BOODSKAPPE VAN VADER AAN LUKAAS VAN HOUT
LUKAAS VAN HOUT

Hoofstuk 63

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 63 aan Lukaas van Hout op 23 Oktober 2013

Dogter van Sion, berei nou voor om My te ontvang

Berg Sion, Dogter van Sion, berei nou voor om My te ontvang, EK IS wat EK IS. Ek het julle reeds gesê om op te pas vir hulle wat in My Naam sal kom as Myself en hulle wat valslik na julle toe sal kom. Berei julle nou voor om My deur hulle te ontvang, want EK IS deur hulle. Hierdie dinge moet so wees, want Ek toets julle met hierdie baie beproewinge om julle voor te berei vir die tye wat gaan kom. Wanneer hierdie werk voltooi is, sal julle wees soos die Drakensberge, so groot sal julle geloof en geestelike onder­skeiding wees. Verwag die eerste van hierdie besoeke binne sewe dae; binne sewe dae sal hierdie besoeke begin. Onthou egter dat, of hulle vir goed of boos is, is dit Ek, EK IS daarin, besig om My wil te doen, deur My wil, in hierdie sake, en dit sal onbekend wees aan sommige van hulle wie Ek vir julle sal stuur. Soos wat julle in staat is om te dra, Berg Sion en Dogter van Sion, sal Ek hierdie besoeke en hul felheid vermeerder, soos wat Ek ook die goeie van hulle sal vermeerder wat Ek vir julle sal stuur, om julle voorspoedig te maak en hulle sal julle voorspoedig maak, maar sommige, nie op die wyse waarop julle gedink het nie. Hulle wat goed aan julle sal doen op daardie maniere wat julle nie gedink het nie, sal julle baie voorspoedig maak in hierdie sake wat julle sal vind in julle ywerige soeke na hierdie sake deur My en My geskrifte en My woorde wat Ek aan julle sal gee op die maniere wat Ek, EK IS wat EK IS gekies het om hierdie antwoorde aan julle te gee. Julle is My liggaam en elke ledemaat het 'n spesifieke funksie en hierdie liggaam moet getoets en geoefen word, sodat dit al sy lede kan leer en een kan word in My wil en een in al daardie dinge wat is en sal wees. Wees julle gereed en wees julle waaksaam, berei voor, berei voor, berei voor deur My woorde en My geskrifte, almal van hulle, berei voor. EK IS wat EK IS en Dogter, onthou die groot liefde wat Ek vir jou het en alles wat jy nou in My Naam doen vir My volk en wat jy gaan doen in die tye wat kom. In daardie dae en in daardie tyd sal julle ten volle verstaan, waarom hulle wie Ek aan julle sal stuur, toegelaat was om dit te doen, so sterk sal julle word in My Naam, EK IS wat EK IS.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205