Boek 44 - Die siel in die hiernamaals: Deel 1-3
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 52

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72.

 

Die uitwerking van dwaalleringe in die hiernamaals

B.D.6462.-.27 Januarie 1956

Daar is baie valse opvattings wat die mensdom binnegedring het, waaraan die wil van die mense egter self skuldig is, anders sou die kragte van die duisternis nie hulle verwoestende werk kon uitoefen nie. Selfs die geringste nadenke sou die mense laat insien het dat die waarheid nie aan hulle voorgelê word nie, dog ontbreek dit hulle daaraan en hulle neem alles sonder nadenke aan. En nou is hierdie dwaallering so vasgewortel in die menslike denke dat dit moeilik is om uit te roei. Die gevaar bestaan egter dat steeds meer dwaalleringe uit hierdie valse opvattings kan ontstaan.

Daar kan geen geestelike vooruitgang behaal word nie, nóg op aarde, nóg in die ryk hierna, solank sulke dwaalleringe nie reggestel en onskadelik gemaak word nie - wat slegs deur die suiwere waarheid kan geskied. Maar dit is moeilik om `n op sigself staande leer reg te stel, want die insig wat daarvoor nodig is, vereis `n duidelike beeld van die Goddelike liefde - en verlossingsplan, wat dan die sinneloosheid van so`n valse leer bewys, sodat elke dwaling nou duidelik is om te deursien, as dit die mens se erns is om die waarheid te ken.

Gaan `n siel nou vervul van dwaling die geestelike ryk in, dan leef hulle daar in die verkeerde gedagtegang verder, en kan nooit meer `n geestelike vooruitgang beken nie. Maar hulle neem die waarheid ook moeilik aan. Nog veel moeiliker is dit om iemand wat meen om alles te weet, tot die waarheid te bring, as `n heeltemal onwetende, wat homself veel eerder laat onderrig en gewilliger is om die waarheid te aanvaar. Die eersgenoemde sal eers tot nadenke kom as hy homself onbevredig voel en gedurig in `n duistere toestand voortgaan - of, as hy geen slegte ingesteldheid het nie, in `n heel swakke skemering, wat hom egter geen welbehae skenk nie. Dan begin hy na te dink oor die valse beloftes waaraan hy homself op aarde mee vasgehou het, en wat vir hom as `n onaantasbare evangelie toegeskyn het.

Om hierdie siele tot nadenke te beweeg en tot aanvaarding van die waarheid, moet hulle hulleself dikwels lang tye in sfere beweeg wat vir hulle nie aangenaam is nie, sodat hulle steeds meer aan hulle valse leerstellings sal dink, dit in ag neem en tog geen verandering in hulle toestand ondervind nie. Dan eers begin hulle te twyfel en dan eers is dit tyd dat hulle, wat die waarheid in hulleself dra, hulle kan nader, om hulle langsaam tot andere gedagtes oor te haal.

Maar daar gaan dikwels baie tyd verlore, voordat `n siel tot insig gekom het. En daarom is dit een van die belangrikste opdragte vir die werkers in die wingerd van die Meester om al op aarde teen dwaling en leuens in te gaan en die mense al op aarde opmerksaam te maak op die nuttelose gang van sake in hulle lewens, selfs as hulle dit nie wil glo nie. Want dan kan hierdie denkbeelde vinniger in hulle gedagtes kom, wanneer hulle heengaan van hierdie aarde, en `n insig wat vinniger deurbreek, is dan moontlik in die ryk hierna.

Steeds weer moet aan die mense voorgehou word dat alles vergeefs is waaraan hulle ywerig gehoor gee, as hulle die gebooie van die liefde tot God en die naaste nie vooropstel nie. Heel duidelik moet hulle gewys word op die valse leer - en daar is verskriklik baie daarvan. Dit moet hulle voorgehou word dat God slegs liefde van die mense verlang om hulle te kan opneem in Sy ryk, en dat al die ander egter sonder waarde is vir die siel, solank die liefde ontbreek.

En al is die mense nou verontwaardig daaroor, die siele sal u tog eenmaal dank wanneer hulle die aardse omhulsel verlaat het. En as hulle hulleself behoeftig en gebrekkig bedeeld voel en geen verklaring daarvan ken nie, dan sal hulle aan u voorlesings dink en deur hulle toestand ook die waarheid insien. En dan sal hulle ook dankbaar wanneer wees wanneer hulle nou die waarheid aangebied word, want slegs dit kan hulle help om opwaarts te gaan, slegs deur die waarheid kan hulle salig word.  AMEN


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205