BOODSKAPPE VAN VADER AAN LUKAAS VAN HOUT
LUKAAS VAN HOUT

Hoofstuk 93

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 93 aan Lukaas van Hout op 29 November 2013

Versamel My kinders in Suid-Afrika

Versamel My kinders, versamel My volk, versamel My huise van Israel en versamel My Dogters van Sion!

Versamel My kinders, versamel My volk, versamel My huise van Israel en versamel My Dogters van Sion!

Versamel My kinders, versamel My volk, versamel My huise van Israel en versamel My Dogters van Sion!

Soos wat julle vertel is deur baie van My diensknegte wat uitverkies is om My woord aan julle te openbaar, die tye is op julle en ander tye moet nog kom. Die storms wat julle besoek het oor My stad van broederlike liefde, hierdie stad, My stad, die ster van julle volke, ja, daardie groot stad wat Ek oorvloedig geseën het en die stad wat Ek gekies het deur My kneg Marthinus Pretorius om te stig en te noem, dit is deur hierdie stad wat Ek, EK IS wat EK IS julle besoek het met baie tekens en waarskuwings vir julle volk en regdeur julle geslagte het Ek, EK IS wat EK IS hierdie stad gebruik vir My planne, My doelwitte en My tekens aan julle. Daardie storms wat julle gesien het, geweldig en gedug, is My tekens aan julle van die dreigende tye wat nog voorlê. Hierdie tyd wat nou voor julle lê is die tyd van die versameling van My kinders, My volk, My huise van Israel, My Dogters van Sion! Ja, dit is die tyd van versameling, beide in gees en in julle verga­derings en gemeentes, binne en buite. Onthou julle My volk wat onder die Egiptenare gewoon het en wat slawe van daardie verskriklike taakmeesters geword het, beide vanuit hulle eie volk en vanuit die Egiptenare? Kan julle nie onthou hoe verskriklik hulle met groot lyding en wee getref is vir baie geslagte nie? Vir baie geslagte het My volk gely onder die wrede hand van die Egiptenare en van onder hul eie broers en susters soos wat julle nou ook so ly! Gedurende die tye van hul lyding, het baie van hulle My uit die oog verloor en baie van hulle het hul kennis van My, EK IS wat EK IS verloor. Alhoewel hulle hulle kennis van My verloor het en baie geweier het om in My te glo, ja in My, EK IS wat EK IS, tog was Ek altyd saam met hulle en tog het Ek, hulle liefdevolle Vader, altyd hul gebede en smekinge tot My aange­hoor. Gedurende die tye van hul verslawing het baie van My volk verstrik en verdwaal geraak in die valse gelowe en valse gode van die Egiptenare en baie van hulle het hierdie gelowe getrou met hul kennis van My, in 'n groot afvalligheid onder mekaar, so vals het hulle geloof geword. My woord was altyd onder hulle deur diegene wat aan My vasgehou het. Dit was nog altyd so, regdeur die geskiedenis van die mens. Alhoewel hulle broers en susters deurtrek was met valse oortuigings, dwaling en afvallig­heid, was daar nog altyd My volk wat besig was met My wil en wat geweet het dat My wil vervul sal word op die tyd wat Ek sou kies vir My planne en My doeleindes. So is dit nou met julle gedurende hierdie tye. My volk is deurtrek met valse oortuigings, dwaling en afvalligheid en baie van hulle het hierdie oortuigings getrou met hulle kennis van My tot 'n dwaalleer, tog onthou baie nog vir My, die Elohim van hul voorvaders, die Elohim van Abraham en Jakob, Hy wat was, Hy wat is en Hy wat sal wees. Ja Ek, EK IS wat EK IS vanwaar My liefde vir My skepping uitvloei, nimmer­eindigend vanaf ewigheid tot ewigheid en van ewigheid tot ewigheid word hierdie liefde verwesenlik in nog groter manifes­tasies van My liefde as wat daar tevore was. My liefde, My Goddelike nimmer­eindigende ewige liefde was nog altyd met die mens, selfs wanneer die mens in hierdie groot dwa­linge, valse oortuigings en afvalligheid verval het. Ja, alhoewel baie verval het in hierdie valse geloofsisteme, onthou hulle My nog deur My liefde, EK IS wat EK IS. Dus versamel nou, versa­mel julle nou, net soos die kinders van Israel toe hulle groot uittog voor hulle gelê het! Want julle uittog gaan binnekort kom! Versamel My kinders, versamel My volk, versamel My huise van Israel en versamel My Dogters van Sion! Versamel My volk binne en buite hierdie vergaderings en gemeentes, versamel almal van hulle in My Naam, EK IS wat EK IS, en vlug na binne, na My woning van liefde en woon in hierdie woning saam met My, EK IS wat EK IS, sodat Ek julle kan voorberei vir die tye wat kom en julle kan verenig in My Naam, EK IS wat EK IS. Julle moet nie dink aan al die ander dinge wat julle verdeel nie, hierdie sisteme van dwaling, valse oortuiging en afvalligheid nie. Versamel vir My en doen soos wat Ek gespreek het as JaHshua, gee al julle laste vir My, ELKEEN VAN HULLE, ja elkeen van hulle, insluitend hierdie groot laste van dwaling, valse oortuiging en afvalligheid! Dink aan hierdie kinders van Israel soos wat hulle uit Egipte uitgelei is, waarin julle nou in hierdie dae woon! Onthou dat hierdie kinders van Israel ook in hierdie dwalinge, valse oortuigings en afvalligheid verval het! Tog het Ek, EK IS wat EK IS geeneen agtergelaat nie! Met 'n sterke hand het Ek, EK IS wat EK IS hulle gelei uit die hand van Farao soos wat Ek, EK IS wat EK IS julle sal lei! Versamel My volk in My Naam, net in My Naam, EK IS wat EK IS, dink nie aan hierdie ander laste nie! Dan, en op My roep, lei hulle almal in die uittog wat moet kom na die plekke wat Ek vir julle sal wys, waarvan sommige geestelik sal wees. Dink aan die kinders van Israel wat Ek verlos het uit die wrede hand van Farao! So sal Ek, EK IS wat EK IS julle verlos! Soos wat Ek gedoen het aan die kinders van Israel in die woestyne van Sinai, so sal Ek, EK IS wat EK IS aan julle doen, almal van julle, My volk, My kinders, My huise van Israel en My Dogters van Sion! Ja, Ek sal aan julle doen soos wat Ek aan hulle gedoen het in die woestyne van Sinai. Ek sal My verbond en My wette herbevestig, elkeen daarvan sal Ek herbevestig met julle, sowaar as wat Ek geleef het voordat daar iets was en na dit wat tot vandag is, Ek, JA EK ALLEEN! EK IS WAT EK IS deur My Heilige Gees en soos wat Ek aan julle belowe het, sal Ek al hierdie valse oortuigings verwyder uit die harte van almal van julle, My volk, My kinders, My huise van Israel en My Dogters van Sion! Ek, EK IS wat EK IS sal ook diegene onder julle verwyder wat My weier, en met 'n magtige hand, soos wat Ek met die kinders van Israel gedoen het, so sal Ek dit ook doen in hierdie moderne woestyn van Sinai en hulle verwyder wat My onder julle weier! ONTHOU, EK SAL DIE HARTE VOORBEREI VAN MY HELE VOLK, AL MY KINDERS, AL MY HUISE VAN ISRAEL EN AL MY DOGTERS VAN SION! Ek sal dit doen en in daardie dae van die uittog, sal EK IS wat EK IS almal van julle, My volk, My kinders, My huise van Israel en My Dogters van Sion verenig! In daardie dae en in daardie tyd sal Ek, EK IS wat EK IS deur My Heilige Gees in julle harte spreek, almal van julle, My volk, My kinders, My huise van Israel en My Dogters van Sion. In daardie dae en in daardie tyd sal almal van julle een huis van Israel en een Dogter van Sion word! In daardie dae en in daardie tyd sal julle die aanvang van My Goddelike liefde begin ken, 'n liefde wat julle slegs begin het om van bewus te word in haar krag en in alles wat binne-in My is, EK IS wat EK IS. Berei julle nou voor vir die tweede bloeitydperk van die Jakaranda, berei julle nou voor, want dit sal slegs gesien word met die geestelike oë van julle hart in haar begrip en teenwoordigheid wat regdeur julle hele volk gesien sal word. Onthou die kleur van My Majesteit, want in hierdie kleur sal julle hierdie tweede bloeitydperk sien. Kleine kinders, Ek het julle so lief! Wees goed vir diegene wat Ek na julle toe stuur, want groot is die laste wat Ek op hulle harte geplaas het en wat slegs aan hulle bekend is. EK IS wat EK IS, buiten My is daar geen ander nie.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205