Boek 44 - Die siel in die hiernamaals: Deel 1-3
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 71

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72.

 

Saligheid en dank van die verloste siele

B.D.6423.-.12 Desember 1955

Met `n voortvloeiende gevoel van dankbaarheid loof en prys die siele My, wat verlossing gevind het vir hulle ellende, deur liefdevolle voorspraak. Die begrip, dat hulle hulleself nie kon bevry het nie, omdat hulle wil te swak was, maar dat hulle deur die medelydende liefde van die mense op aarde hulle wil kon versterk het. Die wat nou tot My in Jesus Christus geroep het en deur My uit die diepte omhoog gehelp kon geword het. Hulle geluksaligheid wil hulle nou tot uitdrukking bring, en hulle algehele liefde behoort nou aan Hom, Wie hulle gered het - en hulle word nie moeg van die loof en prys nie. En nou wil hulle op gelyke wyse werksaam wees en die onverloste, wat hulleself nog in die duisternis bevind, weer help en hulle tot dieselfde saligheid bring.

Die liefderike medewerking van die mense op aarde, maak dit ook vir hierdie siele eenvoudiger, wanneer hulle deur mense ontvang kan word wat self dringend nodig het om die ongelukkige te ontkom. Hulle moet eers self lig ontvang om daardie lig te kan laat skyn, en hulle kan lig steeds in ontvangs neem as dit van God uitgestraal word in die oneindigheid.

Oral waar daardie lig opgevang word, oral waar hulle houers oopstel waar die liefdeslig van God kan binnestroom, daar is dus lig - en kragsendstasies wat omgewe is deur tallose siele wat na lig verlang. En die graad van rypheid, die graad van liefde en die mate van verlange is beslissend welke hoeveelheid elke siel toegestroom word.

Maar elke siel soek om hierdie hoeveelheid te vergroot, deur voortdurend uit te deel en deur te gee. `n Siel wat eenmaal lig ontvang het, kan nie anders as om haarself teenoor andere siele te uiter nie, want die lig is `n krag wat deur die siel benut word.

Daarom is dit buitengewoon belangrik wanneer `n siel uit die diepte die weg na die lig gevind het, sodra sy eenmaal gewillig was, om haarself deur die lig te laat bestraal. Want nou sal hierdie ligstroom haar onophoudelik toevloei, omdat sy elke weerstand opgegee het, deur die onuitspreeklike geluksalige gevoel wat die straling van lig op haar uitgeoefen het. En `n volkome seker gevolg daarvan is nou, dat sy daardie lig deurgee om ook ander siele gelukkig te maak daarmee. Lig is egter Wysheid, insig in die waarheid. En die lig word vir hulle gebring deur My woord, wat onvermoeid van My af uitgaan as `n straal van liefde, wat alle wesens in die oneindigheid sou kon aangeraak het, maar slegs daar weerklank vind, waar geen weerstand is nie. 

Wesens met die hoogste sielsrypheid kan dit dadelik ontvang, swakkere wesens daarenteen moet dit weer van hulle aanneem, maar steeds beteken My woord lig. En steeds daarom verwek My woord saligheid, maar slegs by die wesens wat na lig verlang - om welke rede elke mens wat My woord op aarde verkondig, omring is deur wesens wat na lig verlang. Tog sal slegs die suiwere woord lig uitstraal in die duisternis, en die suiwere woord word maar net weer ontvang vanaf God Self. Ekself bring dit na die aarde toe om oral ligstasies te skep, waar die siele vir dit hulleself kan neem wat hulle nodig het en wat hulle verbly.

Dit is onbeduidend of hierdie ligsenders in die geestelike ryk of op die aarde gevestig is, want oral straal dieselfde lig - die ewige waarheid uit My uit. Dog word `n ligstasie op aarde dikwels deur die siele in die hiernamaals opgesoek wat hulleself nog nie in die geestelike ryk kan oriënteer nie, wat hulleself nog meer in die nabyheid van die aarde ophou. Maar juis hierdie siele is in die meerderheid, en vir hulle beteken `n ontvangs van My woord dikwels die enigste redding. Vir hulle beteken dit `n ongewone hulp, waarvan hulle meen om dit nie dankbaar genoeg te kan vergeld nie. En daarom is hierdie verloste siele dan buitengewoon aktiewe helpers in die geestelike ryk, wat My sonder ophou loof en prys en `n ware oproer veroorsaak in die duistere gebied - waar hulle nie rus totdat hulle die siele oorgehaal het om hulle daarheen te volg, waar `n ligskynsel ook op hulle sal straal.

Hulle verlossende werk neem eindelose afmetings aan, want My woord het `n geweldige krag, wat u mense op aarde nie kan oorsien nie. Maar tog moet u uself skaar by die BRON wat Ekself vir u ontsluit het, sodat u al met lig deurstraal in die geestelike ryk kan ingaan - wanneer u hierdie aarde moet verlaat; sodat u dan weer sou kan uitdeel en so gestadig u saligheid verhoog.

AMEN


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205