|
Boek 44 - Die siel in die hiernamaals: Deel 1-3 BERTHA DUDDE
Hoofstuk 16
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72. |
|
|
Rus die dooies?
B.D.2553.-.16 November 1942
Die geloof dat die siele rus na die sterwe is slegs in soverre waar, dat die onryp siele in `n heeltemal werklose toestand verkeer, omdat dit hulle aan krag ontbreek. Dit is egter geen toestand van weldadige rus nie, maar `n toestand van kwelling, van gebonde wees en onmag - en daarom geen toestand om na te verlang nie.
Die siele in die hiernamaals mag eers werksaam wees by `n bepaalde graad van rypheid, waarin hulle gedurig krag gegee word om werksaam te kan wees. - Dan egter gebruik hulle ook die krag sonder beperking.
Waar hulle werk nie aan aardse materie gebonde is nie, moet dit ook anders wees as die werksaamhede op aarde. Dit kan ook nie daarmee vergelyk word nie, want in die geestelike ryk is daar heeltemal ander voorwaardes wat besig wees toelaat of vereis. Dit is `n voortdurende onderrig en oordra van geestelike kennis, dit is `n suiwer geestelik proses wat die gegewe siel geluk en saligheid berei - en die siel wat ontvang se kwellings verminder en haar ook geskik maak om krag te ontvang.Dit is wel `n dien in liefde, maar kan net vir solank met aardse werksaamhede vergelyk word, as die siele hulleself in hulle duistere toestand nog op die aarde waan, waarin hulle vir hulleself, deur hulle begeertes, hulle omgewing self skep in hulle verbeelding. En in ooreenstemming met hierdie idee, meen hulle om hulleself met liefdadigheid besig te hou. Maar hoe helderder dit in hulle word, des te meer verwyder hulle hulleself van die aarde, en dan is hulle aktiwiteit nie meer aan die aardse materie gebind nie, ook nie meer in hulle verbeelding nie. En die arbeid van hierdie siele in die hiernamaals bestaan nou in `n suiwer geestelik oordra van ontvangde kennis in die geestelike ryk. Elke siel wat gewillig is om te gee en wat self ook krag ontvang, het aan haar toevertroude beskermlinge op die aarde of in die hiernamaals, aan wie hulle hulleself onvermoeid met liefdevolle sorg wy. Deur middel van gedagtes moet hulle probeer om hierdie beskermlinge met die waarheid vertroud te maak. Hulle moet die denke beïnvloed en hulle dus ook duidelikheid verskaf, sonder om die wil van die siele daarby te dwing. En dit verys onuitspreeklike geduld en liefde, want dit is twee algehele geïsoleerde wesens wat teenoor mekaar staan en wat heeltemal vry kan dink en handel. En daarom mag die ware denke nie onder dwang oorgedra word nie, as dit nie die ontwikkelde geestelike wil verhinder om ook `n hoë graad van rypheid te verkry nie.
Die geestelike kennis moet so vir die nog onwetende siele aangebied word, dat hulle dit sonder weerstand aanneem, en die verlange opwek na meer. Die ontvangende wese moet dus heeltemal vry die voorkeur hieraan gee, want eers dan werk die oorgedraagde kennis as `n krag en maak haar ook gelukkig.
En hierdie werk om kennis oor te dra kan slegs in liefde gedoen word, want dit is meestal baie, baie moeisaam. Maar die toestand van `n tot niks doen gedoemde siel, is so betreurenswaardig, dat die ligwesens onvermoeid trag om die siele te help, sodat hulle bereid is tot die mees moeilikste arbeid om hierdie siele uit hulle toestand te verlos. Andersyds verhoog dit egter hulle saligheid as hulle werk in liefde suksesvol is, want hierdie werksaamhede brei hulleself onvoorstelbaar uit, omdat elke ontvangende wese sy kennis weer deurgee, in `n nou ontwaakte drang om ook net so, die siele wat in duisternis verkeer, te help en om so verlossend besig te wees.
AMEN
|
|
|
|
|