BOODSKAPPE VAN VADER AAN LUKAAS VAN HOUT
LUKAAS VAN HOUT

Hoofstuk 150

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 150 aan Lukaas van Hout op 29 Januarie 2014

Die gees en karakter van Boere-leiers weer gegee

Het hierdie uit 'n antwoord op 'n plasing gekry, maar dit moet nou hier geplaas word;

Ek was nie toegelaat om iets te plaas wat 'n tyd gelede geopenbaar is nie, totdat Elohim se tyd sou aanbreek nie; die tyd het nou aangebreek om dit te openbaar:

"Skryf aan My Huis van Israel binne en buite My Suid-Afrika, Ek, EK IS wat EK IS, sal die gees en die karakter van die groot leiers en van die groot krygers van die Boerevolk van daardie tye af tot aan hierdie tye vermenigvuldig en Ek sal hierdie manne en hierdie vroue van die Boerevolk vorm om My wil te doen vir My Huis van Israel en My Dogter van Sion."

"Die mense binne en buite My Huis van Israel sal in ontsag en verbasing dans en sing en hierdie voormalige name uitskreeu wanneer Ek hulle onder julle roep en laat ontwaak om My wil te doen vir My Huis van Israel en My Dogter van Sion!"

"In verwondering en verbasing sal hulle dans en sing en hierdie voormalige name uitskreeu!"

"De La Rey LEWE WEER!"

"Paul Kruger wandel onder ons!"

"Elohim het weer vir Siener opgewek, ons sien hom in jou gesig en in jou oë!"

"Hierdie man spreek soos Marthinus Steyn met ons volk en tot die wêreld en selfs kragtiger as voorheen!"

"Dan sal My Huis van Israel en My Dogter van Sion My krag begin verstaan en selfs nog meer en met een magtige stem hulle sal aan die wêreld skreeu; daar is niemand groter as ons Elohim in die hele wêreld en in die ganse heelal nie, daar is geen groter nie, lof en eer vir alles wat Hy vir ons gedoen het en nog doen!"

"Huis van Israel, glo, vertrou en weet, dit sal plaasvind en dit sal so wees, want dit is My wil en Ek het dit gespreek, EK IS wat EK IS, dit sal so wees!"

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205