BOODSKAPPE VAN VADER AAN LUKAAS VAN HOUT
LUKAAS VAN HOUT

Hoofstuk 79

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 79 aan Lukaas van Hout op 9 November 2013

Oordele vir hulle wat nie luister nie

Lukaas:

Gisteraand in 'n gebed met vriende is Elohim, JaHshua, die Elohim van Israel gevra vir bevestiging. Vreeslike krampe het my in die nag wakker gemaak en die volgende het deurgekom.

Elohim:

Het julle nie gelees nie? Het julle nie gehoor nie? Het julle nie geweet dat Ek, EK IS wat EK IS die mensdom deur My woorde vertel het dat in die oordeel elke knie voor My sal buig en elke tong sal bely nie? Wat? Julle dink dat hierdie woorde van toepassing is op ander, maar nie op julle nie? Hierdie woorde, ELKE KNIE EN ELKE TONG is van toepassing op die hele mens­dom, want Ek, EK IS wat EK IS het hierdie woorde gespreek en soos wat Ek hulle gespreek het, so sal dit gedoen word tydens die oordeel. In daardie dag sal Ek, EK IS wat EK IS vir hierdie dienskneg sê, ja hierdie dienskneg, vir hierdie hande wat My woorde skryf sal Ek sê: Seun, het jy My nie gevra om My wil te doen vir My volk, wat My wil ookal mag wees nie? Hierdie dienskneg sal in daardie dag vir My sê: Ja Vader, ek het dit gedoen. En Ek sal vir hom sê: Het Ek, EK IS wat EK IS jou vertel om My volk lief te hê en My liefde te deel met My volk? Hierdie dienskneg sal antwoord: Ja Vader, U het my vertel om U volk lief te hê en U liefde te deel met U volk. En in daardie dag sal Ek ook hierdie dienskneg vra of Ek, EK IS wat EK IS met jou gepraat om My woorde te skryf vir My volk? Hierdie dienskneg sal antwoord: Ja Vader U het my gevra om U woorde te skryf vir U volk. Ek, EK IS wat EK IS, sal vir hom sê: Het jy al ooit gehuiwer of geweier om My woorde te skryf aan My volk en hierdie dienskneg van My sal sê: Slegs een keer Vader, het ek gehuiwer omdat die woorde verskriklik was, maar ek het raad gevra van een van U oudstes en is vermaan om alles te skryf wat U my gee en U woorde deur te gee aan U volk. Dan sal Ek, JA EK, EK IS wat EK IS aan hierdie dienskneg sê: Was jy al ooit bang om My woorde te skryf vir My volk, het jy al ooit My woorde nie vir My volk gegee nie, uit vrees vir mense of uit vrees vir verwerping of om uitgewerp of verag en gehaat te word, of enige ander vrees, selfs die verlies van jou eie lewe, om My woorde deur te gee aan My volk? En hierdie dienskneg, My dienskneg, My diep geliefde dienskneg wie Ek, EK IS wat EK IS vir sy hele lewe voorberei het vir hierdie taak sal aan My sê: Nee Vader ek het nie een van hierdie dinge gevrees nie, alhoewel dit seergemaak en diep gewond het, tog het ek altyd probeer doen soos wat U my versoek het, ongeag die koste daaraan verbonde. Dan sal Ek vir hom sê: En om watter rede het jy al hierdie dinge vir My gedoen en My dienskneg sal sê: Want Vader, U het my eerste liefgehad, ten spyte van alles wat ek in my lewe was, het U my eerste liefgehad. Ten slotte sal Ek, EK IS wat EK IS aan hierdie dienskneg sê: Het jy My met jou mond bely as JaHshua, het jy My geboorte bely, dat Ek in die vlees gekom het, My lewe onder die mensdom, My dood en My opstanding en Myself as offer vir die sondes van die mensdom? Hierdie dienskneg, My dienskneg sal antwoord: Ja Vader, ek het U nog altyd voor die mens bely as in die vlees gekom, U lewe, U dood en opstanding en U offer vir die sondes van die mensdom, nou op die aarde en nou voor U troon bely ek al hierdie dinge. Dan sal Ek, EK IS wat EK IS met hierdie, My, ja, My dienskneg, sal Ek al daardie dinge doen waarvan Ek gespreek het en aan enigeen belowe het wat My wil sal doen, omdat hulle My en My volk liefgehad het en My wil gedoen het uit hierdie liefde en hulleself verloën het vir My.

Is julle nie ook gewaarsku oor die erns van die tye wat gaan kom wanneer die demoniese leërskare onbeheers oor die aarde sal hardloop nie? Het Ek nie keer op keer vir julle gesê van hul groot kennis en mag nie, tog dink julle dat hierdie tye soos 'n ongeërgde wandeling sal wees. Oral rondom julle wandel hierdie demoniese leërskare onsienlik onder julle. As Ek julle oë sou open om hierdie leërskare te sien, sal julle harte gaan staan as julle hulle sal sien en julle sal sterf, so verskriklik het hierdie demoniese leërskare geword en so verskriklik is hul voorkoms vir die oë van die mens. Maar julle dink nog steeds om in hul teenwoordigheid te staan en te heers met min of geen vertroue in My nie. Maar Vader, sê julle deur julle eie eiegeregtigheid, kyk na al ons werke van geloof, ons groot huise van aanbidding, ons groot planne, ons vergaderings van mense in voorbereiding vir daardie tye waarvan U ons gewaarsku het dat dit gaan kom, gedurende die tye wat kom, in die tye wat gaan kom? IN DIE TYE WAT GAAN KOM? Is julle tog so blind en so doof vir My woorde dat julle nie kan sien dat "Daardie Tye," "Daardie Tye," "Daardie Tye," reeds op julle is in hierdie, die sterftes van julle mense nie? Het julle nie die begin van die smarte herken nie? Het julle nie hierdie tye herken soos wat Ek vir julle gesê het dat dit sal wees soos 'n vrou wat in kraam is en het julle nie gedink aan die groot pyn wat 'n vrou moet verduur met die geboorte van 'n kind nie? Julle hoor My woorde, maar julle oordink dit nie! Julle lees My woorde, maar neem dit nie in ag nie! Want as julle nagedink het daaroor, as julle dit in ag geneem het en My gevra het om deur My Heilige Gees die erns te openbaar, afgesien van die erns van wat julle dink in julle begrip van die mens geskei van My, om te probeer om My woorde te verstaan, dan sal julle weet dat dit deur julle is, julle ongelowigheid en julle eiegeregtigheid dat hierdie baie sterftes plaasgevind het! Dit is die een groot sonde wat julle teen My volk gepleeg het in julle mislukking om hulle te waarsku. Maar Vader, ons het hulle gewaarsku, sê julle vir My en Ek, EK IS wat EK IS sê vir julle, julle het hulle nie gewaarsku nie, want as julle ag gegee het op My woorde, as julle nagedink het oor My woorde, as julle My wysheid en begrip gesoek het deur My Heilige Gees, dan sou My Heilige Gees die wyse aan julle geopenbaar het waarop My volk gewaarsku moes word. As julle My woorde in ag geneem het en as julle nagedink het oor My woorde, dan sou Ek, EK IS wat EK IS julle hierdie dinge getoon het en nog baie, baie meer. Direk sal Ek, EK IS wat EK IS met julle spreek deur hierdie hande en spreek sal Ek. Die waarskuwings aan My volk het nie net begin met die profete van ouds nie, maar met diegene wat Ek lank gelede na hierdie nasie gestuur het. Julle ken hulle op die Naam en deur My hand het, Ek, EK IS wat EK IS hierdie profete opgewek om julle voor te berei vir hierdie tye van groot gevaar wat op julle is. Deur hierdie en hulle wat Ek vir julle opgewek het tot op hierdie dag, is baie woorde gegee van onderrig, lering, openbaring en waarskuwings van wat moet kom. Het Ek, EK IS wat EK IS ook nie met julle gespreek en aan julle geskryf dat alle dinge My wil dien nie? Wat? Het julle daardie woorde nie gelees en dit nie diep oordink nie, of hulle nie diepgaande in ag geneem of nie gepoog om groter begrip van My te kry deur My Heilige Gees nie? Ek sal hierdie woorde weer tot julle spreek, sodat julle dit kan oordink en hulle diepgaande in ag neem deur My Heilige Gees om te verstaan hoe alle dinge My wil dien. Selfs diegene wat was en selfs diegene wat nog onder julle as profete vertoef, maar wat nie van My, Ek, EK IS wat EK IS is nie, doen My woorde en My wil. Ek het hulle onder julle toegelaat om julle te leer en te onderrig deur hulle valsheid, om julle te laat ontwaak tot dieper onder­skeidings vir die moeilike tye wat gaan kom. MOEILIKE TYE WAT GAAN KOM! Selfs in hierdie valse profete kan My woorde gevind word, as julle maar net My begrip en My kennis van hierdie woorde sal soek wat geskryf en gespreek is deur diegene wat valslik onder My Naam gekom het. Soek altyd My wysheid in alle dinge deur My Heilige Gees. Soek My kennis en My onderskeiding in alle dinge deur My Heilige Gees en Ek, EK IS wat EK IS, sal nie net hierdie dinge aan julle openbaar nie, maar Ek sal dit aan julle gee as My gawes aan julle soos wat Ek reeds aan julle belowe het dat Ek hierdie dinge vir julle sal gee as julle net daarvoor sal vra! Soek nie om almal te oordeel deur die mislukkings en valsheid van ander nie, want sodoende sal julle julleself verblind vir diegene wat Ek, EK IS wat EK IS na julle toe sal stuur. Om te lewe volgens enige ander woord as Myne is sonde en sonde skei julle af van My. Wanneer julle hierdie sondes pleeg, sonder om My kennis en My wysheid en My wil te soek in al hierdie sake, pleeg julle hierdie sondes en My Heilige Gees kan dit wat julle soek, nie aan julle openbaar om hierdie waarhede te verstaan in al hierdie sake nie. Dit is waarom julle verblind geword het vir My woorde deur hulle wat Ek, EK IS wat EK IS opgewek het. Julle hoor hulle nie! Julle sien hulle nie, want julle oordeel hulle uit die wysheid en kennis van die mens, wat geskei is van My en die onthullingskrag van My Heilige Gees. Daardeur het julle gefaal om My volk te waarsku! Daar woon baie onder julle wat Ek opgewek en aan julle gestuur het, sommige van hulle van julle eie volk in hierdie land en ander van ander lande. Ek het julle reeds gesê dat diegene wat Ek uitverkies het van ander lande, julle broers en susters is. Hulle uit My volk, van waar Ek hulle ookal opgewek het om My woorde aan julle te gee, word deur julle as vals gebrandmerk. Daardeur het julle My woorde aan My volk verloën en My woorde van waarskuwing verloën, aan hulle, My volk wat vermoor was en wat vermoor sal word gedurende die tye wat gaan kom. As julle My wysheid deur My Heilige Gees in hierdie sake gesoek het, dan sou Ek, EK IS wat EK IS julle gewys het. As julle dan die antwoorde van My gesoek het en My geglo het en ywerig hierdie woorde verklaar het wat EK deur hulle gespreek het wat Ek gestuur het, sou My volk julle gehoor het en My volk sou ag geslaan het op hierdie waarskuwings, want My Heilige Gees sal voor julle uitgegaan het om hul harte voor te berei om My woorde te ontvang, soos wat Ek vir julle gesê en belowe het dat Ek hierdie dinge vir julle sal doen as julle My in al julle dinge en in al julle sake sal soek. In hierdie nag spreek Ek, EK IS wat EK IS, julle liefdevolle Vader, net soos julle met julle eie kinders, nadat hulle oor en oor gewaarsku is en nadat nog baie ander gestuur is om hierdie kinders weer oor en oor te waarsku. Ja! Hierdie nag is Ek, netsoos julle, 'n Vader, 'n liefdevolle pa wat deur so baie gespreek en geskryf het om julle te waarsku en om julle voor te berei, EK IS, netsoos julle, hierdie Vader wat die dood sien kom na sy kinders wat nie gehoor gegee het aan hierdie waarskuwings nie en nie gehoor gegee het aan diegene wat Ek gestuur het om sy kinders te waarsku nie. Dit is in diepe skroom en dit is in diepe droefheid dat Ek, EK IS wat EK IS magteloos gemaak is om julle te help, want julle het My verloën deur hulle wat Ek opgewek het en aan julle gegee het. Nou moet Ek, EK IS wat EK IS stilstaan en kyk terwyl hierdie tye oor julle kom, magteloos om julle te help, want julle het nie aan My gehoor gegee nie. Hierdie tye wat kom, is daardie tye waaroor julle gewaarsku was dat dit sou kom en hierdie tye wat kom, gaan meer lewens van julle volk neem as wat daarna sal oorbly van julle volk. Hierdie groot sterfte is dit wat julle sal bring na hierdie volle begrip dat dit julle was wat My gefaal het, en dat dit julle is wat hierdie groot dood veroorsaak het, want julle het geen gehoor aan My gegee nie. Dit is hierdie tye wat julle tot die volle begrip sal bring van julle wandade en in hierdie tye sal julle plat op die aarde voor My val, in 'n berou en hartseer dieper as wat die mens selfs in staat is om te begryp, so diep sal die berou en smart wees deur die kennis wat bekom is van hoe baie julle My en My volk gefaal het, deur hulle nie te waarsku deur hulle wat Ek aan julle gestuur het nie. As julle maar net geglo het en as julle maar net ywerig die waarheid in hierdie sake nagespeur het deur My, Ek, EK IS wat EK IS, dan sou julle hierdie waarhede en hierdie waarskuwings geken het. Dan sou julle geglo het en dan sou julle ywerig, dag en nag, alles gedoen het wat julle kon en nog baie meer deur My, om My volk te waarsku. Dit berou My en dit is met groot hartseer dat dit nou so moet wees. As julle maar net My stem gehoor het en My liefde vir julle deur die baie woorde wat aan julle gespreek en geskryf is deur hulle wat Ek so versigtig en liefdevol aan julle gestuur het. EK IS wat EK IS en buiten My is daar geen ander nie.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205