BOODSKAPPE VAN VADER AAN LUKAAS VAN HOUT
LUKAAS VAN HOUT

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap 3 aan Lukaas op 27.08.2013 aan Amerika.

Boodskap aan Amerika

Skryf Lukas, aan die land van jou geboorte en aan die afstammelinge van Manasse. Ek IS wat EK IS is klaar met julle en nou sal julle oordeel kom soos wat verklaar is deur My woord in Openbaring 18.

Die nageslag van Abraham, die kinders van Manasse wat Ek so ryklik geseën het met alle dinge, het teen My gerebelleer en het die weë van Bíleam verkies. Hulle land het 'n woonplek van duiwels en bose geeste geword, en sal die stem van die groot afvalligheid van die wêreld word, voor hierdie finale oordeel kom. Afvalligheid wat so slinks sal wees dat die wêreld 'n laaste keer sal luister na die stem van hierdie nasie in alle valsheid, leuens en be­drog in haar voorgee van geestelike wedergeboorte wat sy aan die nasies van die aarde sal voorhou deur baie tekens, wonderwerke en wonders, wat alles sal ontstaan uit die dieptes van die donkerste plekke van die hart van Satan in sy poging om alles te vervals wat Ek gedoen het en sal doen aan die koms van My Seun gedurende hierdie laaste dae. Aan hulle wat My stem hoor, wie se harte voorberei is deur My Heilige Gees, soek na die paaie wat Ek vir julle gekies het om te vlug uit hierdie moderne Babilon. Hierdie paaie van ontvlugting word vir baie regdeur julle land getoon en nog vele meer sal ontwaak tot hierdie kennis en waarheid. Sê aan hierdie mense in My Naam, vlug, wanneer dit aan julle getoon word om dit te doen voordat hierdie paaie sluit. Sodra hierdie paaie gesluit word, sal My finale oordeel begin val op die afstammelinge van Manasse en hul nasie. Dit is nie My wil dat My volk vasgevang word in hierdie oordele teen hierdie nasie wat My so berou nie.

Ek het geen meer woorde in hierdie dag vir jou nie, Lukaas, so groot is My ontsteltenis teenoor hierdie nasie wie My verraai het en selfs meer sal verraai in hulle wellus en gierigheid.

Abba Vader, in U Seun se Heilige Naam, Yeshuah, maak hulle oë oop en help hulle om te ontsnap!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205