Boek 44 - Die siel in die hiernamaals: Deel 1-3
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 30

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72.

 

Dink aan die tyd na die dood

B.D. 6625.-.18 Augustus 1956 

Eenmaal sal u almal die aardse liggaam moet aflê en vir u siel sal `n ander blyplek toegewys word. Geeneen van u sal sy lot ontgaan nie, elkeen is die einde van sy liggaamlike lewe met sekerheid te verwagte. Dit ken u dus, dat u bestaan op aarde begrens is en dat niemand homself kan verweer teen die dood van die liggaam wanneer sy uur gekom het nie.

Maar ondanks hierdie sekerheid, lei u `n lewe op hierdie aarde asof dit nooit sal ophou nie. U maak planne en werk steeds net vir later, sonder om te weet of u dit nog later sal belewe. U hou geen rekening met dit waarvan u seker is nie, u werk en ploeter slegs vir die korte lewe op hierdie aarde wat nie vir ewig duur nie.

U sal egter nie vergaan nie, want u siel bly lewe, ook na u liggaamlike dood, en u siel is u eintlike ek. Dus is daar eintlik geen sterwe vir u nie, slegs `n verandering van u blyplek. En as u baie ernstig hieroor nadink, dan sal u wys handel as u daarvoor sal sorg dat juis die blyplek hierna, u gelukkig sal maak. U sal dan u sorg verskuif na die tyd waarin u nie meer op hierdie aarde vertoef nie, maar in die hiernamaals die lewe verder lei wat dan sodanig is dat dit ooreenkomstig u aardse lewenswandel is.

U almal sou ook yweriger wees wanneer u daarin sou glo, want hoe meer u sorg uitgaan na die behoud van u liggaam, hoe minder glo u dat u voortleef. En daarvan kan aan u geen bewys gegee word nie, omdat u aardse bestaan nie deur vrees bepaal mag word nie, wat egter elke sekerheid van `n voortlewe na die dood in u sou verwyder - by u wat nie uit vrye wil opwaarts streef nie.

Ander het wel die sekerheid in hulleself, hulle glo waarlik daaraan omdat hulle na Bo strewe. `n Strewe gebore uit angs voer nie tot voleinding nie. En daarom kan aan u mense nie bewys word dat daar `n lewe na die dood is nie, maar die geloof daaraan kan elke mens in homself opwek wat ernstig daaroor nadink - en altyd die ware wil doen.

Steeds duideliker word die mense gewys op die vinnige verganklikheid van alles wat hulle veels te hoog waardeer. Daar word mense midde uit die lewe weggeruk, sodat elkeen daaruit kan leer om ook sy lewe as `n geskenk te beskou, wat tog elke dag van hom ontneem kan word. Hy hoef maar net sy gedagtes wat by hom opkom die vrye loop te laat. na aanleiding van die skielike dood van een van sy medemense. Hy hoef slegs die gestorwene in die oneindigheid te volg. Hy hoef homself maar net dikwels besig te hou met hom wat nie vergaan het nie, maar slegs sy blyplek verwissel het - en waarlik, daar sou uit die geestelike ryk hande na hom uitgestrek word wat hom sou wil optrek.

Maar al het die mens nie die sekerheid van `n verdere lewe nie, sou hy tog met die moontlikheid rekening moet hou, en as gevolg van die dood van medemense steeds weer hierdie moontlikheid tot homself laat deurdring en homself afvra - hoe sy lot wel sou lyk, as hy skielik sou sterwe.

Want solank die mens nie kan bewys, wat ook nooit moontlik sal wees nie, dat daar geen lewe na die dood is nie, sou hy steeds voorsorg moet tref. En dit sal hom ook nooit berou nie, as hy op die aarde nie net aan die liggaam dink nie, maar ook aan die siel; wanneer hy vir homself `n bietjie geestelike rykdom versamel het op die aarde, om hom dan in die geestelike ryk opwaarts te help. Dan sal die siel oes wat hy as mens op aarde gesaai het, en geseënd is die siel wat al op aarde voorsorg getref het vir die ewigheid.

AMEN


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205