Boek 44 - Die siel in die hiernamaals: Deel 1-3
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 37

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72.

 

Korte of lange lewensduur

B.D.7538.-.4 Maart 1960

Dit is geen lang tyd wat vir u aardse lewe toe gemeet is, in vergelyking met die eindelose lang tyd van u ontwikkeling hiervoor, wat u self na die tyd nie sal kan skat nie. En u aardse lewe kan ook nog verkort word, sodat u al vroegtydig opgeroep word vir die ewigheid. Daarom moet u met alle ywer op u siel bedag wees en haar steeds al die moontlike gee wat haar pas. U moet haar voeding gee, sodat sy geen gebrek hoef te ly nie, al is haar bestaan op hierdie aarde maar kort.

U moet haar steeds ryklik van spys en drank voorsien en nooit op `n baie lang lewe op aarde reken nie, want u ken nóg dag, nóg uur van u liggaamlik einde. U siel kan egter in `n baie kort tyd tot rypheid kom, as u wil goed is en haar help om haarself te voltooi. Geen mens kan sy lewensduur bepaal of is daarvan op die hoogte nie, en juis hierdie onwetendheid moes hom aangespoor het tot ywerige arbeid aan sy siel. Hy moes sy lewe so gelei het, dat hy elke dag rustig as die laaste kon beskou, sonder om vir sy sieleheil te moet vrees.

En in die eindtyd sal verskriklik baie mense hulle lewens beëindig, want daar sal nog `n groot sifting plaasvind en baie mense sal terwille van hulle eie sieleheil voortydig opgeroep word. En wel, omdat hulle op aarde versuim het om aan hulle siel te werk, maar wat tog nie aan die onbarmhartige woede van God se teenstander ten offer sal val nie, wat hulle maar steeds dieper in die afgrond trek as hierdie siele nie nog vroegtydig van hom ontruk word nie.

Juis die mense sonder geestelike strewe, dink nie aan `n vroeë dood nie. Hulle ly hulle lewe onverantwoordelik sonder om egter net genoem te kan word. God erbarm Homself oor hulle en Hy wil hulle help om hulleself verder te ontwikkel in die hiernamaals, waar dit wel veel moeiliker vir hulle sal wees, maar tog nie onmoontlik nie; terwyl die lot van hierdie siele op aarde miskien `n algehele wegsinking in die diepte kan wees, wanneer hulle sonder verantwoordelikheids­besef deur die lewe gaan.

Geleenthede waarby u kan rypword tydens die aardse lewe word genoeg vir u gebied, maar as u dit nie benut nie, maak u ook geen goeie gebruik van die lewe as mens nie, wat u slegs gegee word met die doel om u siel te vervolmaak. En dan is dit ook om te eien of u `n lang of slegs kort tyd op aarde het, as u die barmhartigheid van die beliggaming as mens nie benut en u siel tot haar uiteindelike voltooiing bring nie.

En al bereik u `n hoë leeftyd, die aardse lewe is tog maar kort, gemeet aan die tyd van u voorafgaande ontwikkeling. Desondanks is ook `n korte lewensduur op aarde voldoende om u doel op die aarde te verwesenlik. Dus is u rypheid nie afhanklik van die duur van die lewe op aarde nie, maar slegs van u wil wat die bestaan volgens sy bedoeling benut.

En steeds weer word die ware weg vir u deur die woord van God getoon, om die voltooiing van u siel te bereik. Steeds weer word die Goddelike gebooie van die liefde vir u voor oë gehou, waarvan die nalewe die enigste doel van die menslike bestaan is - want die liefde kan u altyd beoefen. U siel sal voordeel daaruit trek as u `n lewe in liefde lei. Onderhou u egter nie hierdie twee gebooie nie, dan is u lewe nutteloos en u verantwoording des te groter, hoe langer u aardse lewe duur. Dan kan u slegs dankbaar wees as u lewe verkort word en die moontlikheid nog oop bly vir `n verdere ontwikkeling in die ryk hierna - sodat u nie heeltemal verlore gaan aan die einde der tye nie, waar elkeen geoordeel sal word volgens sy werke.

AMEN


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205