BOODSKAPPE VAN VADER AAN LUKAAS VAN HOUT
LUKAAS VAN HOUT

Hoofstuk 171

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 171 aan Lukaas van Hout op 22 April 2014

"Jy sal My woorde op hierdie dag aan hulle skryf vir hulle begrip en vir hulle gerief."

"Ek het julle vele gebede gehoor, Ek het julle pleidooie gehoor en Ek het julle versoeke en smekinge tot My gehoor; weet dat Ek julle liefhet en soos wat Ek julle beloof het, sal Ek julle altyd antwoord; gryp dus hierdie seëninge en julle herstel aan!"

“Ja, My Huis van Israel, julle sal deur die Rooi See gaan soos in die dae en in die tye van Moses toe My Huis van Israel deur die Rooi See gegaan het gedurende daardie tye.”

"Soos wat hulle op My bevel deur die Rooi See gegaan het, so sal julle op My bevel deur die Rooi See gaan."

"Die Rooi See waardeur julle sal gaan, My Huis van Israel binne My Suid-Afrika, die Rooi See van hierdie tye is anders as die Rooi See in die tye van Moses, tog sal julle deur hierdie Rooi See gaan, hoe erg en gewelddadig dit ookal sal wees."

"Julle sal deur hierdie Rooi See gaan na daardie plekke wat bekend en onbekend aan julle is en wat Ek aan julle sal toon, aan julle sal openbaar en julle na sal lei."

"EK IS wat EK IS, laat die wyses onder julle hierdie woorde verstaan."

"Soos wat julle vertel is en soos wat julle gewaarsku is oor die Sprinkane en die sprinkane, word julle nou gewaarsku oor hierdie Rooi See, want alreeds begin sy golwe verwoed teen die oewers te slaan.”

"Hierdie golwe gaan en hierdie golwe sal 'n groot vrees en groot ontsteltenis veroorsaak in My Huis van Israel en My Dogter van Sion binne My Suid-Afrika."

“Ja 'n groot vrees en 'n groot ontsteltenis sal julle tref, Huis van Israel, want hierdie golwe is soortgelyk aan die weermagte van die Farao van Egipte, toe hulle My volk agtervolg het tot aan die oewers van die Rooi See.”

"EK IS wat EK IS, laat die wyses onder julle hierdie woorde verstaan."

"In daardie dae en in daardie tye het Ek met My eie hand en met My eie krag 'n pilaar van vuur geplaas om daardie Huis van Israel te beskerm en soos wat Ek dit in daardie tye gedoen het, sal Ek 'n geestelike pilaar van vuur plaas om julle te beskerm in hierdie tye, en hierdie weermagte, hierdie golwe, sal slaan teen die oewers en sal teen mekaar gedraai word, die een teen die ander."

“Hierdie geestelike pilaar van vuur sal onsigbaar wees vir julle oë en sal so bly, maar die golwe van hierdie moderne Rooi See sal daarvan vlug en julle nie oorwin nie!"

“Kyk dus met die oë van julle harte vir hierdie geestelike Pilaar van Vuur, want met die oë van julle harte sal julle hierdie geestelike pilaar van vuur aanskou.”

"Weet dat die tyd van die vlug en uittog nader en dat My finale bevel om te vlug sal kom vanaf die Heilige Gees, direk tot julle harte, soos wat Ek reeds met julle gespreek het deur My woorde deur die vele wat Ek na julle gestuur het en deur hulle wie Ek sal voortgaan om na julle te stuur."

“Onthou hierdie woorde, My Huis van Israel en My Dogter van Sion, onthou hierdie woorde, want Ek sal hierdie Rooi See in hierdie tye kloof op wyses wat selfs groter sal wees as die skeiding van die waters van die Rooi See in die tye van Moses.”

"EK IS wat EK IS, laat die wyses onder julle hierdie woorde verstaan."

Meer woorde sal nog kom oor hierdie skeiding van die Rooi See en oor die uittog gedurende hierdie tye.”

"Ek sal julle lei en Ek sal julle beskerm!"

"Behalwe My is daar geen ander nie, luister en verstaan, O My Huis van Israel, EK IS wat EK IS, EK IS Ha-Ariël Mishevet Jehudah!"

“Luister en verstaan, O My Dogter van Sion luister en verstaan, EK IS wat EK IS, EK IS Ha-Ariël Mishevet Jehudah!”

"EK IS wat EK IS, EK IS Ha-Ariël Mishevet Jehudah!"

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205