BOODSKAPPE VAN VADER AAN LUKAAS VAN HOUT
LUKAAS VAN HOUT

Hoofstuk 23

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 23 aan Lukaas Van Hout op 26 September 2013

Die Grootsheid van ons Skepper

Skryf aan hulle Lukaas, sodat hulle kan begin om EK IS te verstaan, die groot ontwerp van My skepping en die versorging van alle dinge wat deur My geskep is, EK IS wat EK IS, sodat die mensdom My kan leer ken deur middel van hierdie skepping en met My kan jubel in die eenvoudige vreugde om te lewe te midde van al hierdie dinge wat Ek slegs geskep vir die plesier en genot van My lewendes! Vertel hulle van die groot kreatiewe krag van EK IS wat EK IS, van al die horisonne van My koninkryk wat uitreik tot verby die ewigheid, tot by die kleinste partikel wat met My, EK IS begin! Vanaf hierdie koninkryk tot by die uitgestrekt­heid van die ewige heelal van hemelliggame wat geskep is, met die grootste sorg en liefde, IS EK! Vanaf hierdie heelal tot by die talle sterrestelsels van elke soort en nog vele op vele, nog onbe­kend in hul ontwerp, sterrestelsels wat vir My en die lewendes sing, IS EK! Vanaf hierdie sterrestelsel tot by hul sonnestelsels, noukeurig ontwerp vir hul skoonheid en alles wat hulle bevat in hulle planete, sonne en wentelende voorwerpe wat julle nog net begin om te verstaan in al hul kompleksiteit en verhoudings tot die skepping; EK IS het dit geskep met die grootste liefde vir julle vreugde! Vanaf hierdie planete van oorvloedige lewe, volgens elke moontlike vorm, bekend en onbekend aan die mensdom en soveel meer wat nog moet kom, IS EK! Vanaf hierdie vorms van lewe tot by hul komplekse organe en lewenstelsels, sommige bekend en vele, vele wat nog bekendgestel moet word, IS EK! Uit hierdie lewenstelsels van lewende organismes tot by hul sellulêre vlak, is dit nog steeds EK IS! Vanuit hierdie selle, onsigbaar vir die menslike oog en alles wat hulle bevat vir lewe, EK IS, EK IS, EK IS, EK IS en het dit alles geskep vir julle kennis en begrip van My en My skeppende krag wat Ek, ja EK IS wat EK IS met julle sal deel in die lewe wat kom! Ek wil, EK IS wat EK IS sal die geheime van die lewe deel met die verlostes van die mensdom! Vanaf die genetiese strukture van hierdie lewendes, geskep vir die voortbestaan van spesies en wie se kompleksiteit nog steeds buite die bereik is van die mensdom, sal dit net nog 'n eenvoudige opdrag van My wees, EK IS! Vanaf hierdie tot by die molekulêre vlak, molekules van lewe wat selfs nog kleiner lewende strukture van lewe in die subatomiese wêreld van My koninkryk in die vlakke van skepping is, is EK IS wat EK IS, selfs nog, EK IS. Vanaf hierdie kleiner strukture, atome, kwarke en selfs nog kleiner, is EK IS wat EK IS wat EK IS. EK IS wat EK IS, is die begin van waar die kleinste deeltjies van alle dinge begin, JA, EK IS wat EK IS, is die begin en ook die einde, soos wat Ek julle vertel het deur My woord, die begin en die einde van alle dinge en begin en eindig weer en weer vir ewig en ewig in dit wat anderkant die ewigheid is, in hierdie groot siklus van lewe. Alle dinge is een en een is alle dinge deur My, EK IS. My koninkryk is waarlik in julle, soos wat Ek julle vertel het, My kinders, EK IS!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205