BOODSKAPPE VAN VADER AAN LUKAAS VAN HOUT
LUKAAS VAN HOUT

Hoofstuk 143

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 143 aan Lukaas van Hout gegee op 22 Januarie 2014

Die groot hongersnode wat kom

"Min woorde gee Ek aan jou in hierdie nag oor die groot droefheid in die stemme van My Huis van Israel oor wat nog moet gebeur in die tye wat moet kom; alreeds klink hul lyding en pyn in My ore."

"Waarsku hulle van die hongersnode wat gaan kom, sodat hulle nog tot bekering kan kom en My, hulle liefdevolle Vader, EK IS wat EK IS, kan vind."

"Waarsku hulle dat hulle in My Huis van Israel, binne en buite My Suid-Afrika, ja, waarsku hulle sodat hulle kan begin om te verstaan dat die sifting en suiwering van My Huis van Israel meer is as net blote woorde om ligtelik te oorweeg of om ligtelik daaroor na te dink."

"Dit sifting en suiwering sal geweldig wees en kom nie van My, julle Vader af nie, maar eerder van die bose een en sy leërskare wat die harte van My kinders verdorwe het en hulle van My af weggedraai het."

"Daardeur word My Heilige Gees onder diegene van My Huis van Israel verslaan om My werk te doen, omdat hulle geen honger of dors het nie."

"Soek na My, Huis van Israel, terwyl Ek nog gevind kan word, soek na My!"

"Dit sifting en suiwering sal geweldig wees en kom nie van My, julle Vader af nie, maar eerder van die bose een en sy leërskare wat die harte van My kinders verdorwe het en het hulle van My af weggedraai het, sodat hulle geen honger meer het nie."

"Soek My, Huis van Israel, terwyl Ek nog gevind kan word."

"Dit sifting en suiwering sal geweldig wees en kom nie van My, julle Vader, af nie, maar eerder van die bose een en sy leërskare wat die harte van My kinders verdorwe het en hulle van My, hulle liefdevolle Vader af weggedraai het, wie treur en wie berou het om hierdie woorde aan My Huis van Israel in hierdie nag te gee."

"Soek na My, Huis van Israel, terwyl Ek nog gevind kan word, soek na My!"

"Waarsku hulle, My Huis van Israel, ja, waarsku hulle ook van die groot troueloosheid en verraad wat My Huis van Israel sal sien vanuit hul eie broers en susters gedurende hierdie hongersnode!"

"Vir 'n blote stukkie kos sal hulle eie broers en susters hulle op elke denkbare wyse verraai en op elke denkbare wyse sal hul eie broers en susters hulle verraai vir 'n skamele stukkie kos, so erg sal hulle honger en dors wees."

"Hierdie hongersnood van voedsel sal die siftings- en suiweringsproses van My Huis van Israel voortsit, maar hulle wat hulle geloof en vertroue in My plaas om hulle te voed, sal Ek, EK IS wat EK IS voed en die hongersnood van voedsel van hulle af weghou."

"Oorweeg hierdie woorde baie deeglik, My Huis van Israel, ja, oorweeg en bedink hierdie woorde baie deeglik, My kinders wie Ek so liefhet, oorweeg en bedink hierdie woorde baie deeglik, want hierdie hongersnode is hongersnode as gevolg van die verlies van voedsel en hongersnode as gevolg van die verlies en afwesigheid van My; Hy, wie slegs begeer om julle lief te hê, ja, EK IS wat EK IS."

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205