BOODSKAPPE VAN VADER AAN LUKAAS VAN HOUT
LUKAAS VAN HOUT

Hoofstuk 20

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 20 van Lukaas Van Hout op 21 September 2013

Die wat nie luister nie, sal doodskrete hoor

Staan op Lukaas, staan op, Ek het vir jou gesê om op te staan en te skryf, nou staan jy op en skryf, Lukaas, skryf met die nodige haas, die rou, 'n groot rou, My roepstem aan die kinders van die mens. Julle hoor nie My stem deur almal van hulle wie Ek gekies het om te spreek en My woorde neer te skryf nie. Die tyd is min, die basuin het geblaas, die deur na die ark maak toe. As julle nie na hulle wil luister nie, as julle nie die woorde wil lees wat Ek, EK IS wat EK IS deur hulle gespreek het of hulle beveel het om vir julle te skryf om te lees nie, as julle harte nou te verhard geword het om hierdie baie woorde te hoor wat Ek gestuur het in hierdie laaste uur voor die dood van julle beskawing, dan sal julle dit hoor deur julle kinders, maar in 'n groot rou sal julle My woorde hoor, maar nie van waarskuwings nie, julle het dié reeds gehad en geweier om daarna te luister. Die stem wat julle sal hoor is My stem van rou soos wat julle sal vergaan saam met julle beskawing. Ek, EK IS wat EK IS pleit, nee, Ek smeek My kinders om te luister na My baie, baie woorde van waarskuwing deur middel van hulle wat Ek keer op keer weer gestuur het. HOOR MY, O HUIS VAN ISRAEL, HOOR MY! Maak julleself gereed, huis van Israel en open julle harte vir die waarhede wat Ek, EK IS wat EK IS na julle gestuur het hierdie afgelope vele jare, hoor My en wees gehoorsaam, of kry julle gereed deur julle blind harte, vir die rou wat sal kom uit die monde van julle kinders wanneer hulle omkom voor julle oë, want julle het nie die liefde van die waarheid gekies sodat julle gered kon word nie! Sê vir hulle Lukaas, vertel hulle hoe lief Ek hulle het en selfs met die dood van hul kinders sal Ek, EK IS wat EK IS saam met hulle wees, tog was dit nooit My wil dat hulle so moes ly nie. Daar is niks meer nie, Lukaas, My hart is gegrief oor die kinders en Ek ween.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205