BOODSKAPPE VAN VADER AAN LUKAAS VAN HOUT
LUKAAS VAN HOUT

Hoofstuk 65

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 65 aan Lukaas van Hout op 24 Oktober 2013

Julle moet bekeer!

Julle moet bekeer, Ek, EK IS wat EK IS sal dit weer met liefde sê, met My Goddelike liefde, 'n bekommerde liefde vir julle, julle moet julle bekeer. Dit is 'n maklike ding om te doen, gee dit net vir My, vra My om julle te wys hoe, vra My, EK IS wat EK IS om julle 'n berouvolle hart te gee. Het Ek, EK IS wat EK IS nie aan julle gesê om al julle laste aan My te gee nie en Ek, EK IS wat EK IS sal hulle vir julle dra en aan julle alles gee wat julle vra, selfs as julle My nie geken het nie? Julle moet dit slegs vir My gee en vir My sê, Ek ken U nie, EK IS wat EK IS, help My om U te ken en Ek, EK IS wat EK IS sal julle wys en Myself aan julle openbaar. In alle vrae, bekommernisse, klagtes en ja, selfs die grootste twyfel, GEE DIT VIR MY OM TE DRA en Ek, EK IS wat EK IS sal julle wys en selfs die geringste daarvan openbaar in My antwoorde aan julle! Bekeer julle van julle weë en keer terug na My, EK IS wat EK IS, want die tyd is kort. Omdat die tyd kort is, sal Ek, EK IS wat EK IS, die krag van My Heilige Gees laat toeneem in julle harte om die gees van berou vinnig te vind sodat Ek, EK IS wat EK IS, julle in My kan verseël. Sonder hierdie seël sal julle nie My koninkryk kan binnegaan nie, sonder hierdie seël sal julle na die teenstander val en die deur van redding sal vir ewig gesluit word vir julle. Het Ek julle nie gesê en vertel en op elke moontlike manier aan julle geopenbaar hoe lief Ek julle het nie! Dit is as gevolg van My liefde vir julle, My Goddelike Liefde vir julle, dat Ek nou 'n beroep op julle doen en dat Ek die krag van My Heilige Gees in julle harte versterk om hierdie bekering te soek. In hierdie bekering sal julle die begin van die reise vind wat Ek, EK IS wat EK IS beplan en voorberei het vir julle sedert die begin en op hierdie reise sal Ek, EK IS wat EK IS waarhede van so 'n omvang aan julle openbaar, dat julle geloof in My, julle vertroue in My en julle liefde in My, nooit geskud sal word nie, so groot sal dit wees en moet dit wees in hierdie en gedurende die tye wat gaan kom. Dit is geskryf dat in hierdie tye, die teenstander en sy leërskare sal toeneem en dat dit deur My toegelaat sal word om hul teenwoordigheid in julle wêreld te verhoog, sodat alles wat in die profesieë vir julle wêreld voorspel is, voltooi kan word. Soos wat dit geskryf en voorspel is vir hierdie tye, wanneer Ek, EK IS wat EK IS weer sal opstaan vir My volk en die hele wêreld sal weet dat EK IS, so sal die krag van die vyand en sy leërskare wees deur hul leuenagtige misleiding en leuenagtige wonderwerke wat hulle vir die wêreld aanbied en sal aanbied om die mensdom te betower. Bekeer julle en draai julle na My sodat Ek, EK IS wat EK IS julle kan red van die rampe en katastrofes wat nou oor julle wêreld gaan kom. Dit is nie My wil nie, dit is nie binne My Goddelike Liefde dat enigeen moet ly of vergaan nie. Soos wat Ek, EK IS wat EK IS die mensdom sedert die val gewaarsku het en julle deur julle hele geskiedenis getoon het, dat hulle wat hulle afgewend het van My, vergaan het, omdat hulle gekies het om te vergaan, eerder as om My liefde te ontvang wat Ek so graag vir hulle wou gee, daarom waarsku Ek julle nou, EK IS wat EK IS, met die grootste Goddelike Liefde, keer terug na My, My volk, keer terug na My, My nasies, keer terug na My, My huise van Israel, want die finale voorbereidings word regdeur die hele wêreld getref om alles te bereik wat voorspel is tot aan die einde. EK IS wat EK IS, Ek het julle so lief, keer terug na My, keer terug na My, keer terug na My!

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205