BOODSKAPPE VAN VADER AAN LUKAAS VAN HOUT
LUKAAS VAN HOUT

Hoofstuk 37

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 37 aan Lukaas van Hout op 2 Oktober 2013

Gee alles oor aan Vader

Skryf Lukaas, skryf. Luister na My, LUISTER NA MY, luister na My deur My Heilige Gees wat met julle harte spreek soos wat julle hierdie woorde lees. LUISTER NA MY, LUISTER NA MY STEM, die stem van die ewighede van die ewighede af, LUISTER NA MY. Sê aan My:

“Vader, Ek bely my arrogansie, Vader, ek bely my nietighede, Vader, ek bely al my verontwaardiging, vir al hierdie bely ek en vra ek om vergifnis. Vader, Ek gee alles wat ek is oor, ek gee my wil aan U wil oor en ek gee oor aan U liefde. Vader, maak my hart oop om U Heilige Gees te ontvang, maak my hart oop om U woorde te hoor deur elkeen wat U stuur en op enige wyse wat U stuur, open my hart dat ek kan sien en nie met die oë van 'n mens nie, maar met die oë van U Heilige Gees wat alles sien en alles weet, tot die diepste geheime van die mens se hart. Maak hierdie oë oop en maak hierdie ore oop van U Heilige Gees binne my, sodat ek U en U wil kan dien in alles wat U my vra om te doen, vir U wil vir U volk."

Sê vir hulle Lukaas, dat indien hulle net alles sal oorgee aan My, Ek, EK IS wat EK IS, Ek, ja, sal die EK IS doen soos wat Ek belowe het voordat tyd begin het. Ek sal hul harte open en met groot trane van blydskap sal hulle My Heilige Gees ontvang en op daardie oomblik wat hulle hul waarlik aan My sal oorgee, sal EK IS, Ek sal hul harte open en dit vul met My teenwoordigheid. Hulle sal weet EK IS. My kinders, ontvang My op hierdie dag, sodat Ek deur julle die baie werk vir My volk kan doen op die wyse wat Ek aan elkeen van julle sal wys vir die doel wat Ek julle sal wys om te doen.

Onthou dat Ek julle vertel het deur My woord, dat in hierdie, die eindtye, Ek My Heilige Gees sal uitstort oor die mensdom. Ek het begin om hierdie werk te doen en My Heilige Gees word uitgestort op die mensdom en meer so as ooit tevore, in My laaste desperate pleidooi aan My kinders, My volk, om hulle te red van hul verkeerde weë, voordat die tyd van oordeel moet kom! In daardie dae en in daardie tyd, het Ek julle ook gewaarsku dat, nadat Ek My volk verseël het, My Heilige Gees onttrek sal word uit die mensdom en die poort tot redding vir ewig sal sluit. Nou, nou is dit die tyd om My op te soek, nou is dit die tyd om alles aan My oor te gee, sodat My woord vervul en vervolmaak kan word in die verlostes van die mensdom, om in staat wees om te staan in hierdie allerboosste tye, teen al die magte van die duisternis wat probeer om julle op elke moontlike manier dood te maak, fisies en geestelik en deur ander, beide van hierdie wêreld en van die koninkryk van die duisternis, wat poog om julle te vernietig!

Psalm 91

HY wat in die skuilplek van die Hoogste El sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige.

.91.2  Ek sal tot JaHWeH se: My toevlug en My bergvesting, My Elohey op wie Ek vertrou.

91.3        Want dit is Hy wat U sal red uit die net van die voelvanger, van die verderflike pes.

91.4        Hy sal U dek met Sy Vlerke, en onder Sy Vleuels sal U skuil; Sy Waarheid is U Skild en Pantser.

91.5        U hoef nie te vrees vir die skrik van die nag, vir die pyl wat bedags vlieg nie,

91.6        vir die pes wat in die donker wandel, vir die siekte wat op die middag verwoes nie!

91.7        Al val daar duisend aan U sy en tienduisend aan U regterhand - na U sal dit nie aankom nie.

91.8        Net met u oe sal U dit aanskou en die vergelding van die besoedelde sien.

91.9        Want U, JaHWeH, is My toevlug. Die Hoogste El het U U beskutting gemaak.

91.10     Geen besoedeling sal U tref en geen plaag naby U Tent kom nie;

91.11     want Hy sal Sy Boodskappers aangaande U bevel gee om U te bewaar op al U wee.

91.12     Hulle sal U op die handpalms dra, sodat U U voet teen geen klip stamp nie.

91.13     Op die leeu en die adder sal U trap, die jong leeu en die Draak vertrap.

91.14     Omdat Hy My liefhet, daarom sal Ek Hom red; Ek sal Hom beskerm, omdat Hy My Naam ken.

.91.15    Hy sal My aanroep, en Ek sal Hom verhoor; in die nood sal Ek by Hom wees; Ek sal Hom uitred en Eer aan Hom gee.

91.16     Met lengte van dae sal Ek Hom versadig, en Ek sal Hom My Verlossing laat sien.

Vandag, My kinders, vandag, hierdie oomblik, ontvang My Heilige Gees en laat My, EK IS, woon in julle hart!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205