.

EK IS wat EK IS, EK IS HaChayim EK IS die Lewe.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205