BOODSKAPPE VAN VADER AAN LUKAAS VAN HOUT
LUKAAS VAN HOUT

Hoofstuk 115

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 115 aan Lukaas van Hout op 9 Desember 2013

Soek die innerlike betekenis van hierdie woorde

Skryf aan My volk, My kinders, My huise van Israel, en My dogters van Sion wat in Suid-Afrika woon. Skryf aan hulle, ja almal van hulle, skryf daardie woorde wat My Heilige Gees jou nou in jou hart beveel om vir My te skryf. Hulle weet wie EK IS. Moenie so dink, elkeen in My volk, My kinders, My huise van Israel en My dogters van Sion, binne en buite die land van Suid-Afrika, moenie so dink nie, moenie so sien nie, moenie so hoor en ook moet ook nie so verstaan, nie nou nie en nooit met dieselfde begrip as julle voorvaders wat in Israel gewoon het in die tyd toe Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS as JaHshua gekom het. Hierdie voorvaders, ja hierdie voorvaders, het net hulle selfsugtige begeertes van hulle harte as 'n koninkryk gesoek, wat nie van My af is nie en nie My maaksel is nie. Ja hierdie voorvaders, julle stamvaders, het hierdie koninkryk gesoek, wat nie van My af is nie, om die begeertes en drange van hulle harte te bevredig vir die koninkryk wat hulle wou gehad het. Hulle het hierdie valse koninkryk gesoek, want hulle wou nie verstaan nie en hulle wou nie sien nie en hulle wou nie My geestelike waarhede en wysheid hoor wat My koninkryk met hulle harte gespreek het, oor die wyse waarop My koninkryk sou kom nie. Omdat hierdie voorvaders dit gedoen het, het hulle My nie gesien nie en het hulle My koninkryk nie gesien nie. Moet nie ooit dink, sien, of hoor met hierdie selfde denke, dieselfde geeste, dieselfde harte of dieselfde blindheid en doofheid van hierdie voorvaders nie, want in hierdie tye, die tye wat moet kom en die tye daarna, sal julle nie die dieper geestelike begrippe van die woorde wat My Heilige Gees binne die hart van hierdie dienskneg gespreek het om vir My te skryf, verstaan nie, julle sal nie sien nie en julle sal nie hoor nie. Soek nou, ja, soek nou My Heilige Gees, soek nou en in die tye wat kom en in die tye daarna, soek na My Heilige Gees vir hierdie begrippe! Steun nie op jou eie insigte nie. Die dag wanneer julle jul eie begrippe sal soek, sal julle nie My dieper geestelike waarhede, My wysheid en My boodskappe aan julle oor hierdie woorde, ja al hierdie woorde wat hierdie dienskneg vir My skryf, verstaan nie, julle sal nie sien nie en julle sal nie hoor nie. Dit is op hierdie wyse gegee om die Satan te verblind en om sy demoniese leërskare te verwar. Ja, vir die bose een en sy leërskare wat deur die mensdom werk, is baie van hierdie woorde geskryf, op so 'n wyse dat die bose een verblind en verwar word vir My planne en My doeleindes! Dit is met die grootste sorg gedoen en voorberei en met die grootste liefde vir My hele volk, My kinders, My huise van Israel en My dogters van Sion binne en buite die lande van Suid-Afrika deur My, ja, deur My, Ek, EK IS wat EK IS gegee. Soek My wysheid en soek My verstand, sien en hoor met die oë en ore, dieselfde hart, ja My oë en My ore en My hart wat Ek aan julle sal gee deur My Heilige Gees. Soek al hierdie begrippe, luister en kyk met dieselfde sorg en met dieselfde liefde. Weet ook en verstaan dat baie van hierdie woorde duidelik met julle spreek, My volk, My kinders, My huise van Israel en My dogters van Sion binne en buite die lande van Suid-Afrika. Weet en verstaan dat hierdie woorde ook duidelik met julle sal praat van hierdie tye, die tye wat moet kom en die tye daarna. Neem kennis en verstaan. Soek die leiding van My Heilige Gees in alle nederigheid en opregtheid van hart, verstand en gees in al hierdie aangeleenthede en in al hierdie aangeleenthede sal My Heilige Gees julle antwoord en die dieper waarhede, wysheid en begrip openbaar wat Ek, Ek IS wat EK IS versteek het binne hierdie woorde vir julle begrip alleen. Kyk nou, luister nou en verstaan nou met julle hart, verstand en gees deur My Heilige Gees, EK IS wat EK IS.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205