BOODSKAPPE VAN VADER AAN LUKAAS VAN HOUT
LUKAAS VAN HOUT

Hoofstuk 159

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 159 aan Lukaas van Hout op 20 Februarie 2014

Die tyd van bevestigings

“Skryf My woorde, die woorde, skryf al My woorde op, EK IS wat EK IS, skryf My woorde wat Ek tot en in jou hart beveel om vir My te skryf, skryf sagkens aan My kinders van My Israel en My Dogter van Sion, My liewe Dogter van Sion.”

“Julle moet nou onthou en julle moet altyd onthou, My Huis van Israel en My Dogter van Sion, onthou, EK IS wat EK IS, JAHSHUA en EK IS die woord, lewend, geskrewe en gesproke, EK IS die Woord!

“Skryf teer woorde en spreek sagkens tot My kinders, want hierdie woorde is die woorde van diep geestelike voorspelling, want hierdie woorde is die woorde van die tye van die bevestigings, voordat die tye van die profete vervul sal word, ja hierdie is die tye van DIE BEVESTIGINGS!”

"Kinders van Israel, My kinders, Dogter van Sion, neem kennis en verstaan, julle moet die begrippe soek van hierdie tye van die bevestigings deur My Heilige Gees om julle verstande te open, om julle harte te open, om julle geeste te open en om julle siel te open vir hierdie begrippe, sodat julle mag sien en nie meer verblind sal word deur daardie Farao`s nie, beide van hierdie wêreld en van die onsienlike wêreld."

"Julle moet hierdie ernstige begrippe deur My Heilige Gees soek om julle verstande te open, julle harte te open, julle geeste te open en julle siele te open vir hierdie begrippe en kennis van hierdie tye, die tye van die bevestigings."

"Ja, My kinders van My Israel en My Dogter van Sion, dit moet so wees om alle twyfel uit julle te verwyder in hierdie woorde wat getrou aan julle deurgegee is deur hierdie dienskneg van My, ja, Ek, julle liefdevolle Vader, tog ook julle Skepper, Koning van die Konings en DIE ALFA en DIE OMEGA, daar is geen ander nie, dit moet so wees om alle twyfel uit julle te verwyder in hierdie woorde, My woorde, ja Ek, EK IS wat EK IS, My woorde!"

“Julle moet nou onthou en julle moet altyd onthou, My Huis van Israel en My Dogter van Sion, onthou, EK IS wat EK IS, JAHSHUA en EK IS die woord, lewend, geskrewe en gesproke, EK IS die woord, EK IS die Woord, EK IS DIE WOORD!

"Baie, baie woorde het Ek aan julle gegee deur hierdie dienskneg en vele meer moet nog steeds gegee word, tog moet daar van tyd tot tyd, tye van stilte van My af wees, om julle tyd te gee om te oordink wat reeds aan julle gegee is, sodat julle nie sal vergeet nie, wat julle dikwels doen en sal voortgaan om te doen!”

"Hierdie tye van daardie tye waaroor julle gewaarsku is, is op julle en die tye daarna moet nog kom."

"In hierdie tye, hierdie tyd van die bevestigings, is dit aan julle gegee om te soek en uit te kyk vir hierdie bevestigings van die vele woorde wat Ek aan julle gegee het, sodat julle kan weet en glo, EK IS!"

"Ja, My kinders van My Israel en My Dogter van Sion, dit moet so wees om alle twyfel in hierdie woorde uit julle te verwyder, wat getrou aan julle gegee is deur hierdie dienskneg van My, ja Ek, julle liefdevolle Vader, tog ook julle Skepper, Koning van die Konings en DIE ALFA en DIE OMEGA, daar is geen ander nie, dit moet so wees vir die herstel van julle geloof en vertroue in My en My woorde, EK IS wat EK IS!"

"Dit moet so wees om julle geloof en vertroue in wat nog moet kom, as gevolg van die vele, vele woorde wat nog moet kom, angswekkende woorde van waarskuwings, woorde van profesie, woorde van instruksies, woorde van aanmoediging, woorde van tugtiging en woorde van vermanings, dit moet so wees om julle geloof en vertroue in hierdie woorde, MY WOORDE, te verhoog!"

"Baie bevestigings van hierdie woorde is reeds aan My Huis van Israel en My Dogter van Sion getoon en soos wat Ek reeds vir julle gesê het, baie, baie meer woorde sal nog kom, en dit sal presies kom soos wat Ek deur hierdie woorde gespreek het wat Ek reeds aan julle gegee het, en die woorde wat nog oorbly vir hierdie tye van daardie tye en die tye daarna."

“In die tye na hierdie tye van die bevestigings, sal baie, baie meer woorde deur My Heilige Gees aan hierdie dienskneg gegee word."

“Hierdie woorde sal spreek van mense, tye en gebeure wat nog moet plaasvind, maar hierdie woorde wat sal spreek van mense, tye en gebeure wat nog moet plaasvind, sal woorde wees waaroor geen twyfel kan wees in hul openbaring en in hul vervulling nie.”

“Julle moet nou onthou en julle moet altyd onthou, My Huis van Israel en My Dogter van Sion, onthou, EK IS wat EK IS, JAHSHUA en EK IS die woord, lewend, geskrewe en gesproke, EK IS die Woord en EK IS die ENIGSTE woord!”

"Ja, My kinders van My Israel en My Dogter van Sion, dit moet so wees om alle twyfel uit julle te verwyder in hierdie woorde wat getrou aan julle gegee word deur hierdie dienskneg en die vele, vele meer woorde wat aan julle gegee sal word deur hierdie dienskneg van My, ja van My, julle liefdevolle Vader, tog ook julle Skepper, Koning van die konings en DIE ALFA en DIE OMEGA, daar is geen ander nie!"

"Dit moet so wees alle twyfel uit julle te verwyder!"

"Dit moet so wees om voort te gaan met My bou van My Heilige Volk in julle harte, in julle verstande, in julle geeste en in julle siele, dit MOET SO WEES!"

"Dogter, Ek spreek nou sagkens en liefdevol soos wat enige vader sal spreek, so spreek Ek nou direk tot jou!"

“Het Ek jou nie baie, baie weke gelede gewaarsku dat jy beproef en getoets sal word nie?"

“Het Ek hulle nie van jou verwyder en gaan Ek nie voort om hulle van jou te verwyder wat skade aangerig het en hulle wat dit nog sal doen nie?"

“Het Ek jou nie gewaarsku dat hierdie tye van beproewing daar was om jou onwrikbaar in jou geloof in My te maak nie?”

“Het Ek jou nie ook vertel dat jy nie hierdie toetse sal faal nie, al het dit so gelyk?”

“Tog het hierdie toetse gekom en soos wat Ek jou gewaarsku het, toetse wat jou geloof sou skud tot in sy fondamente en wat byna gelyk het dat dit jou sou vernietig, tog het jy oorwin!”

"Jy, My geliefde Dogter, het die oorhand gekry omdat jy die bose een herken het en omdat jy My beloftes en My waarskuwings onthou het en uitgeroep het na My, en nie net jy nie, maar diegene onder jou wat Ek aan jou gegee het, almal van julle het uitgeroep na My en het My die stewige fondament van die rots gemaak, Ek, EK IS wat EK IS, JaHshua!"

"Ek was met jou, Dogter, met elke tree van die weg soos wat Ek gesê het dat Ek jou sal dophou, aanmoedig en versterk, jy, Dogter, My fondament in My, EK IS wat EK IS, JaHshua."

"Dogter, Ek spreek nou streng maar liefdevol met jou, julle moet nie nou of ooit leef in julle mislukkings, julle bedenkinge, julle swakhede of julle vrae oor eie-skuld nie, leef nie nou of ooit in hierdie dinge nie, want hierdie is die gereedskap wat die bose een in julle harte influister, in julle verstande, julle geeste en julle siele!"

"Hierdie, al hierdie gereedskap en nog meer is die gereedskap wat die bose een gebruik om te poog om julle vernietiging te bewerk sodra hy julle verswak het; ontvang eerder alles wat na julle toe kom met blydskap, onwetend dat Ek, julle liefdevolle Vader, toelaat dat hierdie toetse en proewe voortgaan om julle geloof in My te verhoog, om voort te gaan met hierdie fondament van My, EK IS wat EK IS, JaHshua binne-in julle en dat Ek, Hy wie sterre in die hemel plaas om lig aan die wêrelde te gee, ja EK wat al hierdie dinge en nog meer doen, julle nooit sal laat val nie, nee NOOIT NIE!"

"Die tye waarvan julle alreeds ingelig is, daardie tye van gebede wanneer julle in My Naam sal saamkom, daardie tye van diep geestelike gebede, wanneer julle saam met My sal wandel tussen die ryke van hierdie aarde en die ryke van My hemele in hierdie gebede, kom nou nader."

“Jy was getrou aan My, My Dogter, jy het My liefgehad en jy het My kinders liefgehad en soos wat Ek jou baie, baie weke gelede vertel het om seëninge te verwag op maniere wat jy nie verwag het nie en dit toe so gebeur het, so sal dit nou weer wees en selfs groter as voorheen, sodat jy kan voortgaan om te weet en te glo dat hierdie woorde, al hierdie woorde wat beveel is tot, in en buite hierdie hart IS MYNE, ALLES DAARVAN IS MYNE, Ek, EK IS wat EK IS, al hierdie woorde is Myne en My woord LEEF!”

"Onthou, Ek het julle gesê, EK IS JALOERS OOR JULLE, ja My kleine kinders, EK IS jaloers oor julle!

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205