BOODSKAPPE VAN VADER AAN LUKAAS VAN HOUT
LUKAAS VAN HOUT

Hoofstuk 128

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 128 aan Lukaas van Hout op 28 Desember 2013

Soek julle bevestiging van hierdie dienskneg van die Boerevolk deur die liefde

"Daar bly nog 6 dae oor wat My Heilige Gees hierdie dienskneg getoon het wat nog moet verloop voordat My Heilige Gees tot en in die hart van hierdie dienskneg sal beveel om My woorde aan julle te skrywe, My Huis van Israel en My Dogter van Sion wat binne en buite die grense van My Suid-Afrika woon, ja MY SUID AFRIKA!"

"Dit moet so wees vir My planne en vir My doelwitte."

"In hierdie nag is aan hierdie dienskneg opdrag gegee om hierdie woorde neer te skryf aan diegene wat hierdie antwoorde soek, want Ek het julle gebede gehoor rakende hierdie aangeleenthede en weet van die groot kommer onder My volk."

"Julle moet weet, Huis van Israel, julle moet weet Dogter van Sion, DIT IS EK!"

"Ja, dit is Ek, EK IS wat EK IS, ja, EK IS wat EK IS, EK IS wat EK IS, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Israel, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Abraham, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Jakob!"

"Ja, dit is Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS wat hierdie dienskneg op en in sy hart beveel deur My Heilige Gees om My woorde aan julle te skryf, My Huis van Israel en My Dogter van Sion wat woon binne en buite die grense van My Suid-Afrika."

"Dit is die antwoord op daardie vrae waarna julle soek."

"Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS het hierdie dienskneg uit 'n ver land geroep vir hierdie tye, vir die tye wat moet kom en die tye daarna soos wat Ek gesê het Ek sou, vir My planne en vir My doelwitte vir hierdie Huis van Israel en hierdie Dogter van Sion wat binne en buite die grense van My Suid-Afrika woon."

"Hierdie dienskneg is geroep en gestuur aan My volk, die Boere en aan die Boere alleen is hierdie dienskneg gestuur om My wil te doen vir My volk. Dit is die een verklaring deur My, EK IS wat EK IS wat die sleutel is tot die verstaan van al die woorde wat Ek deur My Heilige Gees gespreek het tot en in die hart van hierdie dienskneg om My woorde aan julle te skryf!"

"Julle moet altyd onthou, julle moet altyd hierdie sleutel onthou om al die woorde te verstaan wat Ek deur My Heilige Gees gespreek het en sal spreek tot en in die hart van hierdie dienskneg om My woorde aan julle te skryf, My volk, My geliefde volk, Myne, ja My BOEREVOLK!"

"Ek, ja Ek, julle liefdevolle Vader, Skepper, Ek IS wat EK IS, het hierdie dienskneg gesalf en hom onder vele bekragtig om My wil te doen tot aan die einde van sy dae en selfs tot by My koninkryk sal hierdie dienskneg altyd My wil doen soos wat Ek reeds gespreek het deur die woorde wat aan hierdie dienskneg gegee is om vir My te skryf."

"Julle moet die bevestiginge van hierdie dienskneg soek in liefde deur My Heilige Gees en deur My liefde moet julle hierdie bevestiginge soek."

"Ja, hy is My dienskneg, na My geroep, deur My verseël en deur My gesalf om My wil te doen vir hierdie Huis van Israel en hierdie Dogter van Sion, wat binne en buite die grense van My Suid-Afrika woon, ja, hy is Myne, Ek IS wat EK IS. "

Boodskap No 129 aan Lukaas van Hout op 3 Januarie 2014

Herhaling van boodskap 127 as gevolg van weiering van die Huis van Israel om na Farao te gaan

"Diegene onder julle wat My wil doen en My stem hoor deur hierdie woorde, laat julle harte nie ontsteld word en julle geloof nie beproef word nie, weet dat daar 'n vyeboom is wat groei, want EK, JA EK, EK IS WAT EK IS HET HIERDIE BOOM MET MY EIE HAND GEPLANT!

Met My eie hand het Ek hierdie boom geplant en met My eie hand het Ek hierdie boom doelbewus verbloem en dit onder julle versteek sodat dit nie gevind sal word nie alvorens die tye aanbreek wat Ek gekies het om hierdie boom aan julle te openbaar!"

"Laat julle harte nie ontsteld word en julle geloof nie beproef word nie!"

"Laat julle harte nie ontsteld word en julle geloof nie beproef word nie!"

"Laat julle harte nie ontsteld word en julle geloof nie beproef word nie, want Ek het julle belowe dat EK IS met julle is, nou en elke enkele oomblik van elke dag is Ek met julle in alle dinge!"

"Sewe dae was aan My Huis van Israel binne en buite die grense van My Suid-Afrika gegee om My wil te doen, soos wat Ek My Huis van Israel beveel het om te doen deur die woorde wat Ek aan julle gegee het deur hierdie dienskneg aan wie My Heilige Gees bevel gegee het tot en in hierdie hart om My woorde aan julle te skryf, ja MY WOORDE wat deur My Heilige Gees aan hierdie dienskneg beveel is om aan julle te skrywe, My Huis van Israel binne en buite die grense van My Suid-Afrika.”

"Sewe dae is deur My toegestaan, julle liefdevolle Vader en julle Skepper, sewe dae was deur My toegestaan om te sien of My Huis van Israel My woorde na Farao sal neem soos wat Ek beveel het."

"Sewe dae was toegestaan deur My, JULLE LIEFDEVOLLE VADER en JULLE SKEPPER."

"Sewe dae was deur My toegestaan om te sien of julle saam met My sal staan, EK IS wat EK IS, ja, sewe dae was verleen om te sien of julle saam met My in die geloof sal staan, soos wat Ek hierdie Huis van Israel beveel het om vir My as 'n toets van hulle geloof te doen."

"Is julle nog steeds so blind en so doof vir My dat julle nie kan verstaan of dat julle geen tyd afstaan om te verstaan dat Ek en My leërskare hierdie einste oomblik gereedstaan om daardie dinge in vervulling te laat gaan waarop julle wag nie?"

"Weer sê Ek aan julle, Huis van Israel, Ek en My leërskare staan gereed om in hierdie einste oomblik daardie dinge waarop julle wag, in vervulling te laat gaan!"

"Julle arrogansie en eiegeregtigheid in julle onwilligheid om in julle geloof in My woord op te staan, openbaar julle harte aan My as 'n opstandige en hardnekkige Huis van Israel, deur julle eie onwilligheid om na nie My te luister en nie My wil te doen nie en so verhoed julle julle verlossing deur My!"

"Julle het My en My volk verraai as gevolg van julle arrogansie en eiegeregtigheid in die ontkenning van hierdie woorde aan My volk en in julle onwilligheid om saam met My in julle geloof op te staan en My wil te doen!

"Ek spreek nie van hulle wat na My woorde geluister het en die wat My woorde gelewer het soos wat Ek hierdie Huis van Israel beveel het om vir My te doen nie."

"Sommige het My woorde aan Farao gegee, alhoewel hulle min is."

"As hierdie Huis van Israel nie nou vir My in die geloof sal opstaan nie, dan sal Ek nie vir hierdie Huis van Israel in hierdie tye opstaan om daardie dinge te doen wat Ek belowe het om te doen nie."

"Julle moet weet en my ernstig verstaan, Huis van Israel, soos wat Ek van ewigheid tot ewigheid leef, soos wat Ek leef voordat daar 'n begin was en verder as dit wat `n einde het, soos wat Ek leef, EK, JA EK, SKEPPER VAN ALLE DINGE, EK, JA EK! EK IS WAT EK IS, SAL EK ANDER VIND EN MY BELOFTES DEUR HULLE VERVUL!"

"Ja, Ek sal ander vind en My beloftes deur hulle vervul!"

"Wat! Dink julle dat Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, dink julle dat Ek nie nuwe omstandighede volgens My woord kan of sal skep om hierdie beloftes, sowel as My profesieë, in vervulling te laat gaan nie?"

"Wat! Dink julle dat Ek nie nuwe leiers onder My volk en onder die kinders van Gam kan of sal kies om daardie profesieë in vervulling te laat gaan vir die tyd wat nog moet aanbreek nie?"

"Ek kan en Ek sal, as julle nie saam met My sal staan nie, Huis van Israel, Ek kan en Ek sal as julle nie in geloof by My sal staan en My woorde aan Farao oordra soos wat Ek beveel het nie!"

"As julle, Huis van Israel, nie wil doen soos wat Ek opdrag gegee en beveel het nie, dan sal Ek, JA EK, EK IS wat EK IS, ja EK, die enigste EK IS WAT EK IS, dan sal Ek die vervulling van hierdie profesieë vir nog 'n tyd vertraag om diegene uit My volk en uit die kinders van Gam op te wek om die toneel weer op te stel vir 'n toekomende tyd, vir die vervulling van My woorde deur My Profete, soos wat Ek gespreek het!"

"My wil en My woorde sal in vervulling gaan, maar dit sal slegs vervul word vir hulle wat waarlik begeer om die heilige volk te word wat Ek so begeer om van hulle te maak!"

"My wil en My woorde sal vervul word, maar dit sal slegs vervul word vir 'n volk wat gereed is om van slawerny bevry te word en gereed is om hulself af te skei van hierdie wêreld en wat My en slegs My en My wil sal soek, deur My lewende, geskrewe en gesproke woorde!"

"Onthou julle nie julle voorvaders nie?"

"Spreek My woord nie van julle voorvaders nie?"

"Selfs julle voorvaders het van My geweet en het vir meer as vierhonderd jaar na My uitgeroep vir hulle verlossing uit die hand van Farao!"

"Ek het met hulle gespreek soos wat Ek nou met julle spreek, luister na My woorde en glo dat Ek en My leërskare gereed is om julle te verlos, as julle maar net My woorde wil ontvang en saam met My in die geloof sal staan en die woorde sal spreek of skryf wat Ek beveel het om te doen!”

"Dit is dieselfde toets wat Ek aan julle voorvaders gegee het toe Ek vir Moses gestuur het om vir My te spreek met daardie Huis van Israel en met daardie Farao in daardie dae en in daardie tyd."

"Deur My wil te doen, soos wat Moses en Aäron deur My beveel is, het die volk van My Huis van Israel vir Moses en Aaron geglo en toe daardie Huis van Israel saam met My in die geloof gestaan het deur Moses en Aaron, toe eers het Ek myself aan Farao en die land van Egipte geopenbaar en My volk verlos volgens My beloftes, soos wat Ek nou gereed is om te doen vir julle, hierdie Huis van Israel in My Suid-Afrika!"

"Ja, Ek en My leërskare staan gereed om die woorde van die profete te vervul, as julle maar net na My sal luister, My wil doen, in My sal glo en vertrou, EK IS wat EK IS, want Ek staan gereed om julle te verlos!"

"Vir die wat in My glo, vir die wat My vertrou, vir die wat gereedstaan om My wil te doen en vir die wat hulle geloof in My geplaas het om hulle te verlos uit hierdie moderne land van Egipte en slegs vir hulle sal Ek die woorde vervul wat Ek gespreek het deur My profete en boodskappers, ja slegs vir hulle sal hierdie profesieë in vervulling gaan!"

"Groot is My teleurstelling in julle, o Huis van Israel, groot is My teleurstelling in julle vir die versuim om saam met My te staan in julle geloof in My, om op My te vertrou om My wil te doen, groot is My teleurstelling in julle!"

"Neem kennis en verstaan, dat as julle nie saam met My, julle Skepper kan of wil staan nie, as julle nie saam met My kan of wil staan nie, dan sal Ek nie saam met julle staan nie."

"Ek sê vir julle, Huis van Israel, Ek sê nou vir julle, daar was meer regverdiges in Sodom as in hierdie Huis van Israel wat My aanhoudend faal in hul uittarting in My aangesig as gevolg van hul rebelse en arrogante, hardkoppige eiegeregtigheid!"

"Onthou, Huis van Israel, Ek het julle as 'n wag opgestel, waak nou en doen My wil, want as julle nie by My kan of wil staan in die geloof en as julle nie My wil sal doen nie, dan sal hierdie tye uitgestel word na die toekoms."

"Neem kennis en verstaan, hierdie Huis van Israel in My Suid-Afrika, neem kennis en verstaan, dat as julle nie by My in die geloof kan of wil staan en My wil doen nie, dan sal Ek hierdie Huis van Israel in My Suid-Afrika, ja, Ek sal hierdie Huis van Israel verantwoordelik hou vir elke sterfte in My volk en die bloed van elke sterfte in My volk sal Ek van die hand van hierdie Huis van Israel eis!"

"Ja, elke sterfte, elke wee, elke lyding van My volk sal Ek van die hand van hierdie Huis van Israel eis in die dag van oordeel."

"Neem kennis en verstaan, hierdie Huis van Israel in My Suid-Afrika, neem kennis en verstaan dat dit in die dag van oordeel beter sal gaan met Sodom en Gomorra, as met hierdie eiegereg­tige, arrogante Huis van Israel, wat voortdurend blindheid en doofheid van My woorde nastreef, so duister het hul bose harte vir My geword in hul strewe na 'n nasie vir hulle eie selfsugtige begeertes en luste en nie na die heilige nasie wat Ek begeer om aan hulle te gee en saam met hulle te bou nie."

"Neem kennis en verstaan dat as julle nie kan of wil staan saam met My, julle Skepper nie, as julle nie kan of wil staan saam met My nie, dan sal Ek hierdie Huis van Israel skei, soos wat Ek dit met julle voorvaders gedoen het in die tye van die eerste egskeiding van daardie Huis van Israel, so sal Ek dit ook doen aan hierdie Huis van Israel in My Suid-Afrika wat My so versaak!"

"Tog sal Ek met julle pleit soos 'n liefdevolle Vader, as gevolg van hulle wat met alle opregtheid van hart en siel bid vir hierdie Huis van Israel, tog sal Ek met julle pleit soos 'n liefdevolle Vader!"

"Tog sal Ek met julle spreek as julle liefdevolle Vader om hierdie waarhede met julle hele hart en siel te soek, as gevolg van hulle wat met alle opregtheid van hart en siel vir hierdie Huis van Israel bid, tog sal Ek met julle as julle liefdevolle Vader spreek om hierdie waarhede met julle hele hart en siel te soek!”

"Julle moet nou ywerig soek, ja soek nou ywerig na hierdie waarhede deur My Heilige Gees in My Naam, EK IS wat EK IS, JaHshua, soek nou na hierdie waarhede, Huis van Israel, JULLE MOET NOU HIERDIE WAARHEDE SOEK!"

"As julle hierdie waarhede sal soek, dan sal Ek hierdie waarhede aan julle openbaar, soos wat Ek julle beloof het!"

"Ek sal hierdie waarhede aan julle openbaar deur My Heilige Gees, sodat Ek julle kan verlos, soos wat Ek julle belowe het deur die vele profete wat deur die eeue aan julle gestuur is; selfs nou in hierdie tyd het Ek My profete en boodskappers aan julle gestuur, sodat Ek julle kan verlos soos wat Ek julle belowe het as julle maar na hierdie waarhede sal soek en My wil sal doen!"

"Ja Ek het die sommiges gesien wat My wil in hierdie dinge gedoen het en ja, Ek het die vele gebede gehoor van die paar in hierdie Huis van Israel wat daarna soek om My wil te doen in hierdie dinge, alhoewel hulle min is."

"Ek sê nou vir julle, hierdie Huis van Israel, Ek sê nou vir julle, dat as gevolg van hierdie paar, Ek julle nog sewe dae sal gee om My wil te doen soos wat Ek julle beveel het deur die woorde wat My Heilige Gees beveel het tot en in die hart van hierdie dienskneg om aan julle te skrywe; en Ek beveel nou hierdie dienskneg om hierdie boodskap te herhaal vir julle, Huis van Israel in My Suid-Afrika, luister hierna, na My woorde, luister na hierdie woorde en doen My wil!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205