BOODSKAPPE VAN VADER AAN LUKAAS VAN HOUT
LUKAAS VAN HOUT

Hoofstuk 146

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 146 aan Lukaas van Hout op 24 Januarie 2014

Pasop vir die valse leraars in die valse Huis van Israel

“Hoe lief is hulle nie om deur die mens gesien te word nie, hierdie valse leraars!”

“Hoe geniet hulle nie die guns van die mens nie, hierdie valse leraars!”

“Hoe lief is hulle nie om te roem in hulle eiegeregtigheid nie, hierdie valse leraars!”

“Hoe lief is hulle nie om te roem in hul valse hovaardigheid nie, hierdie valse leraars!”

"O, hoe lief is hulle nie om in hul ydelheid der ydelhede verwaand te roem in hul self geskepte beeld nie, deurdat hulle dink dat hulle so hoog begunstig word deur My en die mens, hierdie valse leraars!"

“Ag, hoe lief is hulle nie om deur die mens gesien te word nie!”

“Ag, hoe lief is hierdie valse leraars van hierdie valse Huis van Israel nie om deur die mens gesien te word nie!”

"Met groot prag en praal en met groot welsprekendheid in hul woorde van lering wandel hierdie valse leraars van hierdie valse Huis van Israel onder julle en beweer dat hulle My verteenwoordig en beweer dat hulle vir My spreek en skryf en in My Naam doen hierdie valse leraars van hierdie valse Huis van Israel al hierdie dinge en dink dat hul hoogs begunstig word deur My en die mens!"

"Julle sal hierdie valse leraars herken deur hul werke, want in hul werke woon geen liefde in hulle bose en verdorwe harte nie, maar slegs oordeel, kritiek en veroordeling kom van hul valse lippe en van hul valse tonge af."

“Hoe roem hierdie valse leraars nie in hul eiegeregtigheid nie, hierdie valse leraars van hierdie lasterlike vals Huis van Israel, wat onder julle wandel en My en alles wat EK IS ontken, terwyl hulle poog om hulself in hierdie aangeleenthede in posisies van geestelike gesag oor My kinders te vestig!”

"Julle sal hierdie valse leraars herken deur hul werke, want in hul werke woon geen liefde in hulle bose en verdorwe harte nie, slegs oordeel, kritiek en veroordeling kom van hul valse lippe en van hul valse tonge af."

“Wie is hierdie valse leraars onder julle wat dit durf waag om te veronderstel en wat dit durf waag om My plek en slegs My plek van geestelike gesag as JaHshua aanmatigend te aanvaar as die wyse waarop die mensdom My en My geestelike waarhede mag soek?"

"Wie is hierdie verwaande en verdorwe sterflike en valse leraars, gebore vanuit die mens, wie is hierdie verwaande en verdorwe sterflike en valse leraars wat dit durf waag om dit te veronderstel en wat dit durf waag om hierdie geestelike gesag te aanvaar wat slegs aan My behoort, EK IS wat EK IS?"

“Wie is hierdie verwaande en verdorwe sterflike en valse leraars, gebore uit die mens, wat dit durf waag om te veronderstel en wat dit durf waag om hierdie geestelike gesag oor My Huis van Israel te aanvaar, wat net Ek besit?”

"Selfs nou wandel hierdie verwaande en verdorwe valse leraars onder julle, listig, slinks en bedrieglik en versprei hulle hul verdoemlike leuens en versprei hulle hul verdoemlike dwalings teen My en teen die diensknegte wat Ek met My woord na julle gestuur het en teen My woord wandel hierdie valse leraars onder julle en versprei hulle hul verdoemlike leuens en versprei hulle hul verdoemlike dwalings teen My en teen die diensknegte wat Ek liefdevol en met die grootste sorg en liefde gevind en na julle gestuur het!”

"Julle sal hierdie valse leraars deur hul werke herken, want in hul werke woon geen liefde in hulle bose en verdorwe harte nie, slegs oordeel, kritiek en veroordeling kom van hul valse lippe en van hul leuenagtige tonge af."

“Het Ek julle nie alreeds vertel nie, kleine kinders, of het julle al vergeet dat Ek julle vertel het deur My geskrewe, lewende en gesproke woord dat wanneer jy My met jou hele hart en siel sal soek, jy My sal vind nie?” "Het Ek julle nie alreeds al hierdie dinge vertel nie, sodat julle nie mislei word nie?”

“Waarom soek julle My en My geestelike waarhede dan deur hierdie verdorwe en valse leraars van hierdie valse Huis van Israel, hierdie verdorwe en vals leraars wat slegs hul ydele eer soek in hulle bose verbeelding van hul aanvaarding van My geestelike gesag as JaHshua?”

"Julle moet My soek, My Huis van Israel, julle moet My soek met julle hele hart en siel moet julle My soek en slegs vir My, julle liefdevolle Vader, EK IS wat EK IS!"

"Ek is die meester van hierdie wingerd en EK IS Hy waaruit alle kennis vloei, julle moet My dus so soek en slegs vir My!"

“Neem kennis en verstaan deeglik deur My Heilige Gees, neem kennis en verstaan deeglik en oorweeg deeglik dat met allerhande verleiding van ongeregtigheid gaan hierdie valse leraars en hierdie valse Huis van Israel voort om My kinders te mislei deur vergeefs te verkondig en vergeefs te verklaar dat die woorde van die eerste en die nuwe verbond die enigste woorde van My, EK IS wat EK IS is!"

“Wie is hierdie sterflike en verdorwe leraars onder julle, My Huis van Israel, wat dit durf waag om julle te leer dat My woorde aan My Huis van Israel geëindig het met die verbonde?”

"Verklaar die hemele en die aarde nie My woorde aan julle vir ewig en altyd nie?"

“Hoor julle My nog nie, of is julle nog so blind dat julle My nie kan sien of hoor wanneer My woorde tot julle harte spreek deur My Heilige Gees, elke enkele oomblik van elke enkele uur van elke enkele dag nie, en deur elke moontlike en denkbare wyse spreek Ek My woorde tot julle harte deur My Heilige Gees!”

“Julle moet My soek deur My Heilige Gees, kleine kinders, soek My met julle hele hart en siel, en julle sal My vind soos wat Ek belowe het dat julle My sal vind en soos wat Ek met julle gespreek het en soos wat Ek hierdie eenvoudige waarheid oor en oor aan julle verklaar het, dat julle My sal vind as julle My en My koninkryk maar net wil soek met julle hele hart en siel!”

“Julle moet dit nou staak, My Huis van Israel, staak dit nou om My te soek deur hierdie valse leraars wat dit durf waag om te veronderstel en dit durf waag om My geestelike gesag as JaHshua te aanvaar en wat ook durf waag om My karakter as JaHshua te aanvaar!”

“Ja, julle moet dit nou staak, My Huis van Israel, staak dit nou om My deur hierdie valse leraars te soek!”

“Neem kennis en verstaan, My Huis van Israel, neem kennis en verstaan dat hierdie valse leraars met die gees van die Antichris beset is deur die onderrig en doen van hierdie dwalings!” “Daardeur dien hierdie valse leraars van hierdie valse Huis van Israel hul meester, die duiwel, deur so baie mense te mislei om te dink dat Ek nie met My kinders spreek nie!”

"Hierdie valse leraars van hierdie valse Huis van Israel sal hulle belonings by My kry op My dag van oordeel; ja, hulle sal hulle loon van My kry vir die onderrig van hierdie groot afvalligheid en bose dwalings."

“Onthou, kleine kinders, onthou, Ek is altyd met julle en sal altyd met julle spreek deur My diensknegte wat Ek met die grootste liefde en sorg vir julle vind, Ek sal altyd met julle spreek!”

"Julle sal altyd hulle wie Ek stuur herken deur hul liefde waarmee My Heilige Gees hul harte met My liefde vervul, ja, julle sal hulle herken deur hierdie liefde wat Ek op en in hul harte sal plaas deur My Heilige Gees"

“Wend julle ore en wend julle harte, verstand, gees en siel, wend julle af van al hierdie valse leraars en wend julle af van enige van hulle wat hierdie fabels leer dat Ek, EK IS wat EK IS, Skepper van alle dinge, nie met My kinders spreek nie!" "Ja, wend julle af van almal wat hierdie fabels leer!"

“Wend julle af, My Huis van Israel; draai weg, My kinders, van al hierdie valse leraars en enigeen van hulle wat hierdie verdoemlike en gruwelike dwalings leer!" “Wend julle af om hulle nooit in enige saak te hoor nie, want hulle is van hulle vader, die duiwel en daar is geen waarheid in hulle bose en verdorwe harte nie."

“Onthou, kleine kinders, onthou, Ek is altyd met julle en sal altyd met julle spreek deur alle moontlike middele wat is, was en sal wees, want EK IS liefde, EK IS wat EK IS, EK IS liefde!"

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205