BOODSKAPPE VAN VADER AAN LUKAAS VAN HOUT
LUKAAS VAN HOUT

Hoofstuk 56

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 56 aan Lukaas Van Hout op 16 Oktober 2013

Ontvang My Goddelike Liefde

Praat met hulle, hierdie kinders van My, My huis van Israel in Suid-Afrika. Dit is My GODDELIKE Liefde wat julle sal ontvang, GODDELIKE Liefde waardeur geen boosheid kan bly staan nie, want sy kom uit die mees innerlike van My Ewige Wese en is al wat Ek, EK IS wat EK IS, was en sal wees buiten die ewigheid van die ewigheid, so groot en sterk is My GODDELIKE Liefde en die teenwoordigheid van My GODDELIKE Liefde. My GODDE­LIKE Liefde is soos die warmste vuur en verteer alle sonde in haar teenwoordigheid en so kragtig is sy om te verteer, dat selfs geen ding van die sonde sal oorbly nie, so verterend is My GOD­DELIKE Liefde. Sy is 'n Liefde wat slegs in die kleinste brokkies gedeel kan word vir julle, My kinders, anders sal sy julle onbe­doeld vernietig waar julle staan, so groot is hierdie GODDELIKE Liefde. Nietemin, deur die krag van My almagtige wese, wat was van voordat daar 'n begin was tot by die ewigheid van die ewigheid, is My krag om julle harte te vervul met My Liefde deur My Heilige Gees, so kragtig is My eenvoudige wese van wat EK IS wat EK IS. Hierdie gawe wat Ek, EK IS wat EK IS bereid is om aan julle te gee, is slegs vir hulle wie dit mag kry. Ek het julle opdrag gegee om mekaar lief te hê en vir sommige en baie is die beoefening van hierdie liefde wat Ek aan julle beveel het, genoeg. My GODDELIKE Liefde is voorberei vir hulle wie Ek gekies het voordat julle wêreld vir My doeleindes geskape is, wat Ek sal openbaar aan die­gene wat My GODDELIKE Liefde ontvang in daardie tye wat Ek, EK IS wat EK IS hierdie doeleindes sal onthul. Wanneer julle My GODDELIKE Liefde soek deur My Heilige Gees, soos wat Ek julle getoon het om te doen, berei voor om hierdie GODDELIKE Liefde te ontvang, want sy is 'n Liefde verskillend van menslike liefde en sy is so verskillend van menslike liefde, soos wat 'n mier verskil van 'n sterrestelsel, so groot is hierdie GODDELIKE Liefde. Gee julleself baie tyd om hierdie Liefde te ontvang, laat veel tyd toe vir haar om woning te maak in julle hart, gees en siel, want julle sal baie tyd benodig om haar wortel te laat skiet. EK IS wat EK IS en wanneer julle hierdie GODDELIKE Liefde ontvang, berei ook voor vir diepgaande kennis en wysheid en betwyfel nie hierdie kennis en wysheid soos wat Ek, EK IS wat EK IS aan julle sal gee nie, want dit is Myne wat Ek gekies het om aan julle te gee by die ontvangs van My GODDELIKE Liefde. Wanneer Ek, Ek IS wat EK IS die hart, siel en verstand van die mens deurweek om My GODDELIKE Liefde te ontvang, is dit 'n direkte skakel na die essensie en kern van My wese, EK IS wat EK IS en gedurende daardie oomblikke wanneer My GODDELIKE Liefde julle sal vervul, sal Ons hart, gedagte en siel een wees vir daardie oomblikke. Hierdie kennis en wysheid is so diepgaande, meer as wat begryp kan word deur die verstand van die mens en baie daarvan sal vinnig vervaag, so baie sal op een slag kom! Tog sal Ek, EK IS wat EK IS dit afdruk op julle verstand, sodat julle dit sal kan onthou gedurende daardie tye van vurige gebed, wanneer julle hierdie kennis en wysheid sal soek in die tye wat moet kom. Diegene wat met 'n valse hart sal soek na dit wat Ek in hierdie nag gespreek het, sal vergaan en opdroog van die kennis en wysheid wat hulle onmiddellik sal oordeel en veroordeel. Sommige sal waansinnig word en hul verstand verloor. EK IS wat EK IS en Ek, EK IS wat EK IS sal hierdie water uit hierdie put gee aan almal wat vra. Doen dit met absolute berou en suiwerheid van hart, gees en siel en in alle nederigheid moet julle hierdie GODDELIKE Liefde soek, maar dit sal ook gegee word aan diegene wat hierdie gawe valslik soek. Dit sal gegee word en op die wyse wat in hierdie woorde geskry­we is, as 'n waarskuwing aan ander, sal dit gegee word. Pasop en wees gewaarsku, enigeen van julle wat hierdie gawe met valsheid soek. EK IS wat EK IS, soek hierdie GODDELIKE Liefde met baie voorafgaande gebed!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205