Boek 44 - Die siel in die hiernamaals: Deel 1-3
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 57

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72.

 

Die nood van die siele in die hiernamaals. Voorspraak – Wilsverandering

B.D. 5318.-.16 Februarie 1952

Die nood van die arme siele in die hiernamaals is oorgroot, want hulle toestand is dikwels ondraaglik, omdat digte duisternis hulle omgeef - en hulle geen uitweg vind nie. Hoe meer `n siel ly, des te meer is dit egter moontlik dat sy tot haarself sal inkeer, oor haar skuld sal nadink en na hulp uitsien. Om welke rede sy dan elke kleinste ligstraaltjie sal volg waarvan sy redding vir haarself verwag. Want eers dan kan sy tot die lig gebring word, as sy probeer om die duisternis te ontvlug. Voorheen sou sy nie in staat gewees het om die onderrig te begryp nie, sy sou dan nog so verward wees dat, as sy onderrig sou word, elke moeite aan haar bestee, vergeefs sou wees.

Die wil van elke siel kan deur die ligwesens gesien word, en volgens hierdie wil lei hulle die arme siele wat daarna verlang, tot die lig. Want hierdie siele is nou in `n toestand waarin hulle hulp gebied kan word, omdat hulle bereid is om hulp aan te neem en ook daarom smeek dat hulle hulp aangebied word.

Dan kan die werk dus begin om hierdie siele te verlos, selfs as hulle uit die diepte kom, want dan het die barmhartigheid en liefde van Jesus ook in die diepte gewerk op enkele siele. En om nou redding aan hierdie siele te bring, is `n uitermate dankbare taak, waartoe u mense onuitspreeklik baie kan bydra deur bewustelike voorspraak en deur middel van gedagte-onderrig van hulle wat na u om hulp kom. Die arme siele in die hiernamaals weet dat die mense op aarde nog in die besit is van lewenskrag, wat hulle heeltemal ontbreek. En daarom omring hulle hierdie mense om krag van hulle af te kry. Hulle weet weliswaar nie in welke vorm die krag tot hulle kom nie, dog smeek hulle die mense daarvoor, wat hulle ontbreek, wat hulle nie het nie - maar wat hulle by die mense kan waarneem.

Hulle groot nood dryf hulle steeds weer na die mense op aarde toe, ofskoon hulle dikwels maar swakke herinneringe het aan die kennis wat hulle op die aarde besit het. Daarom is die onderrig van hierdie siele nie maklik nie, omdat daar rekening gehou moet word met hulle swak denkvermoë, en hulle na die mate van hulle skuld, alle insig by hulle ontbreek oor hul toestand van voltooiing. Maar tog verlang hulle sterk na opheldering, en hulle is geduldige toehoorders as hulle uitleg gegee word.

Daar is `n groot nood in die ryk hierna, wat egter deur u mense versag kan word, as u bereid is om hulle te help, as hierdie siele u medelye opwek en u wil aangespoor word om te help. Want liefderike gedagtes van u ondervind hulle reeds as `n merkbare toevoer van krag. En hulle sal daarom `n mens, wat hulle op so `n manier help, nie meer verlaat nie, dat hy in liefde aan hulle dink en om hulp smeek by Jesus Christus - vir hierdie arme siele.

Die Goddelike Verlosser is altyd bereid om die siele te help om uit die diepte opwaarts te kom, maar aan die wet van die liefde kan nie verbygegaan word nie. En as die siel self nog geen liefde kan opbring nie, neem Hy met die liefdevolle voorspraak genoeë en Hy neem hierdie aan as deur die siele self gedoen. En hulle sal deur Sy liefde en barmhartigheid verlossing vind.

Oneindig baie kan die mense bydra om siele uit die duisternis te red. Hulle smeek u almal daarvoor en sodra hulle u vra, sodra hulle hulleself in u gedagte invoeg, weet u dat hulle gehelp moet word; dat hulle reeds in `n toestand aangeland het waarin hulle hulp wil hê en dat die moeite van die kant van die mense nou nie meer tevergeefs is nie.

Help hulle, red hulle uit hulle nood en dra so by tot verlossing van die siele wat op aarde versuim het om aan hulle vervolmaking te werk; wat daarom in die hiernamaals in groot nood is, waaruit net die liefde van die mense hulle egter kan help.

AMEN


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205